Ons het in die 2 dae 557km gedoen en die terrein was op plekke nogal uitdagend, tog het alles baie vlot verloop!

Die twee fietse was ysters en dit was ‘n plisier om elke keer die oor te kon draai.

Wat ‘n eer om saam met my Pa die rit te kon doen! Dit was ‘n groot droom wat waar geword het en ek hoop dat ek en my Pa die motorfietse nog baie keer saam sal ry. Wat 'n goeie mens en nog altyd my held!
Dankie ook aan my Ma en Vrou wat rustig by die huis was terwyl die groot kinders speel!

Volgende keer gaan hul saam!
Dankie dat ek my storie met jul almal kon deel, dit is net weer ‘n bewys hoe motorfietse ‘n ondervinding onvergeetlik kan maak!
Dankie en veilig ry almal!!
