Was Jy Al Ooit In Mamre?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Was jy al ooit in Mamre? 

Dis ‘n klein dorpie ‘n paar kilometer anderkant Atlantis.  Ja-a-a-re terug, toe die area nog Groene Kloof (Groenkloof) genoem is, het goewerneur Willem van der Stel ‘n militêre buitepos hier begin om ‘n stokkie voor die inboorlinge se veestelery te steek.  Nadat die Engelse beheer in die Kaap oorgeneem het, gee die Britte toestemming, en drie plase, aan twee Morawiese dominees om ‘n sendingstasie hier te begin.

Kort na Mamre se ontstaan bot die sendingsdorpie met sy eerste inwonders wie naby die kerkie kom woon.  (voordat die kerk in 1818 voltooi is was daar eers erediense onder Louwskloof se koeltebome gehou)

Toe ek verlede Sondag oggend agter op Geelie spring, het ek en Nismark albei gedink ons gaan Riebeeck Kasteel toe ry vir ontbyt, maar toe  ek in die ry aan Nismark se skouer klop en hom vra of hy al in Mamre was, verander ons planne.

Eers moes Google ons help om daar te kom ;D
 

Attachments

  • Bellville Mamre.JPG
    Bellville Mamre.JPG
    187 KB · Views: 643
Top