Solo om Marekele

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
og altyd hoor n mens dat ouens om Marakele ry... en "daar is baie sand". Respekteer die sand monster en ons twee het n goeie verstand houding... weet nie wie het die verstand nie, en wie die houding nie...

Die 18de Desember opgstaan, en terwyl ek sit en teug aan die oggend koffie, besluit ek daar en dan, dis sulke tyd.

Sommer kamp, so pak die tent, en al die allery. Koop ratsoene, lekker stuk steak en beetslaai saam padkos

[attachment=15841]DSC_0498-2.JPG[/attachment]

Reg om te ry.

DIE PLAN: is om Marekele te ry oor 2 dae, en so ver moontlik na ssn daar te kamp.

So oor Schurweberg, Harties, ostelike kanale, dan noord...
[attachment=15842]DSC_0500.JPG[/attachment]

[attachment=15843]DSC_0502.JPG[/attachment]

[attachment=15844]DSC_0505.JPG[/attachment]

Bietjie explore teen die kanale af, maar pad loop redelik dood agter die PPC sement fabriek net aan die noorde kant van die R511 ander kant Beestekraal.

Toe alternatiewe probeer, maar daar is heinings en elektriese hekke tussen die wildsplase om toegaan te beheer en besluit om Jericho om te ry.

Van daar op die pad na Dikololo toe het ek my ry broek so bietjies bietjies geknyp met sulke pebble tipe sand waarmee ek gesukkel het om n lekker ritme te kry,

Die as die fiets begin snake, dan rol n mens die vet aan. En as dit by die afrol kom, dan snake die skoeter weer. Later ry n mens so vinnig en dink as dinge nou verkeerd gaan, gaan dit redelik ekspenensieel verkeerd. Dan knyp jy jou bene vas, sit op die duffelbag, arms lekker los, en belangrik, look up, en kyk ver voor uit! EN WING IT!

Van Jericho is die pad weer n lekker sand en kry n lekker ritme.

Re op Borakolala af en hulle laat nie fietse toe nie en die GPS se ek moet daar deur na die volgende waypoint, Navigeer bietjie en ry Assen om Thabazimbi se kant toe op n lekker grond pad. MAAR aan die noorde kant begin n lekker bosveld donderstorm broei en sien wwerlig in redelik kort inter valle, Maak die app Rainy Days oop en die verifieer die wolke is dik en ek "ry terug Beestekraal se kant toe.

Met die GPS se Lodging funksie soek ek slaap plek en Thaba Morula is die plek.

En die weer het noord gebly en dis n lieflike aand daar doer in die bosveld.

[attachment=15845]DSC_0509.JPG[/attachment]
En kampers mos anderse mense, sout van die aarde. Almal knoop n geselsie aan om te hoor van waar, en waarna toe more,,,

[attachment=15846]DSC_0512.JPG[/attachment]
Lekker vleis gebraai, n rumpie geniet, en bekyk die bos televisie saam die sterretjies....
 

Attachments

  • DSC_0500.JPG
    DSC_0500.JPG
    328.7 KB · Views: 591
  • DSC_0498.JPG
    DSC_0498.JPG
    234.3 KB · Views: 575
  • DSC_0512.JPG
    DSC_0512.JPG
    80.4 KB · Views: 529
  • DSC_0509.JPG
    DSC_0509.JPG
    336.4 KB · Views: 521
  • DSC_0505.JPG
    DSC_0505.JPG
    338.6 KB · Views: 529
  • DSC_0502.JPG
    DSC_0502.JPG
    328.2 KB · Views: 514
Top