Nouja, die rit het toe 'n nadraai met die gebraaiery saam met Rainer en Gabi wat kom kuier het. Baie gawe mense en interessant om na die ervaringe en sieninge van dié wêreldreisigers te luister. En hulle hét omtrent gereis. Vir die afgelope 5 jaar nadat hy afgetree het, toer hulle letterlik die hele wêreld vol. Kyk maar die plakkers op hulle panniers.


En tipies Switsers, bring hulle hulle netjies kuierklere saam in die panniers en trek hulle mooi netjies vir die gebraaiery aan. En bring sommer 'n lekker boks Lindt sjokolade saam as kuier geskenk. Baie beskaafd en herinner aan 'n ander era wat skynbaar hier in ons eie land verlore geraak het.
Kyk bietjie dié oulike Nolan kletterpet wat ek vroeër in dié RR genoem het.
Sonder die kenstuk:

.... en met hom:

Wat ook vir my baie oulik is, is dat om die skerm af te haal, druk mens eenvoudig twee knoppies aan weerskante waar hy aan die kletterpet vasheg en dan kom die skerm (visor) los. Baie oulik en eenvoudig. Weet julle of dié model dalk hier by ons beskikbaar is?

Soos met alle dinge, moet daar ook 'n einde kom. Daar gaat hulle alweer na 'n lekker kuier.

