Kom ons gaan ry gou die Orrie Baragwanath pas......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek wou al lankal die pas gaan ry het, maar was nog nooit gelukkig genoeg om by 'n groep in te val wat gegaan het nie.  En die behoefte was steeds op my "to do list".

So 'n rukkie gelede praat ek en Andre Joubert (nie 'n WD nie) of hy nie lus is om saam my dit te gaan ry nie, en hoe meer ons praat, hoe langer word ons trip.  Dit eindig toe op oor 2 dae en strek van Naboomspruit af tot in Hazyview en weer terug.  Saterdag oggend gery en Sondag 15:00 terug by die huis.

Baie dankbaar en meer as tevrede.....

Roete was min of meer so: Naboom, Roedtan, Dan so 6km buite Roedtan op die Immerpan pad regs op 'n grondpad na Bylsteel en dan noord tot by die R36 waar ons in die berg sou indraai.  Op die eerste grondpad, terwyl ek my bande afblaas, stop 'n dame by ons en deel ons mee die pad loop dood in 'n wildsplaas.  Dan maar teer tot waar ons wil wees, gelukkig, want ons sou die tyd nodig hê.
 

Attachments

  • 3.jpg
    3.jpg
    108.1 KB · Views: 925
  • 1.jpg
    1.jpg
    97.3 KB · Views: 929
  • 7.JPG
    7.JPG
    179 KB · Views: 930
  • 7.JPG
    7.JPG
    179 KB · Views: 926
  • 4.JPG
    4.JPG
    258.5 KB · Views: 930
Top