‘N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Toffie@2

Pack Dog
Joined
Dec 2, 2014
Messages
357
Reaction score
0
Location
Somerset East
Bike
Honda XR650L
Om die storie beter te verstaan kort daar eers ‘n bietjie agtergrond,so  jammer vir al die leeswerk!!! ;)


Ek het op ‘n plaas grootgeword en als gedoen wat ‘n boerseun se hart begeer. Ons was nooit welaf nie, maar daar was altyd meer as genoeg kos op die tafel en liefde in oorvloed.

Beide my ouers het tersiere kwalifikasies, maar het hul loopbane opgeoffer vir  ‘n lewe op die plaas, die besluit het beteken dat daar nie meer geld was vir plisiertjies soos die Suzuki Katana wat my pa gehad het nie, en geld was nie weer daar om ‘n ysterperd te koop nie; ek en hy het wel elke maand met verlange die SA Bike geblaai en drome gedroom… :ricky:

Aan die einde van my hoërskool loopbaan was dit duidelik dat my belangstelling baie meer by rugby en die meer plisierige dinge van die lewe was en dat ek nie met ‘n beurs gaan kan swot soos my susters nie! >:D :bueller:

Kovsie koshuis lewe, rugby en die VERPLIGTINGE by die klubhuis  :eek:ccasion14: was ook baie lekkerder as my Geologie boeke en so word my studies verleng met nog ‘n jaar.  ::) Dit is immers ‘n loopbaan en nie ‘n renbaan nie!!  :3some:

Groot was my ontnugtering toe ek ‘n vakansie huis toe gaan en besef my selfsugtige maniere het my ouers finansieel erg geknou. Net daar het ek besluit eendag wil ek weer die swaarkry vir hul op een of ‘n ander manier verbeter. Ek het my sokkies opgetrek, my graad en honneurs gedoen en ‘n werk gekry (Genadiglik).

So kom my eerste salaris in en ek besluit ek gaan doen wat enige verstandige werkende jong man moet doen, belê in bates…. en dit is presies wat ek toe doen, ek bele in ‘n pragtige bate; 2007 BMW F650GS met 8000kms op die klok!! :thumleft: :ricky:
 

Attachments

  • Pic 1 Rooi Remoer.jpg
    Pic 1 Rooi Remoer.jpg
    42.9 KB · Views: 643
Top