BMW: Wast of money

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Grasshopper

Pack Dog
Joined
Sep 6, 2014
Messages
294
Reaction score
0
Bike
Yamaha XT 660 Z
Ek het al male sonder tal,  op die forum, gelees hoe sleg BMW motorfietse is en gewonder waarom mense hul geld mors om die goed te koop.

Ek het nog nooit n BMW besit nie, maar mens begin later n storie glo  indien jy dit oor en oor hoor!!!

Nou ja, n vriend van my was "dom" genoeg om so 6 maande gelede vir hom n BMW LC te koop.

Vanoggend vat ek die "slegte" bike vir n spin vanaf Kaapstad na Houtbaai, vlieg oor Constantia nek tot by Pinelands.

WOW, WOW en nog n klomp WOW's.

Die stuk "gemors" hanteer soos n droom, hy is ongelooflik goed gebalanseerd, sy remme werk briljant, geen probleem om skerp draai met spoed te attack nie, sitplek vrek gemaklik en sy voel so lig soos n veer.

Ek dink dat die ouens wat BMW afkraak moontlik aan n selfbeeld probleem ly.

Ek begin nou te verstaan waarom mens geld op BMW "mors"... :laughing4:

 
Top