Hoekom bike ry so kompliseer? 'n Bietjie retrospeksie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kobus Myburgh

Grey Hound
Joined
Nov 20, 2013
Messages
8,328
Reaction score
1,668
Location
George
Bike
KTM 640 Adventure
Gister aand sit ek langs die vuur en na 'n hele paar biere, (met komplimente van Blender in 'n ruil transaksie vir 'n stel tyres  :thumleft:), blaai ek deur die ou foto albums.

So sit en kyk ek na my jonger dae, waar dinge soveel eenvoudiger was vir verskei redes.  Ek onthou dat die bike wat ek op daai stadium gehad het altyd vir my die beste was en daar nooit regtig 'n hunkering of begeerte was om iets beters of 'soos daai ou' te wou he nie.

Ek kyk ook na van die gesig uitdrukkings en dit wys tekens van "content" - 'n Engelse woord wat vir my persoonlik meer betekenis het as tevrede.

En toe besef ek hoe EK dinge oor die jare gekompliseer het.  Te veel bikes in die garage en te min tyd om te ry, te min tyd saam met die seuns, die vrou en myself want elke naweek is daar iets om aan die bikes te karring.

Nou ek is nie 'n ou wat enige nuwe jaar voornemens aangaan nie, maar die jaar gaan dinge weer eenvoudig gemaak word. 

Ek deel graag 'n paar oomblikke met julle, van tye wat vir my vrek lekker was.  (Nou ek weet nie hoe die manne die fotos so lekker tussen beskrywings ingooi nie so dit sal 'n paar posts vat)
 
Top