Ek het met my XR 650L deer die Richtersfeld gery, die temp van die dag was 56 grade celsius. Vanaf Vioolsdrif tot in Sendelingsdrif en oor die pond na Rosh Pinah. Die bike het partykeer so warm geraak dat ek die motor kon ryk...maar soos n Honda het hy aanhou loop. Hy het op Actevo geloop. Hy loop nou nog in Rosh Pinah en hy gebruik nogsteeds Actevo. Nog nie n dag se kak gehaad nie.
Laas jaar toe doen ek dieselfde trip met my 690. Met die wete dat dit bliksems warm daar word vervang ek my standaard coolant met n Motorex coolant. Die fiets loop ook op Motorex 10W 60. Ek moes seker 20 keer stop in 189 km om die bike te laat af koel. Dit was net so onder 50 grade en die bike se fan kon net nie by bly nie. Ek het seker 3 keer n warning light gekry vir temp.
Ek dink regtig nie engine olie sou n verskil gemaak het nie. Warm is warm.
Gebruik warmee jy veilig voel en kan bekostig. My 929 Fireblade het 14 jaar lank gehaardloop met 136 000 km op, ek het Shell Helix 20W 50 in hom gegooi. Ook net omdat ek dit verniet gekry het.