Schoemansrus 2 Mountain -- EISBEIN VREET Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MegaPix

Race Dog
Joined
Sep 27, 2013
Messages
3,462
Reaction score
799
Location
Highveld, CENTURION
Bike
Zero (all models)
So die beplanning vir die trip was al ‘n lang ruk aan die gang maar dit wou voorkom as die tyd wat dit gehou was nie lekker saamgespeel het met manne se budgets en ander trips soos die TOYRUN nie.

So ‘n paar dae voor ons die Vrydag die pad moes aandurf na Hoendertjie toe, kry ek die idee om vroeer te ry.  Subie was ook al lus vir ry en toe besluit ons, ons sal sommer die Donderdag al die pad vat en rustig ry.  Dit sou ons ook die geleentheid gee om dan die Vrydag die area te ry en dan wys ek hom sommer die roetes waar ons die Shebeen run ook hou.

Ek is Woensdag toe reeds weg na Sandton se kant toe want ek moes eers by AlanB sy prototype soft panniers ook kry wat ek die naweek dan met die trip sou uit toets.  Die aand was Candy reeds klaar gepak en moes ek net Donderdag oggend opklim en ry.



9h00 weg uit Sandton en moes Subie so 10h00 kry as ek klaar tenk vol gemaak het.  9h50 ry ek by sy ingang verby en op sy pos staan die man.  Gereed om te gaan.  Ons besluit toe om eers na Harties se kant toe te ry van Centurion af en is ons agter om na Pta-Wes se kant toe.  Op pad moes ek eers net stop om die foto te neem.  Die straat is nie na my oorlede broer vernoem nie, maar vir my onthalwe is dit.



Ek wou die ou pad na Harties toe ry met Kerkstraat, maar met die nuwe f@£$kn straatname en als land ek toe op by die Pelindaba tolpad en ek moes maar tolgeld betaal want ek wou nie weer terugdraai nie.  Die stukkie pad is vining en als maar duidelik nie wat ek in gedagte gehad het nie.

In Harties aangekom het ons sommer dadelik die eerste keel nat maak gedoen by Upperdeck.  Subie was so dors hy het nie eers die eerste bier geproe nie.





Van daar skiet ons toe deur na Brits en met die Thabazimbi pad tot by Beestekraal Stasie.  Die dag was warm en ons bly net dors.





Ons eie Bankbestuurder




Van hier is ons tot by die afdraai na Leeupoort by die Assen Polisiestasie.  Hier het on seers wiele afgeblaas en toe die grondpad na die plaas aangevat.  Ek self het nog nooit die kant omgery nie en ek was baie bly dat ek wel het.



Subie op sy fiets

Subie neem sommer een van my ook … lol


By Leeupoort se drankwinkel aangekom was die hitte so 38 grade en dadelik weer tyd om iets te neem.  Op die pad na Leeupoort is ek oor ‘n heuwel met spoed en nie die water anderkant gesien nie.  Ek was papnat van kop tot tone en Candy wys duidelik die gemors







Tot op Hoendertjie se grond van hier is net 15km.  Ons het toe vining aangery om rustig te kon raak en tent opslaan voor ons te lui raak.

By Sadaka Safaris se cruising


Ek was nie van plan om hard te slaap nie


Subie amper klaar met sy tentjie opslaan






Duidelik was Candy nog nooit so vuil gewees nie








Die aand het ons sommer braaibroodjies, slaai en Hoender gedoen.  Eerste keer in 5 maande wat ek ‘n braaibroodjie geeet het.  Ek doen mos banting maar die naweek was ek nie lus vir slaai nie… ☺


 
Top