Agterpaaie na Stilbaai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse

Ek en Robert (Old School Biker) het nou al planne vir 'n bike trip na Stilbaai al vir seker twee jaar uitgestel.

Daar het net altyd iets voorgeval. As ons albei tyd het, het nie een van ons geld nie, dan verjaar die een en daai een se kleintjie, dan werk OSB overtime, dan is ek weer op 'n gholftoer en so het dit aangegaan. Vir bykans die hele jaar het OSB se XT by 'n professionele bullshitter in stukke gestaan. Toe die donner hom uiteindelik bel om te se "howzit maboy, your baak is ready, hey" toe is hy steeds in stukke en Robert moes hom sommer self aanmekaarsit.

Maar na al die gholftoere, oortyd werk, huiskopery en nog vele meer breek die afgelope naweek aan. Ons het albei 'n green card van die huis af en gesonde bikes.

Na ek toe wraggies wakker gebly het vir vrydagaand se Springbok game het ek met min slaap Saterdagoggend vroeg geroer.

Ek is 05h30 in Durbanville weg, moes vir OSB op Worcester kry. Ek het nie die eerste stuk lekker gery nie, was baie uit ritme uit, dalk net te haastig. Het gou op Du Toitskloofpas gestop om die uitsig te waardeer en weer my aandag op die pad terug te kry.

Vanaf net Worcester het ons Scherpenheuwelpad geneem en later na redelik baie teerpad by McGregor uitgekom. Die wingerde, boorde & berge het ons in goeie stemming vir die dag geplaas. Die langverwagte trip was uiteindelik besig om in te sink en ek het ophou worry oor my vrou en die huis en dit net begin geniet.    
 

Attachments

  • WP_20151031_003.jpg
    WP_20151031_003.jpg
    95.1 KB · Views: 561
  • WP_20151031_004.jpg
    WP_20151031_004.jpg
    93.5 KB · Views: 587
  • WP_20151031_007.jpg
    WP_20151031_007.jpg
    113.2 KB · Views: 578
  • WP_20151031_008.jpg
    WP_20151031_008.jpg
    72.3 KB · Views: 573
  • WP_20151031_001.jpg
    WP_20151031_001.jpg
    81.5 KB · Views: 571
Top