Lesotho Dagtrip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

AJBotha

Race Dog
Joined
Jan 21, 2015
Messages
590
Reaction score
6
Location
Pietermaritzburg
Bike
KTM 1190 Adventure
With the new tarred roads in Lesotho, Greg was keen to explore some new roads in Lesotho that would otherwise not be possible for a day trip.

Die trip was gereel deur Greg met sy KTM 1190. Hy het die ding al 'n rukkie en weet dat jy maar 'n paar BMW's moet saamvat met 'n PowerParts sleeptou; so verlaat ons gister oggend 05h30 vanaf Pietermaritzburg. Dit is nou Greg met sy KTM 1190, twee 800GSA's en twee 800GS's.

Ons ry die eerste stuk tot net voor Underburg op die teerpad, met die temperatuur wat so tussen 11 en 18 grade wissel van PMB tot daar. Net voor Underburg is daar 'n kortpad grondpad verby Pevensey wat ons altyd ry. Ek weet nie of dit regtig korter is nie, maar dit is darem lekkerder as teerpad!

We stopped for coffee at Himeville at around 07:00, not being too sure when the borders open. The website apparently says 08h00, but we were convinced it would be earlier than that.

Ons het ons koffie gesluk en begin om by Sani op te ry. Waar die grondpad begin het ons gou vir 'n paar sekondes gestop en al die electronic gizmo's af gesit, die 800 GSA's kan net van Road na Enduro toe swaai, op my gewone model moet ek ABS en traction control heeltemal af sit. Ek was nog net een keer by Sani op, en toe kon ons nie heel bo uitkom nie as gevolg van sneeu vroeër die jaar. Toe het ek nog Pirrelli Scorpion bande op gehad, die nuwe E07 agter en TKC80 voor het die fiets vir my heeltemal transformeer op grondpad.

Op pad boontoe het ek op dieselfde plek gestop vir 'n foto waar ons vroeër die jaar moes omdraai in die sneeu. Net so honderd meter voor die plek het ek en my vrou 'n stukkie grond gekoop vir die eerste keer!




Die laaste paar draaie na bo was moeiliker as wat ek verwag het, die draai is baie skerp so jy moet stadig gaan daarvoor maar nodig bietjie momentum om die steiltes op die kom. Ek kon sien hoekom party mense sê dat die 800 se eerste rat te lank is. Almal het darem bo gekom sonder probleme!

Die teerpad wat van die Border Post tot by die T-aansluiting net voor Mokhotlong krul en draai deur die berge en om die riviere is van die mooistes wat ek al gesien het, scenery en oppervlak gewys. So hier en daar is daar nog plekke waar hulle afronding aan die pad doen soos om barriers op te sit of storm-water vore te konkruit. Ek wens die Chonkies wil 'n paar paaie in RSA ook kom bou! :biggrin:

Ons het na Mokhotlong vir die eerste keer regtig gestop vir 'n koffie en 'n snack. Ons het terug gekyk oor die dorpie en ek het 'n foto probeer neem maar my kamera of my kamera-vernuf is bietjie lig in die broek daarvaar! Ek het al gevind dat 'n GS in die voorgrond enige iets op die agtergrond laat beter lyk! :ricky:



Ons het van Mokhotlong basies noord beweeg op 'n pad waarvoor ek nie regtig 'n naam kon kry nie. Een van die ouens het dit 'n "marble road" genoem. Al wat ek weet is dat dit vrek 'glad' was. Ek het ABS af gehou en probeer om die 'slide' te beheer wanneer die agter wiel 'lock', wat gebeur sodra jy selfs saggies die rem trap. Op die opdraande uit was dit heel lekker, daar was baie min traction en ons het gereeld bietjie stof op geskop met bietjie wheel spin! Hoe sê hulle, Stand Up, Look Up and open up!

Ons het op 'n stadium by 'n berg af gevoeter in 'n vallei in, oor die rivier gegaan, wat my eerste regte 'water crossing' was en toe weer aan die ander kant van die berg uit is op 'n pad wat nie vir 200kg adventure bikes bedoel is nie. Die pad daar bo het dood geloop en ons moes terug draai, ek was banger daarvoor as vir die opgaan! Ek vind dit heel gemaklik en in beheer om te staan terwyl ek op beweeg, maar baie scary om afdraand te beweeg omdat ek sukkel om die agterbriek te 'cover', dit voel vir my of hy vrek laag sit en ek kom hom nie by nie. Ek het kliphard gebid en saam met bietjie duck-walk weer onder gekom in een stuk, en heel verlig dat ek nie my fiets laat val het nie.

Ons het weer die berg op beweeg en daar was een besonderse steil gedeelte met los klippies en 'n skerp draai in die middel van die bult. Ek het koers verloor en was eintlik besig om 'n landing spot te soek toe ek weer dink aan stand up, look up, en OPEN UP. Ek het geklou vir die dood en soos 'n slang daar uit gegaan. Glad nie op die pad nie, maar ek het bo gekom! Indien ek gesit het sou ek 'n hap uit my sitplek gevat het, verseker!

Ons het heelwat tyd 'gemors' met die detour en toe verder op die hoof pad gery. Die pad is in baie goeie toestand, met seker 40 sement driffies, ten minste 10 van hulle was perfek gewees vir 'n bietjie vet gee en spring!



Die pad het eventueel dood geloop in 'n klein settlement wat uit 'n kliniek in 'n paar huisies bestaan, ons het na die rivier gery en daar gestop vir middagete en maar weer dieselfde pad terug gery. Daar was 'n baie klipperige gedeelte op pad na die rivier toe en Gavin het besluit om sy geel 800 tussen die klippe neer te sit terwyl hy oor die rand duik om vir hom 'n plasie in Lesotho te koop.

Hierdie is min of meer hoe ons gery het minus al die detours! Toe ek by my huis instap het die springbokke net af geskop vir hulle sege oor Skotland. https://goo.gl/maps/bt8x6X4WgGv



Edit: I forgot to add; as you might see from some of the pictures it is very very dry there, only Sani has a greenish tint. They sure can do with some rain-prayers!
 
Top