Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
My fiets is dié maand 19 maande oud met 11700 km op. Vir julle wat in die Nuwe Rowwe Suid-Afrika wiskunde op skool gehad het, beteken dit ek ry die skandalige afstand van gemiddeld 615km per maand. :'( :'( Dis bitter hartseer. Ek moet elke keer as ek die arme skoeter uit die waenhuis trek, weer die handleiding lees om te sien wat doen al die knoppies. :-[

So vanoggend, toe die son sy kop oor die Sneeuberg steek, besluit ek ek stiek my 2IB vir 'n rit na die uitkykpunt by die Vallei van Verlatenheid. Dit werk mos so: mens kom mos nie by die besienswaardighede wat op jou voorstoep is, uit nie. Vandag, besluit ek, verander dit.

Gelukkig is dit 'n BMW en die battery issie pap toe ek die slinger draai. :peepwall: >:D Lekker! 24ºC 09h00 en ons vat die pad.

Ag man, julle KTM Ridders van die Grondpad moet maar nie verder lees nie, want dit gaan nie juis julle adrenalienvlakke opstoot nie. Dis "after all" net 'n ou 800 BMW. Die vinnigste wat ek gery het was 140km/u (en dit omdat ek warm gekry het), ons het sommer heelpad teerpad soentoe gegooi, kiekies geneem, tee uit ons ou fles saam beskuit gedrink en lemoene geëet, sommer so vlak langs die pad, lekker met die Switsers gesels, 'n roomys oppie dorp geëet en nou is ons weer by die huis. Ons het ook nie omgedonner nie, pap wiele gekry , met die polisie haaks geraak of burnouts gedoen nie. So dié RR hoort nie innie Roll of Honour fred nie.

Hou julle jaag duiwels maar verby. :lol8:

Ons ry die Switsers net oppad uit die dorp uit, verby. Ek sien hulle ZH nommerplaat agter oppie LC Adventure toe ons nader kom, lekker bloue met panniers. Ons toet en waai en ry verby. Toe ons pataal en inteken by die Vallei van Verlatenheid se hek, stop hulle langs ons en groet vriendelik (BMW mense is mos so). Hulle is heel uitgevat in hulle rypakkies en sulke oulike Nolan kletterpette waarvan die kenstuk heel afhaal sodat dit 'n oopgesig kletterpet is. Oulike idee. Ek hoop net die volstruise innie park dink nie daai lemmetjie groen kleur is sitrus van Kirkwood nie ;D Die oom en tannie lyk nie meer of hulle vir spoed gebou is nie.

Hulle bokse is besaai met die plakkers: Mongolia, Brazil, Alaska, Ysland, Kazakstan, Yugoslavië, Tibet, China en Brakpan. Hulle het omtrent gery die tweetjies. Hulle het die GSA - hy sê dis die derde GSA wat hy al op gery het - Kenia toe gevlieg en vandaar hiernatoe gery. Hulle gaan weer einde Oktobermaand huistoe. Gawe mense en ons gesels toe sommer lekker.

Ek vra hom: "do you know what a braai is?" Lag hy, "ja, we have already learnt this Afrikaans word." Nouja, dan kom braai julle more by ons nooi ek hulle. Sien uit daarna want waaragtig, dis al hoe ek die wêreld gaan toer is op ander mense se rekening.

Nou ja, daar issie baie te vertel nie so kyk maar die klompie kiekies wat ons geneem het. Party het my 2IB sommer op haar selfoon geneem.



P1020905_zpsywo6v0ju.jpg


Ek was laas in omtrent 1976 hier gewees. Ek dink die geoloë probeer ons beindruk met al daai miljoene jare en die Paleozoic, Mesozoic, en Cenozoic eras wat hulle altyd in gawe geselskap rondslinger. Want selwers kan ek sommer sien die vallei is heelwat dieper en erosie het heelwat meer van die rotsformasies blootgelê. Australië en Madagaskar lê ook so 'n ent verder van ons land af as toé. Daar is ook baaaaaaaaie meer HOP huisies in my vallei as toe ek laas hier was.



P1020890_zpsj1oqlu14.jpg




P1020892_zpsg1cqgvbc.jpg




P1020902_zpsnhew58dj.jpg




Ek dink ek moet 'n nuwe fred begin: Girls on the Rocks. Die duiwel weet daar is genoeg Girls and [insert item here] freds. Sal hierdie kiekie daar pos. En kry ek sowaaragtigwaar die Witkruisarend in die foto. Hmmmmmm, dalk 'n Birds with Birds fred?


P1020895_zpsvsgms6pg.jpg




Plaas lê nou daaaaaaaaaaaaai kant toe. Ja dis ekke daai, dis nie 'n kliplikewaan of dassie nie okei ;D


P1020900_zpsyjfdnvyc.jpg



Ja, daar onderkant daai heel verste berge. My ou dorpie vertoon heel fotogenies van hier bo-af.

P1020906_zpsi4uqmtbl.jpg




Ek is darem nie soveel van 'n akkedis soos dié outjie nie

IMG-20151017-WA0007_zpsd3s9hjdu.jpg








Die Switsers Reinhardt en Gaby by hulle Blou Gevaar(te). So in die gesels besef ek net weer watter gemaksone Europeërs in lewe. Maklike lewe wat hulle lei.

Toe ons terugstap van die uitkykpunt is ek en Reinhardt heel agter. Hy gaan met sy terugkeer sy linker knieg laat vervang, ek moet my regterknieg laat doen. Bliksem, ek moes dit in my jonger dae rustiger gevat het. :-\


P1020901_zpsjduawsub.jpg




Nadat my 2IB alles wat lank genoeg stilgestaan het, afgeneem het, was dit tyd vir tee en beskuit. Maar eers moet ek die kamera opstel.

IMG-20151017-WA0002_zpsy0n1vsqi.jpg




Dan hol virrie koelte en my beker gryp.......


P1020911_zpsj8bd2uo4.jpg






Dit raak toe warm in daai baadjie, 34ºC warm. Tyd om roomys oppie dorp te gaan eet.


IMG-20151017-WA0001_zpsnlgdqdvt.jpg





Maar nee wag, 2IB wil eers nog kiekies neem:

IMG-20151017-WA0003_zpsxx6nyfly.jpg



IMG-20151017-WA0006_zpsz6zbiyeh.jpg



P1020913_zpssktgyful.jpg



P1020908_zpsk5r745s9.jpg




En 'n laaste een dat ek ook rigting kan kry.

P1020907_zpswynr6a9s.jpg




Ek deel nie my roomys nie, so daar issie kiekies nie.
 
Top