
Met so n smart cabby was julle ryk my ou.
Ons het in so n faktup Passat in-gesqueeze.
Moes my nek amper daarna in n stut sit om hom weer reguit te trek soos hy skuins teen die dak moes druk, terwyl my auntie amper n knie-vervanging moes kry.
Maar die padkos was lekker en ons het gereeld gestop.
Lekker dae gewees.
Ek onthou daai dae. Stop langs die pad met gekookte eiers, stukke boerewors, tamatie en uie toebroodjies en 'n lekker koue coke.
Iets wat ek graag aan my kinders wou oordra, maar deesdae kan jy nie meer sommer net stop langs die pad nie dit is te gevaarlik. So ons probeer dit naboots maar ons moet maar gaan picnic by een van die groot garages, nie helemal dieselfde as onder 'n groot bloekomboom in die middel van nerens nie.