DIE DAE TOE N YAMAHA SWEEPER VIR DIE BM'S WAS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JACOVV

Race Dog
Joined
Aug 9, 2009
Messages
4,598
Reaction score
57
Location
East London
Bike
BMW R1200GS Adventure
Voordat ek begin, wil ek darem net die volgende se:
1  Die opskrif is met tong in die kies geskryf.....  ;)
2  Almal het kiekies geneem.  :deal:
3  Ek doen die RR in Afrikaans want ek het BAIE Ingels gepraat op die trip  :peepwall:
4  Min woorde en baie kiekies...

Geniet.  :deal:

Toe ek sien dat die National Bash naby genoeg aan Slummies gehou gaan word, en daar nogal ‘n vakansiedag was, toe begin ek al klaar hond se gedagtes kry.  Net een porbleem – verlof.  Ek se toe vir die “Chief in Charge” dat ek nie die Vrydag beskikbaar sal wees nie aangesien ek my kop moet skoon kry en dat dokter Twe Twe ‘n konferensie oor kop skoon kry hou naby !Gariepdam. 

So gese, so gedaan.

Ek travel nie sommer alleen nie – seker stupid van my – maar ek hou ook nie sommer van’n trip waar jy gaan en dadelik terugkom nie. 
Ten eerste moes ek “like minded” mense kry (maw - mense wie se koppe ook skoon moet kom) om saam te gaan en dan moes ek ook ‘n lekker roete uitwerk.

Die roete is toe vanaf Oos Londen na Maclear die eerste aand waar ons sou slaap op ‘n plaas, Fairbairn Guest Farm (Linky - 083 797 2846).  Die tweede aand slaap ons in Lady Grey, ook op ‘n plaas, Lupela Lodge (Alf Ross - 051 603 7034).  Die Saterdagaand sou ons by die Bash wees waarna ons dan die Sondag reguit huis toe sou ry.

My partners in crime is toe die volgende cowboys

Ed, (Areena) op die forum met sy vrou, Karen.

main.php


main.php


Dan was daar Ed se broer, Alon met sy vrou, Mary.  (Sy was later die verpleegster op die trip, maar dis 'n ander dag se storie)

main.php


main.php


Alfred (EC Guy), van Elliot wat ons toe in Encgobo ontmoet het..  Die stil man met min woorde.  Amper soos Wagter.......... :peepwall:

main.php


main.php


Jonathan – van Macleantown / Cathcart.  Die meesterbrein agter Wagonwheel pies in Cathcart…..

main.php


main.php


Mike (FireBoy) – die enigste Yamaha op die trip en ook ons amptelike sweeper – thanks for that Mike.  :thumleft:  :ricky:

main.php


main.php


David – By die tyd is hy al ‘n bekende saam met my op verskeie trips.  Hy is nog meer rustig as ECGuy........

main.php


main.php


En dan die uwe, Jaco aka JMOL  ;)

main.php


main.php


 
Top