So, wat het ek geleer in hierdie 23ure op die pad.
1. Neck brace. As die pawpaw die fan slaan kom jy agter jy is maar baie squishy.
Die oggend se ry moes ons rustiger gevat het, en ook nie eers probeer saam ry het nie. Ons het heel pad langs mekaar gery, so ek glo mens moet in groepe van twee amper helemal apart funksioneer, die stof is net te erg om naby aan mekaar te ry, plus mens sit druk op mekaar.
Of die support vehicle absoluut nodig is weet ek steeds nie, wat ek wel weet is dit het my moraal sommer baie gelig as ek daai bakkie sien. Ek is redelik fiks so het nie te moeg geword nie, al is ek glad nie ry fiks nie, maar die moegheid het my op ander maniere gevang. Seker duidelik in die foute wat ek gemaak het. Op die ry fiks, my bike moes die laaste tyd op die trickle charger staan, so min het ek gery. Die gereeld op staan, die variasie anti-verveeldheids faktor van grondpad en dan net n vinnige stop so elke 75minute kon verseker dat ek volhou vir 23 ure. Wilrie se hande en voorarms het ook moeg geword en dan ook het hy gesukkel om te fokus en kopseer gehad, ek vermoed dit was te min water.
Geel safety brille is awesome, op n vorige trip dit ons gered in digte mis, die keer met die aand ryery kon ek staan en ry met visor oop en goed sien steeds.
Ek dink nie op die einde was ek ooit regtig moeg dat ek wou ophou ry nie, wat ek dink daarmee gehelp het is ek het bietjei gekroek, ek het die donderdag aand n slaap pil gedrink en seker gemaak ek kry 8 ure se slaap in. Die uur powernap net voor die ry het seker ook gehelp maar dan sukkel mens so om aan die slaap te word jy le vir 3 ure maar slaap net vir 1.
Verder was daar maar klein goedjies. rehidrate en forseer om baie water te drink dink ek my baie gehelp. Verder die paintball canister het baie tyd gespaar met wiele op pomp wat ons gereeld moes doen op n kol. Ek het baie peanut bars geeet, biltong en dan natuurlik die worsbrooidjies en ook jaffels. vinnige goed wat ons saam gery het sodat nie hoef te sukkel met koop nie.
Ek sal volgende keer dalk volle knobbleys oorweeg maar verder weet ek nie van veel ander goed wat ek sou wou verander nie. Groter groep sou ook nice wees maar hoe groter die groep is hoe stadiger is mens.
Verder het ek en Wilrie ook goed langs mekaar gery, in die draaie ry albei stadiger en gaan oor na die linker kant toe anders moet die agterste ou onder klippe deur loop. n paar keer het Wilrie deur geloop maar ek het hom probeer spaar. Ons het ook heeltyd probeer om aan dieselfde kant te ry sodat jy weet waar om die ander man te kry, ook nie perongeluk voor hom in swaai of so iets nie. So het nie een van ons nodig gehad om stof te eet nie en kon ons n hoog gemiddeld handhaaf.
Ons aanvanklikke plan was om eers 3vm weg te spring, dit sou die verkeerde besluit gewees het, die 12h het beter gewerk sodat jy meeste aand ryery doen terwyl jy vars is.
En sal ek dit weer doen...ja. dit was baie lekker, selfs meer pret as wat ek gedog het dit sal wees. Eks van plan om die groter een volgende te doen...2500km in 36ure, maar sal bietjei Namibie paaie daarvoor in span.
Right, dit is my storie. As die ander manne iets wil by se, doen so asb??