Strand = Herbertsdale - Van Wyksdorp - Ladysmith - Montagu - 29 - 30 Des

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
1
Bike
KTM 1290 Adventure R
n Vol Landcruiser vir 4 bikes verbeel jou n mens sou sweer ons gaan op n Namibie trip. Na vele beloftes is ons net 3 bikes wat bymekaar kom. Lionell met sy 990 "brandyboks". Goose die duitser met sy geleende 690 en Yamaha yskasbaadjie en superbikeboots, bmw brand nogal en myself en stroedle op ons nuwe 1190. Stroedle moan die hele tyd dat sy die 990 R mis want die 1190 vibreer nie so lekker nie. Agterryers in die Cruiser is natuurlik die res van die Grunder gesin. Ook hulle eerste stoftrip in die ossewa. Oor Sirlowryspas waai die wind ons omtrent weg maar net oor die berg is die wind stil. Weereens n bewys dat die Suidoos daar gemaak word. Eerste stop Greyton vir brekfis en daar kuier ons so lekker dat ons vergeet dat ons vir Abu en Dhabi elfuur moet ontmoet. Om tyd te spaar klim ons toe ma oppie blacktop van Riviersonderend tot in Buffeljags. Net voor Swellendam tel die "brandyboks" n spyker op in die agterwiel en omdat ons n backup voertuig het en ons kan, stuur ons die dorp toe om gou n nuwe tjoep in te sit. Ek ry toe maar vooruit want teen die tyd glo Abu en Dhabi nie meer al ons verskonings nie. Drie ure se wag het hulle twee al wat n roosterkoek oppie menu getraai en wil hulle net ry
 

Attachments

  • IMG_3863.JPG
    IMG_3863.JPG
    369.2 KB · Views: 514
  • IMG_3862.JPG
    IMG_3862.JPG
    262.5 KB · Views: 516
Top