En toe tref die noodlot........

Ek en Thomas staan en wag by 'n afdraai en eet solank 'n suiglekker. Ons hoor die gebrom van KTM's in verte, maar dan raak dit stil. Wag nog 'n paar minute, maar niemand daag op nie. Ons draai terug en kom by die res aan waar Graig met die 990 sy voorwiel laat gly het teen afdraende by skerp draai en het en soos 'n sak patats aarde toe gekom het. Die man is duidelik in pyn en kan nie verder ry nie. Hy word agterop Thomas se GS gelaai en ons ry met hom na waar daar koelte is verder op in die pad. ATGATT word uitgetrek en dit lyk soos AC joint wat seergekry het (X-strale in Nelspruit het later gewys die sleutelbeen is gebreek). No laughing matter, maar Dwerg wat op die 990 daar aankom en sukkel om 'n voet op die grond te sit is hilarious....

Thomas is baie koel en kalm en kry dadelik 'n plan van aksie. Ek neem Graig se 990 na naaste bosboustasie vir bewaring. Die HP2 word agtergelaat in die koelte. Thomas pillion vir Graig terug na die Windmill cottages Hazyview, vanwaar Graig hospitaal toe kan gaan per motor na Nelspruit. Ek pillion vir Dwerg op die 690 terug na waar die HP2 staan (moes ook nogal snaaks gewees het, maar geen fotos`

).
Thomas verseker ons dat hulle gaan regkom terug huistoe en moedig ons aan om die roete te voltooi.
Vlaggie op kaart is waar die manne wegdraai na Thulamahashe vir die "reddingspoging"
