Dag 17 - 21/12/2015Word wakker met die geritsel van gras soos vlakvarke naby my besig is om ontbyt te eet. Drink lekker rustig koffie en n Hansa terwyl ek res van my roete deur Swaziland beplan, en nogals met n baie mooi view.
En weereens sal ek dit sê, Swaziland is awesome. Wil graag weer terugkom na die land toe en meer tyd hier spandeer. Glo daar is baie lekker paaie om hier te ry! Swaziland, jy sal my weer sien!
In RSA se kant weer, mooi pas af na Baberton toe. Ry n pragtrige grondpaadjie langs Swaziland grens en noord na Nelspruit toe.
Kom by n roadblock net oos van Nelspruit en dit was een arrogante, onbeskofte fokker!
HY : 'License!!!'
EK : Gee vir hom, haal my helmet af en groet hom vriendelik
Hy : 'This is an offroad bike and it is not legal'
Ek : 'Yes it is'
Hy : 'Since when?'
Ek : 'Always' - toes ek mos nou lekker moerig van sy arrogansie, maar ek hou my vriendelike pose - wil nie hier kak kry nie
HY : 'Bike license?'
Ek : Klim van die bike af en wys vir hom
HY : 'License is expired'
Ek : Wou sê KAK MAN!! maar het toe nie, wys vir hom baie kalm waar die syferkies staan en dat hy legal is.
HY : Loop nog drie keer om my bike en beloer alles. Druk my lisensie voor my gesig sodat ek hom kan vat.
EK : Klim op my bike en weg is ek
Gelukkig het ek my nommerplaat opgesit voor die trip.Welkom terug in die noorde Willem! n Goeie herinnering hoekom ek suide toe getrek het.
So hier begin die areas waaroor ek bietjie onseker was om te ry. Ek self het in die noorde groot geword en weet hoe baie villages daar is en hoe ongemaklik dit sal wees om in een stuck te raak met n showstopper.
Probeer maar my bes om 'beter' roetes te beplan, maar soos dit toe sy, ry ek vir n hele ruk deur plekke waar ek nie juis wou wees nie. Kry moerse negatiewe looks, of dis hoe dit gevoel het. Mens moet mos jou instincts vertrou. En hierdie was die eerste keer op my hele trip wat ek nie meer veilig gevoel het nie.
Ry stuk stuk grond en teer tot by Hazyview. Bly in Gecko backpackers vir die aand.
Soos ek my seil uitspan begin groot donker wolke opbou. Iets is aan die broei. Nie te lank van daar af nie, skop die backpackers se krag uit en die wolke maak oop. n Moerse donderstorm

Hierdie is wat ek baie mis van die noorde! Sit ek en smile baie breed in die bar om kerslig terwyl die foreigners benoud lyk! Vanaand sal my slaap setup goed getoets word. Dit reën vir so 2 ure kliphard en terwyl dit so liggies drip drip keer ek na my slaapplek toe. En soos ek gehoop het, en nogals tot my verbasing, is dit lekker droog onder my seil. Gelukkig het die reen reguit afgekom en nie skuins nie

Lekker droë slaapplek en n

vir my waterproof seil!