Karoo draaitjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,509
Reaction score
112
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
So met die weer wat begin beter raak hier in die Kaap en 'n lang naweek ook nog daarby begin die Jakkals planne maak.

So besluit ons dat ons vir 'n slag met die "Offroad Trailer" wat ons so min gebruik gaan kamp en net lekker rustig wees.  Al die nodige reelings word getref en die wa word vooraf gestock, alles net reg sodat ons Woensdag middag net hoef te hak en ry.

Maar toe gebeur daar iets wat al ons planne in die wiele ry, Nadine raak skielik baie siek met erge griep en nou is ons gebol, lang naweek beteken nou net mooi niks en ek sien al hoe hou ek my besig by die huis met allerhande goedjies.

Donderdag oggend hang ek maar by die huis rond en dink waarmee ek my gaan besig hou, toe uit die bloute slaan die realiteit my, griep is erg aansteeklik dus is dit 'n risoko vir almal naby iemand wat griep het,  Nadine se ouers is ook daar en dit is mos nie nodig dat ons almal die risiko moet loop om griep te kry nie, vir veiligheid sal iemand die pad moet vat,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,, net daar besluit ek ek sal haar ouers die moeite spaar en dan maar die een wees wat pad vat, ek meen met haar ouers daar is sy mos goed versorg, 'n ma kyk mos altyd mooi na haar dogter.

So lig ek almal in oor die risiko verbonde en ook dat ek maar die minste sal wees en die een sal wees wat die pad sal vat, ek sal maar my bike pak en iewers gaan laag lê in die Karoo, almal stem toe in op my verantwoordelike besluit en somer dadelik begin ek om die bike te pak.
 
Top