Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Weskus Sand  (Read 3189 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Weskus Sand
« on: January 20, 2016, 09:49:38 pm »
Ja nee, mens moet maar oppas waarvoor jy wens, dit kom dalk net jou kant toe.

Vir lank het ons probeer om die trip te maak gebeur, maar die lewe gaan sy gang en die trip het ons almal vir lank ontwyk. Totdat 2016 sy kop uitgesteek het en die besluit geneem is dat dit eenvoudig net moet gebeur. Gouer eerder as later..

Makkers is gewerf, locals is geraadpleeg en 'n tyd is vasgemaak. Nuwe knoblies is opgesit en clutches en vurke is gediens in voorbereiding op die sand.

Die plan was om in Nieuwoudtville bymekaar te kom en 'n sirkel roete te doen, anti kloks gewys, Kamieskroon, Hondeklipbaai, kus langs Suid tot by Koekenaap en dan terug tot in Nieuwoudtville. So rondom 800km round trip. Hit and run styl, pak net nodige tools, slaapsak en genoeg water.



Lohan, Willem en Wikus het hule fietse op die sleepwa gelaai in die Kaap, en opgesleep tot hier.



Toe hulle die aand hier aankom was die opwinding hoog. Ons het kaarte bestudeer, bier gedrink en bikes gepak tot laat. More oggend soos die sonnetjie sy kop uitsteek, val ons in die pad.


« Last Edit: January 21, 2016, 12:16:32 am by Rooi Wolf »
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,971
  • Thanked: 988 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Weskus sand
« Reply #1 on: January 20, 2016, 09:51:26 pm »
Boggerrol foto's :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Jondu

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,027
  • .................................
Re: Weskus sand
« Reply #2 on: January 20, 2016, 09:54:11 pm »
Kom maak n draai as julle hier verby kom.
 

Offline pittbull

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 100
Re: Weskus Sand
« Reply #3 on: January 20, 2016, 09:54:40 pm »
Ag lekker  :biggrin:
Is jy bang om dood te gaan of is jy te bang om te lewe.
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #4 on: January 20, 2016, 10:06:12 pm »
Die son het heeltemaal te vroeg opgekom, maar so paar koffies in die lyf saam die opwinding was genoeg om die stof op te jaag en die wind aan te blaas. En dit was nie lank voor die lekker kry van ry ons al 4 behoorlik beet gehad het nie.



Ons het lekker klein paadjies gery uit Nieuwoudtville uit, in die rigting van die Sichen - Saldanna spoorlyn pad, wat ons weer opgelink het met die R355 Noord. Op die groot R355 aangekom, moes ons darem ook ons eerste water breek vat..







Teen hierdie stadium het die dag se hitte begin praat en ons het maar die spoed aangedraai om by Kamieskroon uit te kom. Daar het ons darem so effense lafenis kon kry in die hotel.



« Last Edit: January 20, 2016, 11:26:53 pm by Rooi Wolf »
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #5 on: January 20, 2016, 10:27:47 pm »
Na Kamieskroon het die terrein heeltemaal verander. Klipperige randjies en koppies, met stukke sand tussen in het wyd gestrek, en die 2 spoor paadjies wat ons gery het was uit die boonste rakke. Pure ry plesier.







Dit is immers nog Januarie, hoog somer, en ten spyte van al die lekker ry het die hitte sy tol begin eis. Met koelte wat skaars is in die geweste, het ons maar elke koeltetjie wat ons tee gekom het genuttig.





« Last Edit: January 20, 2016, 11:36:15 pm by Rooi Wolf »
 

Offline Amsterdam

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 890 Adventure R Rally
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,599
  • Thanked: 127 times
Re: Weskus Sand
« Reply #6 on: January 20, 2016, 10:39:05 pm »
sub
KTM 500 XCW, Husqvarna 701, KTM 890 Rally
 

Offline Manic

  • Little Fat Guy
  • Vendors
  • Gentleman Dog
  • *
  • Bike: KTM 790 Adventure R
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 17,997
  • Thanked: 343 times
Re: Weskus Sand
« Reply #7 on: January 20, 2016, 10:53:25 pm »
Lekker man lekker!!   :thumleft:

Weet julle hoeveel beeskak le onder daai paar boompies waar julle so lekker op sit  :imaposer:   :imaposer:
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #8 on: January 20, 2016, 11:05:24 pm »
Die stuk deur die Nationale Park was fantasties, en sommer so met die intrap slag staan en groet 'n troppie Hartebeeste en so paar Gemsbokke ons. En nie 5 km verder nie 'n hele trop Springbokke.

Bliksem, life is good. Hierdie is ongelooflike terrein, die natuurskoon is pragtig en die 4 bikes thump al te bly saam deur die stof.  



Met die DAKAR wedren op sy 2'e laaste dag soos ons hier ry, is ons die laaste 12 dae gebombardeer met Youtube clips, foto's en brokkies eindelose nuus van Lia, Toby en Kobus en al die ouens wat so lekker jaag daar, al die drama wat afspeel en die mooi fietse wat hulle ry. Ek kon nie help om heeltyd flitse van dit in my gedagtes te sien soos ons deur die geweste ry nie, die gebrul van my FMF pyp in my ore en die stofstreep in my truspieŽltjie..

Soos ons die kus nader het die hitte darem bedaar, en mens kon met elke kilometer die koel see lug voel nader kom. Ons het in Koingnaas gestop vir Petrol voor ons in Hondeklipbaai bietjie die energie vlakke opgetop het.







« Last Edit: January 20, 2016, 11:24:26 pm by Rooi Wolf »
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #9 on: January 20, 2016, 11:22:21 pm »
Lekker man lekker!!   :thumleft:

Weet julle hoeveel beeskak le onder daai paar boompies waar julle so lekker op sit  :imaposer:   :imaposer:

 :spitcoffee:

Ten minste was dit koel kak..!

 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 13,154
  • Thanked: 199 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
    • Social Travel Digital solutions
Re: Weskus Sand
« Reply #10 on: January 20, 2016, 11:55:30 pm »
My tipe ride report.

Gooi maar

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #11 on: January 21, 2016, 12:12:00 am »
Dit was nou al 5 pm, en na die vis en tjips en paar koues, het ons besluit om uit die dorp uit te ry tot die son sak en slaap plek te soek iewers langs die pad op die strand. Opgestock met hout en vleis om te braai, genoeg water vir 200 km se sand ry en 'n lam gat en moeg lyf is ons uit Hondeklipbaai uit rigting Suid.

Mens moet so 10 km op die grootpad Garies toe ry voor jy afdraai en deur 'n hek gaan om op die kuspad te klim, en dit is min of meer by hierdie hek waar die sports begin. Die paadjie is enkel breedte met matige dik sand en sommer lekker sinkplaat. Dit was 'n skielike aanpassing vanaf die hoŽ spoed, klipperige jeep tracks en groot stofpad wat ons gery het om hier uit te kom. Nie te lank op hierdie paadjie nie, is daar toe juis 'n afdraai kus toe van hierdie alreeds klein en sanderige paadjie af. 'n Bord waarsku teen sagte sand en raai aan dat slegs 4 x 4 voertuie hier moet in. En ja, natuurlik gaan ons toe daar in, want ons soek slaap plek, en avontuur.

Met 2 x sakke hout op my carrier rack en die dag wat alreeds lank was, was hierdie stukkie pad vir my net een te veel. Ek het paar keer neergedonner in die dik sand, die sakke hout het geskeur en afgeval, my baadjie wat ek gebruik het om die hout bymekaar te hou op die carrier rack het in my bike se agter remme beland en veroorsaak dat die agterwiel lock. Dit als kos my toe baadjie uitsny met Leatherman, selfvertroue wat moertoe is en moegheid wat kliphard inskop. WTF gaan aan!? Het ek nie juis gedink ek sal die sand kan hanteer nie? Waar is my mojo heen...?

Met 'n groot gestoei (van my kant af) kom ons toe op 'n plek uit wat ek net eenvoudig nie meer 'n tree verder wil of kan ry nie. My water voorraad vir more is amper op en ek moet nou rus.

So gesÍ, so gedaan en ons kies lÍplek net daar waar ek my bike gestop het. Bliksem, waar het ek myself ingekry...?







 

Online subie

  • Local Mods
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 10,381
  • Thanked: 322 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Weskus Sand
« Reply #12 on: January 21, 2016, 04:14:14 am »
Hoekom sien ek dan nie die prentjies nie  :'(
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline luv2ride

  • Strand brak
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,043
  • Thanked: 50 times
  • Strand brak
Re: Weskus Sand
« Reply #13 on: January 21, 2016, 05:32:16 am »
Lekker RR en stunning fotos. Gooi nog :thumleft:

BMW S1000XR and BMW R1200R
BMW F800GS - sold, Honda NC700X -Sold; BMW1150GSA -sold
BMW F650 twin - sold
BMW F800ST - in bike heaven Kawasaki KLR 650 - sold Kawasaki ER6F -sold Yamaha FZ6 - sold BMW 1200GS - sold BMW 650 Dakar - sold Yamaha XJ750 - stolen Honda MT5 - given away as scrap
 

Offline VaalBaas

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,618
  • Thanked: 224 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Weskus Sand
« Reply #14 on: January 21, 2016, 07:31:04 am »
Nog ene ... :thumleft: Mooi fotos en lekker trip. Binnekort gaan ons ook die droom vervul.
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Morokai

Re: Weskus Sand
« Reply #15 on: January 21, 2016, 08:02:46 am »
Lekker bra lekker!!!
Skryf hom ek wil lees  :thumleft:

Fear is temporary, Regret is forever.

DR650SE, DRZ400E
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #16 on: January 21, 2016, 08:35:39 am »
Kom maak n draai as julle hier verby kom.

Halo Jondu, goed dankie self.

Nou waar bly die uwe..?
 

Offline popipants

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,341
  • Thanked: 1 times
  • I came; I saw; I slept
Re: Weskus Sand
« Reply #17 on: January 21, 2016, 08:46:04 am »
This looks very promising
I've been on the Jameson diet for a week, so far I've lost 7 days....
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 377
  • Thanked: 9 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #18 on: January 21, 2016, 08:50:06 am »
Slaap is inderdaad 'n wonderlikke ding. En met die sagte Namakwa sand as matras en die sterre as geselskap het die rus sy truuk gedoen. Die braaivleisie en goeie geselskap was net wat die dokter ge-order het.







Met die nuwe dag, het daar sommer nuwe lus in my ingetrek. Gister se gesukkel moes eenvoudig net agter bly en ons moet terug klim op die perd.

Daar is immers 'n hele kuslyn vol sand om te ry voor ons weer in beskawing uitkom. En dit is hoekom ek hier is: om sand te ry..

« Last Edit: January 21, 2016, 08:53:02 am by Rooi Wolf »
 

Offline weskus

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,390
  • Thanked: 22 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Weskus Sand
« Reply #19 on: January 21, 2016, 08:51:28 am »
Ek sien ook nie prentjies nie..die manne net-net gemis Sat by die oog..
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, KTM 1290 Superduke (stukkend geval) tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides,Honda Z50 Monkeybike(projek), Honda ST70 Dax, Honda CX500 Custom - bar toe..