Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash  (Read 5491 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« on: December 02, 2015, 01:22:32 pm »

So die beplanning vir die trip was al ‘n lang ruk aan die gang maar dit wou voorkom as die tyd wat dit gehou was nie lekker saamgespeel het met manne se budgets en ander trips soos die TOYRUN nie.

So ‘n paar dae voor ons die Vrydag die pad moes aandurf na Hoendertjie toe, kry ek die idee om vroeer te ry.  Subie was ook al lus vir ry en toe besluit ons, ons sal sommer die Donderdag al die pad vat en rustig ry.  Dit sou ons ook die geleentheid gee om dan die Vrydag die area te ry en dan wys ek hom sommer die roetes waar ons die Shebeen run ook hou.

Ek is Woensdag toe reeds weg na Sandton se kant toe want ek moes eers by AlanB sy prototype soft panniers ook kry wat ek die naweek dan met die trip sou uit toets.  Die aand was Candy reeds klaar gepak en moes ek net Donderdag oggend opklim en ry.



9h00 weg uit Sandton en moes Subie so 10h00 kry as ek klaar tenk vol gemaak het.  9h50 ry ek by sy ingang verby en op sy pos staan die man.  Gereed om te gaan.  Ons besluit toe om eers na Harties se kant toe te ry van Centurion af en is ons agter om na Pta-Wes se kant toe.  Op pad moes ek eers net stop om die foto te neem.  Die straat is nie na my oorlede broer vernoem nie, maar vir my onthalwe is dit.



Ek wou die ou pad na Harties toe ry met Kerkstraat, maar met die nuwe f@£$kn straatname en als land ek toe op by die Pelindaba tolpad en ek moes maar tolgeld betaal want ek wou nie weer terugdraai nie.  Die stukkie pad is vining en als maar duidelik nie wat ek in gedagte gehad het nie.

In Harties aangekom het ons sommer dadelik die eerste keel nat maak gedoen by Upperdeck.  Subie was so dors hy het nie eers die eerste bier geproe nie.





Van daar skiet ons toe deur na Brits en met die Thabazimbi pad tot by Beestekraal Stasie.  Die dag was warm en ons bly net dors.





Ons eie Bankbestuurder




Van hier is ons tot by die afdraai na Leeupoort by die Assen Polisiestasie.  Hier het on seers wiele afgeblaas en toe die grondpad na die plaas aangevat.  Ek self het nog nooit die kant omgery nie en ek was baie bly dat ek wel het.



Subie op sy fiets

Subie neem sommer een van my ook … lol


By Leeupoort se drankwinkel aangekom was die hitte so 38 grade en dadelik weer tyd om iets te neem.  Op die pad na Leeupoort is ek oor ‘n heuwel met spoed en nie die water anderkant gesien nie.  Ek was papnat van kop tot tone en Candy wys duidelik die gemors



 



Tot op Hoendertjie se grond van hier is net 15km.  Ons het toe vining aangery om rustig te kon raak en tent opslaan voor ons te lui raak.

By Sadaka Safaris se cruising


Ek was nie van plan om hard te slaap nie


Subie amper klaar met sy tentjie opslaan






Duidelik was Candy nog nooit so vuil gewees nie








Die aand het ons sommer braaibroodjies, slaai en Hoender gedoen.  Eerste keer in 5 maande wat ek ‘n braaibroodjie geeet het.  Ek doen mos banting maar die naweek was ek nie lus vir slaai nie… ☺


Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #1 on: December 02, 2015, 01:32:26 pm »
Ja die eisbein was ongelooflik. In my lewe nog nie so n lekker eisbein geeet nie. :thumleft:
Ek het so 6 weke op die banting diet gewees voor die trip. Die donderdag tot Sondag was net
baie carbs gewees bier.brood en sulkes. Ek wonder of dit nie die skielike verandering terug na
carbs wat my so pap tyres laat voel het nie. 19H00 elke aand wou ek net gaan slaap het.  :patch:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #2 on: December 02, 2015, 01:40:49 pm »
Ek gooi maar solank my paar fotos.
Ons kamp plek.
« Last Edit: December 02, 2015, 01:43:16 pm by subie »
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline COLES

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,047
  • Thanked: 2 times
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #3 on: December 02, 2015, 01:46:25 pm »
great photo,s thank u for sharing
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #4 on: December 02, 2015, 01:50:49 pm »
1. Megapix en Duster by La Brie waar die ou sy bier brou. Baie lekker en fantastiese pizza wat hulle daar maak.
2. Michelle. Tertius se beter helfte en ons fantastiese hosts vir die naweek.
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #5 on: December 02, 2015, 01:55:02 pm »
1. Eerste bier stop in hartebeespoort
2. Sasha se vaarwel besoek. Die plek is op pad uit
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #6 on: December 02, 2015, 01:58:56 pm »
Ons het vir Duster uit die bar op Naboom gaan haal en al die pad begelei tot op die plaas  :eek7:
« Last Edit: December 02, 2015, 01:59:59 pm by subie »
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #7 on: December 02, 2015, 02:01:31 pm »

Dag 2

Vir die wat nou so na die fotos kyk en wonder…   Ja ek het met my selfoon en my kamera fotos geneem.  Ek het my kamera in my topbox gehad saam my kompressor.  Netjies en veilig in my kamerasak



Vrydagoggend vroeg is ons al op want Subie kan mos nie laat slaap nie.  Dit was lekker bewolk gewees en die wolke het mooi fotos gemaak.

Die kamparea waar die kuier en kosmaak deel plaasvind


Hoendertjie se kliphuis in die agtergrond.  Baie van die manne wat met die vorige trips daar was, sal onthou die huis was nog nie klaar gewees nie.
Maar die is nou al 11 maande klaar.   As dak op KLAAR beteken…



Kampplek van anderkant gesien. 



Stort met lekker warm water as die donkie gestook is.  Dit was so warm so vroeg in die oggend ons het sommer in koue water klaar gemaak.






So teen 8h00 besluit ons, ons gaan sommer ompad ry na Warmbad en dan van daar na Naboom waar ons sale et by Sasha’s en wag vir Duster.  Hy sou 15h00 kon ry van die werk af. 
Hier is Subie besig om reg te maak vir ons trip


Ons is deur na Rugtesloot waar ons die Shebeen runs hou.  Ek wou vir Subie wys waar die shebeens is en hier het hy sommer ‘n paar coordinate gesave ook vir die toekoms.





Die man sit aandagtig terwyl ek sommer klomp fotos neem




Subie met sy GPS besig


Van die paaie na Lebotloane.  Hier is baie sand en draaie en Subie was nie baie impress met dit nie.  Hy wil net jaag.





In Lebotloane het Subie eers volgemaak.  Van hier is ons na Warmbad of Bela-Bela soos die mense dit nou wil noem



Hierdie boom is by die een shebeen waar ons die laaste trip by gekuier het.  Ek het nog ‘n foto van Jane my KLR ook by die boom.




Subie wag maar geduldig terwyl ek weer fotos neem





In Mookgophong aangekom… ja die ander naam vir Naboomspruit… wou Subie eers droë wors koop.  Ons stop altyd by die slaghuis.  Kan hulle biltong en wors regtig aanbeveel.



By Sasha’s gestop en dadelik keel nat gemaak.  Ons was so ‘n rukkie daar en besef die plek het BAIE agteruit gegaan.  Ons besluit toe om ander kuierplek te soek en Duster reken toe ons moet by Mvuu gaan stop.  Dis naby sy werk en op die pad wat ons plaas te sal ry.



Voor ons Mvuu toe is het ek besluit om vol te maak.  Ek is baie tevrede met my verbruik


By Mvuu




Net na 14h30 is Duster al by ons en kon ons die pad na die plaas aanpak.  Hy het voorgevat en ons het regtig lekker pad gehad om te ry.  Nie erg sand nie en ons spoed was redelik teen gem 90-100km/h

Gou bene rek.  Duster jou S10  maak mooi my maat.








Duster het sommer met my Canon 5Diii ook geneem.  Anders was ek nooit op pix nie… LOL


is die darem nie mooi nie.  Al moet ek dit maar self sê.





So is ons vort na die ruskans.  By die teerpad na Thabazimbi het ek voor gevat en die laaste 28km na die plaas voor gery.  Die laaste 15km is sand.  En soos murphy dit wil he bliksem ek 100m voor die hek neer.  Duster jy moet maar daai pic laai as jy wil.

Hier is die bewys


Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #8 on: December 02, 2015, 02:07:34 pm »
Megapix. Duster en Frank.
Frank het met bottle OBS daar aangeland (wat ons nooit gesien het nie ) en gesool met n paar stokies waarmee hy n stoffie op gedans het later die aand  O0
« Last Edit: December 02, 2015, 02:13:28 pm by subie »
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #9 on: December 02, 2015, 02:18:18 pm »
Bushtrotter en sy seun.
Ek kyk maar altyd na n ander ou se bike dan weet ek sommer iets van die persoon af. Die ou se bike is net tip top en baie netjies  :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #10 on: December 02, 2015, 02:20:06 pm »
By die plaas aangekom was Bushtrotter en sy Bostottie al daar gewees.  Ons moes toe nog wag vir Frank wat van Brakpan af moes kom maar hy is eers 16h45 daar weg.

Bushtrotter en Bostottie



Hoendertjie het klaar vuur gemaak en die Eisbeins op die kole gehad.  Om nog bietjie meer oor die foto te vertel.  Die ou tannie in die regter hoek onder is my ma.  Sy bly op Warmbad en was vir die naweek op die plaas by Hoendertjie gewees.  Sy wou ook saam die volgende dag as ons die bier proe gaan doen.  Ouma MegaHoender is dalk 77 maar altyd Bok vir Sports.





Hoendertjie


Die EISBEINS


Ouma MegaHoender


Duster het klaar tent opgeslaan en botteltjioe ook leeg.
















Duster luister aandagtig na Ouma MegaHoender


Eisbein se kind. Ek kan baie eet maar ek kon nie die klaar maak nie

Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #11 on: December 02, 2015, 02:21:02 pm »
By die kombuis.
Michelle, Tertius, Megapix en Duster
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #12 on: December 02, 2015, 02:27:52 pm »
Sommer n paar pics.
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #13 on: December 02, 2015, 02:35:05 pm »
Sondag oggend net voor ses in die pad geval en so 08H15 by die huis.
Great venue hierdie met lekker paaie/omgewing om te ry.
As ons weer n Pa en seun naweek gaan hou moet ons miskien hoor as die plek beskikbaar is.
Ek wil met my seun op sy 125cc soontoe gaan vir n oorslaap van so 2 aande. 170km soontoe is net lekker afstand.
« Last Edit: December 02, 2015, 02:39:08 pm by subie »
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #14 on: December 02, 2015, 02:37:08 pm »
Sien nou eers ek het nie een foto van Frank se S10 nie.
Hy en Bushtrotter het die wereld aan die brand gery en Frank op pad tyres  :eek7:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Wooly Bugger

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Buell Ulysses XB12
    Location: Asia Pacific
  • Posts: 8,814
  • Thanked: 221 times
  • DILLIGAF?
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #15 on: December 02, 2015, 02:37:36 pm »
Mooi fotos, Kobus! Het Subie 'n ingeboude Weber braai?
This is not life or death. It is an internet forum.
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,196
  • Thanked: 90 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #16 on: December 02, 2015, 02:40:47 pm »
Mooi fotos, Kobus! Het Subie 'n ingeboude Weber braai?

Wat bedoel jy  :patch:
Daai Weber is na ek 8 kg verloor het  :imaposer:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #17 on: December 02, 2015, 03:04:06 pm »
Dag 3 – Saterdagoggend

Die plan was om vroeg weg te kom na ontbyt maar die petrol by die “mall” maak toe eers 9h00 oop en was ons toe maar rustig tot so 8h30.  Ek het vroeg besluit om maar net vir Bushtrotter te sê waarheen hy moet ry want dit was duidelik dat hy nie stadig kan ry nie en hy wou net jaaaag.  LOL

In die wegtrek by die plaashek is hy vort en Frank is sommer agterna.  Vroeg het ek geweet die manne gaan nie saam ons wil voort ploeter nie.  Hulle KAN ry.

Frank se bike en tent.  Ons kon nie fotos neem toe hy daar aangelom het in die donker nie




Oorskiet van die Eisbein


‘n Koel bewolkte dag


Bushtrotter se tentjie war Bostottie nog lekker gele en slaap het.


Duster en Bushtrotter lekker aan die kuier voor ontbyt


Hoenderwors




Die somtotaal van die bikes op die trip.  Hoendertjie se bike is stukkend en hy so sweep met sy bakkie


Die man wag maar net al weer… LOL


Petrol ingooi voor ons die pad vat


Duster se bagasie kom los


Op Rooiberg




Na een bier is ons weg en sleep toe na die T aansluiting wat na Thabazimbi gaan.   Ons sou weer omdraai en terugkom tot by die cruising waar ons dan links sal draai op pad na die plek waar ons middagete sou eet en bierproe doen





So julle nou hier kan sien is hier net 3 fietse.  Die ander 2 manne is met spoed weg en besluit om hulle eie roete te ry na Vaalwater.  Ons sou hulle eers die aand weer sien.











Candy het my so impress op die trip








Hoendertjie met die hele Boksombende seuns agterop.  Hoendertjie se ma en Ouma MegaHoender is ook in die bakkie.  Hier het ek gestop en my kamera vir hom gegee om fotos van ons te neem terwyl ons ry.

Hoendertjie het die geneem terwyl hy vir ons gewag het.




Subie




MegaPix


Duster gee ons die Wave

« Last Edit: December 02, 2015, 03:09:00 pm by MegaPix »
Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #18 on: December 02, 2015, 03:32:10 pm »
By Labrie Craft Beer Pub aangekom


Die oondjie wat ons middagete pizza sou maak




Subie, Hoendertjie, Duster en MegaPix saam die man Andreis van die pub


Al die Craft Beer plekke in en om Pta/Jhb


Tyd vir bier proe.  Moet se als was nogal lekker.  Nie gedink ek sal stout drink nie maar selfs dit was lekker
Hier proe ons Blondes




Stout


Ouma MegaHoender proe saam. Hier drink sy ‘n English Bitter



Van die lekkerste pizza wat ek nog geëet het




Die vark en sy pel het net buitekant gele en sleg wees


Tyd vir ‘n selfie saam Duster


Terwyl ons daar was kom daar no gander bikers aan.  Knopkop en sy bende saam ‘n man van Austrakie wat hy raak gery het in Zambie.


Op pad huis toe het Hoendertjie weer gestop en fotos geneem.  Hier kom Subie aan


Net stof soos die bakkie verby my kom.





Duster is die stof


Terug by die plaas was dit dadelik sulke tyd





Die manne het lekker fotos geneem


Lank na ons by die kamp gekom het, het ons die bikes gehoor van Bushtrotter en Frank.  Maar dinge het nie lekker geeindig nie.


Frank op sy fiets. Let op na die agter rim






Vinnig moes Frank plan maak om die wiel gedokter te kry voor dit te donker is.  Na hy reggekom het was dit weer tyd om vuur te maak en die aand van Hoendertjie se heerlike plaashoender tee et


Die volgende oggend is ons almal al teen 5 uur op behalwe Frank wat gele en snork het.
 Subie het nie lekker gevoel nie en is al 6uur se kant weg huis toe.
Hier pak ek weer die sak wat ek toets


Vinnig ontbyt maak want niemand wil op honger maag ry nie.


Oorskiet EISBEIN.


Heerlike bord kos


Na die ontbyt is daar gegroet en ons het besluit dat ek en Duster saam Frank sal ry, maar ons gaan teer doen net om seker te maak sy band hou.
Ons was skaars op die teer toe is sy band pap.   Moe smaar omdraai en gaan pomp leen.




Op Warmbad gekom het ons gegroet en die man gekry wat sy ponie kom volmaak het


Baie dankie aan almal wat deel was van die naweek.  Dit was regtig heerlik gewees.

Ons het wel besluit dat in die vervolg sal ons ‘n nweek vasmaak maar die manne kan hulle eie roetes ry.  Die plaas en kamp sal as ‘n BASIS gebruik word.

As daar manne is wat belangstel om die kamp te gebruik kontak my gerus en ek reel vir julle.
Dankie vir die lees

Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash
« Reply #19 on: December 02, 2015, 03:36:50 pm »
Mooi fotos, Kobus! Het Subie 'n ingeboude Weber braai?

Dankie Gatvlieg WB

Subie lyk goed mater
Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom