Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie  (Read 3921 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« on: October 17, 2015, 04:01:13 pm »
My fiets is diť maand 19 maande oud met 11700 km op.  Vir julle wat in die Nuwe Rowwe Suid-Afrika wiskunde op skool gehad het, beteken dit ek ry die skandalige afstand van gemiddeld 615km per maand.  :'(  :'(      Dis bitter hartseer.  Ek moet elke keer as ek die arme skoeter uit die waenhuis trek, weer die handleiding lees om te sien wat doen al die knoppies.  :-[

So vanoggend, toe die son sy kop oor die Sneeuberg steek, besluit ek ek stiek my 2IB vir 'n rit na die uitkykpunt by die Vallei van Verlatenheid.  Dit werk mos so: mens kom mos nie by die besienswaardighede wat op jou voorstoep is, uit nie.  Vandag, besluit ek, verander dit.

Gelukkig is dit 'n BMW en die battery issie pap toe ek die slinger draai.  :peepwall: >:D Lekker! 24ļC 09h00 en ons vat die pad.  

Ag man, julle KTM Ridders van die Grondpad moet maar nie verder lees nie, want dit gaan nie juis julle adrenalienvlakke opstoot nie.  Dis "after all" net 'n ou 800 BMW.  Die vinnigste wat ek gery het was 140km/u (en dit omdat ek warm gekry het), ons het sommer heelpad teerpad soentoe gegooi, kiekies geneem, tee uit ons ou fles saam beskuit gedrink en lemoene geŽet, sommer so vlak langs die pad, lekker met die Switsers gesels, 'n roomys oppie dorp geŽet en nou is ons weer by die huis.  Ons het ook nie omgedonner nie, pap wiele gekry , met die polisie haaks geraak of burnouts gedoen nie.  So diť RR hoort nie innie Roll of Honour fred nie.

Hou julle jaag duiwels maar verby.  :lol8:

Ons ry die Switsers net oppad uit die dorp uit, verby.  Ek sien hulle ZH nommerplaat agter oppie LC Adventure toe ons nader kom, lekker bloue met panniers.  Ons toet en waai en ry verby.  Toe ons pataal en inteken by die Vallei van Verlatenheid se hek, stop hulle langs ons en groet vriendelik (BMW mense is mos so).  Hulle is heel uitgevat in hulle rypakkies en sulke oulike Nolan kletterpette waarvan die kenstuk heel afhaal sodat dit 'n oopgesig kletterpet is.  Oulike idee.  Ek hoop net die volstruise innie park dink nie daai lemmetjie groen kleur is sitrus van Kirkwood nie  ;D  Die oom en tannie lyk nie meer of hulle vir spoed gebou is nie.

Hulle bokse is besaai met die plakkers: Mongolia, Brazil, Alaska, Ysland, Kazakstan, YugoslaviŽ, Tibet, China en Brakpan.  Hulle het omtrent gery die tweetjies.  Hulle het die GSA - hy sÍ dis die derde GSA wat hy al op gery het - Kenia toe gevlieg en vandaar hiernatoe gery.  Hulle gaan weer einde Oktobermaand huistoe.  Gawe mense en ons gesels toe sommer lekker.  

Ek vra hom: "do you know what a braai is?"  Lag hy, "ja, we have already learnt this Afrikaans word."  Nouja, dan kom braai julle more by ons nooi ek hulle.  Sien uit daarna want waaragtig, dis al hoe ek die wÍreld gaan toer is op ander mense se rekening.

Nou ja, daar issie baie te vertel nie so kyk maar die klompie kiekies wat ons geneem het.  Party het my 2IB sommer op haar selfoon geneem.





Ek was laas in omtrent 1976 hier gewees.  Ek dink die geoloŽ probeer ons beindruk met al daai miljoene jare en die Paleozoic, Mesozoic, en Cenozoic eras wat hulle altyd in gawe geselskap rondslinger. Want selwers kan ek sommer sien die vallei is heelwat dieper en erosie het heelwat meer van die rotsformasies blootgelÍ.  AustraliŽ en Madagaskar lÍ ook so 'n ent verder van ons land af as toť.  Daar is ook baaaaaaaaie meer HOP huisies in my vallei as toe ek laas hier was.















Ek dink ek moet 'n nuwe fred begin: Girls on the Rocks.  Die duiwel weet daar is genoeg Girls and [insert item here] freds.  Sal hierdie kiekie daar pos.  En kry ek sowaaragtigwaar die Witkruisarend in die foto.   Hmmmmmm, dalk 'n Birds with Birds fred?






Plaas lÍ nou daaaaaaaaaaaaai kant toe.   Ja dis ekke daai, dis nie 'n kliplikewaan of dassie nie okei  ;D  





Ja, daar onderkant daai heel verste berge.  My ou dorpie vertoon heel fotogenies van hier bo-af.





Ek is darem nie soveel van 'n akkedis soos diť outjie nie




 




Die Switsers Reinhardt en Gaby by hulle Blou Gevaar(te).  So in die gesels besef ek net weer watter gemaksone EuropeŽrs in lewe.  Maklike lewe wat hulle lei.  

Toe ons terugstap van die uitkykpunt is ek en Reinhardt heel agter.  Hy gaan met sy terugkeer sy linker knieg laat vervang, ek moet my regterknieg laat doen.  Bliksem, ek moes dit in my jonger dae rustiger gevat het.  :-\






Nadat my 2IB alles wat lank genoeg stilgestaan het, afgeneem het, was dit tyd vir tee en beskuit.  Maar eers moet ek die kamera opstel.





Dan hol virrie koelte en my beker gryp.......








Dit raak toe warm in daai baadjie, 34ļC warm.  Tyd om roomys oppie dorp te gaan eet.







Maar nee wag, 2IB wil eers nog kiekies neem:














En 'n laaste een dat ek ook rigting kan kry.





Ek deel nie my roomys nie, so daar issie kiekies nie.
« Last Edit: October 17, 2015, 04:13:28 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,325
  • Thanked: 3 times
Re: Ek voel so verlate in die Vallei
« Reply #1 on: October 17, 2015, 04:09:01 pm »
Dorsland - baie dankie vir die deel van jou en jou 2IB se baie lekker daggie uit...  :thumleft:

Pragtige omgewing van julle...
Tread lightly
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek voel so verlate in die Vallei
« Reply #2 on: October 17, 2015, 04:15:21 pm »
Ons moes net uitkom vandag anders moes ek die "training wiele" weer opsit.  Ja ons wÍreld lyk mooi, maar as ek ons dam so van bo af kyk, moet ons reŽn nou kom.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline schalk vd merwe

Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #3 on: October 17, 2015, 07:47:41 pm »
Hi Dorsland mooi RR jammer ons kon nie saam ry nie. Het al die bokke al gelam?
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #4 on: October 17, 2015, 07:50:25 pm »
Ja heng Schalk, ek het eers Woensdag die Bushlander se papwiel kon herstel.  Sou lekker gewees het om so 'n ent saam te gery het.  Volgende keer as jy hier verbykom. 

Laaste ooi vanmiddag gelam, 'n drieling sommer om die ding mooi af te rond. :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline schalk vd merwe

Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #5 on: October 17, 2015, 08:02:56 pm »
Ja heng Schalk, ek het eers Woensdag die Bushlander se papwiel kon herstel.  Sou lekker gewees het om so 'n ent saam te gery het.  Volgende keer as jy hier verbykom. 

Laaste ooi vanmiddag gelam, 'n drieling sommer om die ding mooi af te rond. :thumleft:
Dit is seker naby 200% nou
1/The only way to get experience is to get experience-Schalk                
2/Ride Reports>Long Tours>Africa Tour To The Equator And Back In 40 Days
3/A stranger is just a friend you have not met yet
4/Whatever you vividly imagine, ardently desire, sincerely believe in and enthusiastically act upon must come to past-Paul J Mayer
5/Use the rocks in the your way to build stepping stones-Herman Zapp
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #6 on: October 17, 2015, 08:13:01 pm »
Ek gaan diť week bietjie die syfers uitwerk maar is baie naby daaraan.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline T Rex

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #7 on: October 17, 2015, 08:53:02 pm »
Dankie vir die mooi pic's ... en die lekker storie.

Een van die mooiste plekke in die land , daardie omgewing rondom Graaf Reinet.
 

Offline krister

Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #8 on: October 17, 2015, 09:19:48 pm »
Pragtige wereld!  Dankie vir die RR  :thumleft:
Previous Bikes: Suzuki TS50ER; Suzuki GS1000G; Kawasaki Z1000; Yamaha XT500; BMW F650GS; BMW R1150GS; BMW R1200GS Adventure
 

Offline XRRX

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Rotax (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,921
  • Thanked: 50 times
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #9 on: October 17, 2015, 10:08:50 pm »
Pragtige wereld!  Dankie vir die RR  :thumleft:

+1  :thumleft:
 

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,114
  • Thanked: 6 times
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #10 on: October 18, 2015, 08:37:55 am »
Baie dankie vir die deel oom, ek geniet oom se skryf styl baie, lekker kiekies gekyk, het maar my eie roomys gaan koop... ;D

Sent from my D5103 using Tapatalk
2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #11 on: October 18, 2015, 09:38:42 am »
Hehehe, ja nee jy kan vir my onder 'n wip vang met roomys.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,998
  • Thanked: 437 times
    • dustriders.co.za
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #12 on: October 18, 2015, 10:53:23 am »
Unieke plek daai vallei. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Noneking

Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #13 on: October 18, 2015, 02:20:50 pm »
Baie mooi!
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Klein Torkar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 568
  • Thanked: 4 times
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #14 on: October 18, 2015, 02:26:57 pm »
Lekker, dankie vir die deel, sulke tripies is terappie. Het laas week na werk gou op gery Kaapschehoop toe vir duur melskomel.
 

Offline Rynet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,739
  • Thanked: 42 times
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #15 on: October 18, 2015, 09:06:31 pm »
Dankie Dorsland ek het nou lekker gelees . Hou van jou suiwer Afrikaans.  Pragtige wereld daar by julle , en se vir jou 2IB sy mag maar fotos neem . :thumleft: :thumleft:

En sjoe , die self portret van julle twee het darem mooi uitekom, ek hou van die groot voorgrond en dat jy self nog tyd gehad het om die beker te gryp .  :imaposer:

ďItís impossible,Ē said pride. ďItís risky,Ē said experience. 

ďItís pointless,Ē said reason. ďGive it a try,Ē whispered the heart.
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,653
  • Thanked: 36 times
  • Free as a bird
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #16 on: October 19, 2015, 07:18:03 am »
Pragtige area.
Het nie besef GR lyk so mooi van bo af nie.  :thumleft:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,771
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #17 on: October 19, 2015, 07:35:04 am »
Lekker saamgery met julle twee... al is dit in Cyber Space.  :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,337
  • Thanked: 18 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #18 on: October 19, 2015, 05:01:25 pm »
Mooi view van daar bo..
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline KiLRoy

  • Rossi se Biaggi...
  • Administrator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 14,633
  • Thanked: 335 times
  • We need a strong man. Strong like Stalin
    • Wild Dog Adventure Riders
Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
« Reply #19 on: October 19, 2015, 05:21:05 pm »
Dankie vir die deel Dorsland. Mooi wereld :thumleft: