My XRL krap my g@t.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tampan

Race Dog
Joined
Oct 20, 2015
Messages
2,333
Reaction score
1,110
Bike
KTM 1190 Adventure
Vandat ek hom gekoop het, neuk sy clutch. Sodra hy warm gery is, sit hy moeilik oor van 1ste na 2de en partykeer is dit onmoonlik om hom in neutral te kry, terwyl die enjin loop. Ek het die clutch alle kante toe gestel, maar niks verander nie.
Moet ek die clutch dalk maar vervang, of kan daar 'n ander proleem wees? Ek het die XR se olie omtrent 1000km terug getap, filter vervang en Shell Helix olie gebruik. Het gelees sekere olies kan ook veroosaak dat die clutch nie lekker werk nie?

Dan kom ek agter my throttle kabel raak al stywer. Dis lekker op die oop pad, want dan werk dit net soos 'n speed control. Draai sy oor tot waar ek hom wil he en dan kan ek maar my hand afhaal, hy bly net daar. ;D Ek neem aan iets moet gesmeer of skoongemaak word, maar is nie seker of dit bo by die throttle housing self is nie, die kabel of onder by die carb nie?

Sal raad waardeer.
 
Top