Anysberg - onbeplan!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,957
Reaction score
1,065
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Gister het dit hier gereen en die dorp was op horings met die fietsryers wat in hul hordes hier was vir die Double Century.
So daar is nie bike gery nie.

Vanoggend toe ek wakker word is dit n pragtige dag. Nie n wolkie in die lug nie. Vandag sal daar bietjie bike gery moet word.

Ek kondig my planne vir die dag aan (gaan bike ry) en vra vroulief of sy wil saamry. Gou se sy Nee, sy sal liewers die kinders oppas (seker maak hulle leer vir die eksamen) en kies koers terug slaapkamer toe met n dik boek en n koppie koffie.

Ek besluit om Ashton, Stormsvlei om te ry en val in die pad.

By Ashton besluit ek op die ingewing van die oomblik om Montagu, Koo, Laingsburg, Ladismith om te ry. Dan is ek darem nie so vroeg terug by die huis nie. So ek gooi deur Montagu, Koo toe.

Terwyl ek so ry, begin ek alweer scheme. Miskien moet ek die grondpad Ladismith toe ry. EK besluit nee, ek het niks by my nie, nie eers bietjie water nie. Bly maar op die teerpad.

By die Leeuwenboschfontein afdraai het ek myself al oortuig en gaan moerse speed fines kry as ek die N1 ry. So dis n no-brainer.

Ek draai af. Dan gaan ek maar emt die grondpad Barrydale toe ry.

Kort voor lank is ek by die T aansluiting. Terug Montgu toe of Touwsrivier toe.

EK besluit ek gaan Touwsrivier toe en dan Laingsburg toe soos ek oorspronkilik wou.
 
Top