2 Suidwesters kies koers Kaap toe (MET N DRAAI)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rickus

Race Dog
Joined
Jan 16, 2009
Messages
1,670
Reaction score
8
Location
Koës
Bike
KTM 950 Adventure S
Dag 1 484KM
So breek die dag toe uiteindelik aan, ek en Werdus vertrek op n lekker trippie af Kaap se kant toe.
Die vrouens en kinders is reeds al n paar dae voor die tyd met die bakkies hier weg terwyl ons manne net die laaste vure moet doodslaan voor ons vakansietjie. Die trip sou oorpsronknlik meer weswaarts gehardloop het teen die Visrivier af oor die pont by Sendelingsdrift, maar ons het besluit om toe eerder Velloorsdrift te oor (want hoe warm kan dit dan nou rerig raak). Ons het dit goed gedink om dan sommer die Namakwa 4x4 roete deur te werk terwyl ons dan nou daai kant toe beur.
Hier is ons roete vir Dag 1   Let wel: Ons 3dag trippie het toe n volle 4 dag trip geraak (wyn en slegte vrinne)

YFB01_zps8vzubysz.jpg


Ons het vroeg die Woensdag more ons vere reg geskut en pad gevat….dit was maar deurmekaar affere want ons het ons weereens effens oorbedien met die wingerdsap, want dis mos darem n helse affrere as mens n slag op n bike trip kan gaan en die senuwees moet reg gekry word.
YFB1_zps9ti1k8tb.jpg

Die weer was lekker en ons draf sommer die 1ste 80km lekker vinnig kaf. Dit is tans baie droog in ons wereld en daar is verskriklik baie diere in die pad reserwe (gorrel) ons het omtrent 8 Kudu’s teegekom in die 1ste 80 km so ons spoed was n luilekker 100-110 km/h…..dit was ook maar goed dat ons op die 80km merk gaan stop het, want soos dit mos maar is met die Oostenrykse fietse waarvoor ons so lief is…….die seeltjie op my bike se olieprop sien sy gat en daar kots die ou bloue omtrent n liter olie teen my regter poot af. Ek het sommer u stukkie rubber met met die mes bygekom en die tydelikke fix hou nou nog.

YFB2_zpss4yajk7y.jpg


Hier sak ons af grens toe “onseepkans” mense dis n ander tipe warm hier…
YFB3_zpsob83thys.jpg


By die grens:…Dit was ook die einde van grondpad soos ons hom gewoond is….liewe jirre my ou fiets het fairing boutjies verloor en my stopsels het los geskut op die stukkie pad van Onseepkans af Pofadder toe…..die mense wat hier bly sal moet n plan maak of in opstand kom, want geen ryding sal hou op daai tipe paaie nie.
YFB4_zpsjkemxyun.jpg


Ons het darem by Pofadder uitgekom met daai aakligge pad en summier koers gekies vir die Hotel….daar vat ons toe vinnig elkeen n koue bier of 3 en toe onthou ek my ou maat verjaar…..toe voer ek hom maar n paar Amarulas want hy raak onverskillig as hy so vroeg in die dag begin Jagermeifter vat.

YFB5_zpst5zfzlni.jpg


Na BAIE lekker Burger in die Hotel besluit ons om maar aan te stoot Klein Pella toe…..ons besluit ook daarteen om die 4x4 gedeelte om Pella teen die rivier af te ry, want op daai stadium was dit darem net te moer warm. Ons het sonder enigge voorval tot by Klein Pella Gastehuis gevorder en die mense daar het al ons rondawel se aircon vroeg die oggend aangesit, so dit was vrek lekker om aft e pak en gou n duik in die swembad te vat en toe n bietjie te gaan rus in n yskoue kamer. Werdus het sommer n ordentlikke slaap gevang terwyl ek my fiets en myself probeer de-grease het…..daai plekkie se pyp water is so warm dat die bike se stickers wil afval as jy hom skoon spuit

YFB6_zpswfijrmyp.jpg

 
Top