1610km in n dag, n laaaang dag (RR klaar, laat opdatering!)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

m0lt3n

Grey Hound
WD Supporter
Joined
Dec 7, 2012
Messages
8,948
Reaction score
1,216
Location
Kathu (NC)
Bike
KTM 990 Adventure
Ek wou al lankal n ystergat doen, maar het vinnig besef n dag so op teer sal my dood maak, dood van binne dit is net te vervelig op teer! Maar anderdag toe word dit genoem dat mens dit op grond kan doen en dadelik het ek belang gestel. Ek het n paar ander mal vriende wat ook belang stel toe so toe is ons in, en maak n datum vas.

Maar vinnig het ek gesien dat n datum vas maak is net die begin van wat nogal n storie en n half is om te beplan. Buiten die logiese goed van my bike weer in tip top shape te kry, alle ATGATT in plek te he en aandag te gee aan musiekvoor ek dieselfde cd oor en oor moet luister was die roete beplanning nogal n uitdaging. Teerpad kilos dra nie by tot die 1610km totaal nie, so as jy sommer net n klompie grondpad bymekaar gooi kom die roete vinnig uit by 1900km agv al die teerpaaie tussenin. Maar goed, met bietjie moeite kon ons dit reg aanmekaar vleg. Toe nou die volgende ding...petrol. Daai klein dorpies het nie altyd petrol nie, of dan net kantoor ure petrol so ons het n ondersteunings voertuig nodig gehad. Maar dit beteken daar word bietjie baie gewaag op een persoon...teen die tyd weet ek nou al dat die lewe almal curveballs gooi en as ons ondersteuning kanseleer is ons geskroef.

Maar blykbaar like die manne met bakkies ook sulke goed, al kry hulle nie erkenning nie, en in spring my broer met sy vriende. Hulle byt toe sommer behoorlik aan die ding. Mensig hulle het tot n koordlose boor en hele toolbox saam gery! Dit terwyl net twee KTM's sou saam ry! Die manne het wragtig groot bele in ons trippie, hou in gedagte hulle kom van Durban af. Hulle het die Donderdag aand reg deur die nag gery en die Sondag na ons trippie weer terug, 4000km vir die naweek! En dit in n Hilux wat mos kan hard ry. Ons is baie dankbaar Jean, Morne en Stean.

Die klompie Durbaniete het toe nou sommer vir ons hempies en stickers ook georganise. baie ougat. Ek sit solank die roete met rofweg die afstande op dat ons in die pad kan val...
 

Attachments

  • IMG-20150909-WA0028.jpg
    IMG-20150909-WA0028.jpg
    185.1 KB · Views: 1,957
  • IMG-20150908-WA0015.jpg
    IMG-20150908-WA0015.jpg
    78.7 KB · Views: 1,900
  • IMG-20150915-WA0025.jpg
    IMG-20150915-WA0025.jpg
    293.1 KB · Views: 1,631
Top