Dag 27 - 22/2/2016Vanaf Pofadder, ry in Pella se rigting en wes na Goodhouse. Gedink daaraan om die Namaqua 4x4 trail tot by Vioolsdrif te ry. Bike is nou weer reg en ek het nog baie daglig oor.
Vra locals oor die roete en hulle se hy is nie so sleg nie, die 2 spoor wat ek nou al klaar gery het is erger sand as wat kom. Maar hulle het niks gese van die klippe en die uitgespinde hiil climb wat voorle nie

Wel, op die 4x4 roete en wat n plesier. Pragtig pragtig, lank terug so lekker gery. Deur klein koppies, in droe riviere, heuweltjies en klippe. Dramatiese landskap en die stilte en solidariteit is net asemrowend.
Net so deur n rivier sien ek hier is n moerse heuwel wat kom, nou eks klaar op spoed en besluit om maar daar te bly. Bliksem die heuwel op in 3de rat, 10m verder na 2de rat en daar is klippe, dongase orals. Hierdie deel is moerse sleg en baie uitgespin deur die 4x4's. Met my spoed en ronskiet links na regs oor die pad maak ek dit net so oor halfpad op waar ek my bike neersit. Natgesweet en adrenalien wat pomp. Haal toe maar my baggasie af en dra dit tot bo die heuwel, gat is bietjie swaar en heuwel is steil. Klim toe terug op my ysterperd, praat paar mooi woordjies en maak dit tot bo geen probleem. Lekker viewpoint van hier bo. Wereld is maar dor, maar pragtig!
Maak die 4x4 roete klaar....wat n plesier!
Ry tot by Vioolsdrif vir petrol, gehoor hier is aan RSA kant!

Geen paspoort by my nie, so kan nie grens kruis nie en ons polisie wil my nie oor eskort nie. Is wat dit is!
Ry tot by Oewerbos river camp vir die aand en gelukkig het Nevil daar vir my 10l wat hy bereid is om te verkoop. Excellent, dit sal my hou tot by Alexanderbaai.
Oewerbos is n pragtigie plek
