BoosterPlug op 'n R1150GS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jul 27, 2010
Messages
5,473
Reaction score
650
Location
Blouberg, Cape Town
Bike
KTM 890 Adventure R
Willi het 'n spotless R1150GS met min kilos gekoop so 'n paar maande gelede. Hy hou baie van die fiets, maar die "hunting" op lae rpm in verkeer het hom gepla. Hy het kom vra of 'n BoosterPlug sal help.

Installasie is 'n 5min saak. Die Air Intake Temperature sensor sit onder die sitplek tussen battery en flicker unit. Dit was letterlik die IAT plug losmaak en die BoosterPlug in lyn installeer. Die temperature probe het ons aan die regterkant langs die raam laat afloop en vasge "cable tie".

Hier is sy terugvoer:

Ek kan agterkom dat my fiets gladder loop veral teen laer revs waar ek net bo idle is. Tot so op 2500rpm, van daar kan ek nie iets anders agterkom nie. Dit maak die rideability soveel aangenamer as 'n fiets wat loop en "hunt" maar ek sal die week nuwe spark plugs ook insit en dan moet hy weer vir tune gaan ook. Ek vind dat die swaar start nog daar is wanneer hy tyd gestaan het maar van daar af is dit onmiddelik. Klink vir my na brandstof toevoer, ek het onlangs brandstof filter vervang en vermoed dat die dalk 'n dud kon wees. Ek het swaar start en hunt van daar begin oplet.
 

Attachments

  • IMG_5969.jpg
    IMG_5969.jpg
    106.5 KB · Views: 334
  • IMG_5967.jpg
    IMG_5967.jpg
    114.2 KB · Views: 326
  • IMG_5970.jpg
    IMG_5970.jpg
    109.4 KB · Views: 327
  • IMG_5968.jpg
    IMG_5968.jpg
    53.5 KB · Views: 327
Top