Oo! Jaaaa! Net by the way!!! Jy was nogal reg daar in Middelburg toe jy gesę het dit wil vir jou voorkom of die Buffeltjie gaan deur steek Port Alfred toe😄. Die pad was lekker...die weer was lekker en die geduldige....gewillige gebrom van daai boxer tussen my bene het my laat verlang na ver plękke😆 Net ander kant Queenstown het die sweepers en twisties ręrig begin en my laat dink aan my węreld daar by Graskop👍. Ry toe so lekker toe ek die kark uit my oë uit vee toe stop ek in PA... Sooo 700 km vir die dag👌