Hierna volg 'n middag van rondjaag tussen bikeshop en werkswinkel.......
Ek oortuig Dwerg om na naaste bikeshop te ry om vir hulp te vra. Mier by Two Cousins Bikeshop verwys ons na Havoc Racing net buite Witrivier. Juan maak die pyp reg so goed hy kan terwyl ek en Dwerg ons vergaap aan al sy projekte, insluitend 'n BMW K1600GTL motor wat in 'n chopper gebou word!


Juan roskam vir Dwerg omdat hy nie lube op sy ketting gebruik nie en in die proses sien ons die KTM se sprockets is op hulle laaste. Met so bietjie paaiwerk word Dwerg oorreed om die sprockets te vervang sodat ons Saterdag saam met Thomas Böhm van Sabie Valley rider Academy na Mariepskop kan ry. Ons ry terug na Two Cousins waar daar gou voor 5 uur 'n stel sprockets en ketting op die 690 gesit word.

Gun Gum van Midas om die klein gaatjie toe te smeer op die Akra

Ons sluit weer die dag af met 'n lekker bosbraai......
