Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Weskus Sand  (Read 3183 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #20 on: January 21, 2016, 08:57:51 am »
Ek sien ook nie prentjies nie..die manne net-net gemis Sat by die oog..

Gits, ek is nou nie juis 'n IT boffin nie, so sal nie weet hoekom sommige nie die foto's sien nie. Hierdie is die 1'e keer wat ek nie foto's as attachements bysit nie, maar dit als eers ge-upload het.

Dalk ander tipe browser..?
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #21 on: January 21, 2016, 09:11:16 am »
Nou hier is ons toe in die besigheids kant van die bedrywe. Lekker koel Weskus weer, bikes wat purr en eindelose sand wat voorlę.

Die van julle wat al hier was sal weet watse stukkie juweel van 'n aarde hierdie is. Ongenaakbaar hard, bar en verlate, maar met 'n wonder soete prag as 'n vergoeding vir jou moeite om hier uit te kom.



Die ry self is absoluut fantasties. En as mens eers jou groove vind in die sand is dit ongelooflik om te sien wat jy en jou masjien kan doen en waar mens kan ry.



Ons het die "groot pad" vermy en heeltyd die paadjies gekies wat afry kus toe en weer terug loop pad toe. Natuurlik was dit die moeiliker meer sanderige opsie, maar liewe bliksem dit was pret.

« Last Edit: January 21, 2016, 09:16:40 am by Rooi Wolf »
 

Offline Morokai

Re: Weskus Sand
« Reply #22 on: January 21, 2016, 09:15:43 am »
Ek sien ook nie prentjies nie..die manne net-net gemis Sat by die oog..

Ja toe ons by die Maskam Hotel instap vra ek waas jy, toes jy 10min terug weg.....maar die deel van daardie storie sal nog kom
Fear is temporary, Regret is forever.

DR650SE, DRZ400E
 

Offline Rooikoos

Re: Weskus Sand
« Reply #23 on: January 21, 2016, 09:18:06 am »
Ek sien ook nie prentjies nie..die manne net-net gemis Sat by die oog..

Gits, ek is nou nie juis 'n IT boffin nie, so sal nie weet hoekom sommige nie die foto's sien nie. Hierdie is die 1'e keer wat ek nie foto's as attachements bysit nie, maar dit als eers ge-upload het.

Dalk ander tipe browser..?

In Internet Explorer sien ek niks, maar kan die prentjies in Google Chrome sien  :thumleft:
 

Offline Prototype

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda XR400
    Location: New Zealand
  • Posts: 200
  • Drink something stronger and think again
Re: Weskus Sand
« Reply #24 on: January 21, 2016, 09:34:37 am »
Lekker man lekker!!   :thumleft:

Weet julle hoeveel beeskak le onder daai paar boompies waar julle so lekker op sit  :imaposer:   :imaposer:

 :spitcoffee:

Ten minste was dit koel kak..!



Koelte kakkers  :lol8:
In a previous life I rode a KLR.

Not much dust in NZ...
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #25 on: January 21, 2016, 12:57:53 pm »
Die ding met sand ry is dat 'n  man moet momemtum kry so gou as moontlik. Wegtrek in 2'e, opstaan en 3'e rat haak so gou jy kan. Hoe meer momentum jy het hoe minder gaan die wiele spin of vassteek, en hoe meer begin jy te plane oor die sand. Die masjien dans sy dans onder jou en dit voel soms wild, maar solank jy vorentoe druk bly die perd regop.



Teen hierdie stadium van die geveg was ons absoluut in die oomblik vasgevang. Gefokus op die pad en jou posisie daarop. Al wat saak gemaak het was die 50 of 100m voor jou , jou lyn waarin jy die voorwiel druk en die hand wat die throttle nurse. Elke km wat verby geflits het was aksie belaai, met hope vol lag.



Dit wil nie sę daar was nie meer oopsies of noue ontkominge nie.. Inderdaad daar was heelwat, en ons elkeen het om die beurt 'n draai ge-overshoot, klippe wat lurk in die binne hoek van 'n draai presies in die lyn waar jy ry gedodge en selfs 'n lekker high side gesien toe my voorwiel vassteek in die middelman om 'n draai. Hope pret.





Alhoewel die bene en arms gepomp was van al die aksie, was ons kort voor lank by die park se Suidelike ingang waar ons welkome reenwater kon skep en die gawe oom wat daar werk vir ons olie en petrol kon organise. Lohan se 640 het begin olie lek op sy counter shaft seel en die olie vlak was laag, 'n gevaarlike situasie as 'n man nie kan optop nie. Willem se DRZ 400 het net so 250 km range en sy petrol was gevaarlik laag met al die sand ryery. So hierdie is sommer 'n moerse dankie aan oom vir die gebaar. Dit word opreg waardeer!



« Last Edit: January 21, 2016, 02:48:18 pm by Rooi Wolf »
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #26 on: January 21, 2016, 01:09:39 pm »
Suid van die park raak die "groot" pad effens groter, maar ons kies nogsteeds om die kleiner paadjies te ry wat kus toe en terug loop.





Verby Groenrivier mond se ligtoring en die afstand raak al hoe kleiner terug beskawing toe. Ure flits verby in 'n dwaal van sand en nogmaals sand.



Soos ons Brand-se-Baai verby steek verlaat die koel Weskus luggie ons en maak plek vir 'n vuurwarm wind. Ek het vir 'n oomblik gedink my engin kook en dat die warm wind opstyg van my masjien af, maar na 'n stop bevestig die ander manne dat hulle dit ook voel. Die hitte is weer op ons, en ons maak een laaste stop op die kus voor ons terug draai binneland toe vir 'n welverdiende biertjie of 3 in Lutzville.






 

Offline pietas

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,241
  • Thanked: 26 times
  • Gryskop seuntjie
Re: Weskus Sand
« Reply #27 on: January 21, 2016, 01:16:42 pm »
Lekker trip en lekker foto's. Dankie
Groot berge en lang grond paaie
 

Online ROOI

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,329
  • Thanked: 22 times
  • KTM 990 S KTM 500 EXC AKA Red Rider
Re: Weskus Sand
« Reply #28 on: January 21, 2016, 01:41:51 pm »
 :spitcoffee: sub
FTS
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #29 on: January 21, 2016, 03:25:22 pm »
Ons het dit gedoen!

Die harde deel is agter ons en dis nou net so 100 km huis toe waar daar lekker skaap tjoppies en 'n groot vuur wag.



Maar nou ja, die vet vrou besluit toe mos dat sy nog nie klaar gesing het nie, en rol toe so paar verrassing uit haar mou uit vir ons. In die bloedige hitte, so 10 km uit Lutzville uit, met effense tipsie lywe, spat die kak toe. Willem hoor 'n aardige klank van onder af en toe ons stop sien ons net olie op sy bike. Sy chain guard het los gekom en is met bolts en al deur die ketting oor die voorste sprocket gewerk. Moerse hou weg op die engin casing en die bike pis olie. Einde van sy trip..





Vinnige besluit geneem, en ek en Lohan vat die pad Nieuwoudtville toe om die sleepwa te gaan haal, Willem se fiets wil nie verder ry nie. Wikus sal intussen vir Willem sleep tot in Vredendal en daar by 'n watergat vir ons wag.

Quote
Re: Weskus Sand Reply #19 on: Today at 08:51:28 am   Reply with quote
..die manne net-net gemis Sat by die oog..

Dis toe nou net hier wat julle mekaar gemis het ou Weskus..


Soos ek en Lohan oor die Knersvlakte aanry is die hitte iets verskrikliks. Dit het 'n persoonlikheid van sy eie. Deur Vanrynsdorp sien ons hoe die bliksem strale op die Hantam hoogte slaan en 'n pikswart wolk oor die berg hang. Presies in die rigting waarin ons moet deur ry. Hoe nader ons aan Vanrynspas kom hoe erger begin die wind te waai en die weerlig te slaan. Op een stadium is daar rook wolke regs van ons, soos die weerlig die gras aan die brand slaan, stofstorms links van ons en deur dit als die reuk van nat stof soos ons al hoe nader aan die storm kom. Die druppels begin al hoe groter en meer intens afkom en ek begin as te ware koud kry. Wat 'n kontras van 15 minute terug! 10 km om te gaan, in die middel van Vanrynspas op, besluit daai fat lady mos weereens dat sy nog nie gesing het nie, en boom! da breek my ketting net soos die hemels behoorlik begin oopmaak.



Lohan het 'n spaar masterlink wat ons wil opsit, maar alas, ons kry nie sy cir-clip nie. Hy los my in die wind en reen en skiet die laaste ent alleen Nieuwoudtville toe. Nou moet ons 2 fietse recover..



Uiteindelik kom ons so net voor sonsak in Vredendal aan, en teen hierdie stadium is die 2 manne natuurlik hard aan die kuier. Sommer klomp nuwe vriende gemaak in die bar.





Ons drink 'n dop, laai die bikes op en ry in die sonsak in, huis toe.
« Last Edit: January 21, 2016, 03:43:06 pm by Rooi Wolf »
 

Offline Prototype

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda XR400
    Location: New Zealand
  • Posts: 200
  • Drink something stronger and think again
Re: Weskus Sand
« Reply #30 on: January 21, 2016, 04:32:54 pm »

 boom! da breek my ketting net soos die hemels behoorlik begin oopmaak.


Jy moet daai tier van jou voer dat hy op hou om jou goed so te eet! Darm niks op jou bike stukkend geklap nie?
In a previous life I rode a KLR.

Not much dust in NZ...
 

Offline Jondu

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,027
  • .................................
Re: Weskus Sand
« Reply #31 on: January 21, 2016, 08:58:04 pm »
Kom maak n draai as julle hier verby kom.

Halo Jondu, goed dankie self.

Nou waar bly die uwe..?

In Koekenaap op n plaas.
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #32 on: January 22, 2016, 07:15:16 am »

 boom! da breek my ketting net soos die hemels behoorlik begin oopmaak.


Jy moet daai tier van jou voer dat hy op hou om jou goed so te eet! Darm niks op jou bike stukkend geklap nie?

Nee gelukkig het ek 'n bullet gedodge daar! Voorste sprocket lyk nou soos 'n gangster, so paar voortande missing, maar behalwe vir dit niks..
 

Offline Skim

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 233
  • Thanked: 20 times
Re: Weskus Sand
« Reply #33 on: January 22, 2016, 08:02:09 am »
 ??? ???

Sien net omtrent 3 fotos - damn wil graag die ander ook sien!!!
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline Prototype

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda XR400
    Location: New Zealand
  • Posts: 200
  • Drink something stronger and think again
Re: Weskus Sand
« Reply #34 on: January 22, 2016, 08:19:03 am »

Nee gelukkig het ek 'n bullet gedodge daar! Voorste sprocket lyk nou soos 'n gangster, so paar voortande missing, maar behalwe vir dit niks..

Hosh my lanie!  :laughing4:

Moerse lekker roete. As ek weer in SA is met my bike moet jy my vat


??? ???

Sien net omtrent 3 fotos - damn wil graag die ander ook sien!!!

Blykbaar 'n browser issue, probeer Chrome
In a previous life I rode a KLR.

Not much dust in NZ...
 

Offline witblitz

Re: Weskus Sand
« Reply #35 on: January 22, 2016, 09:15:57 am »
Rooiwolf wat dink jy van die MC23 tire op die 690?
 

Offline Morokai

Re: Weskus Sand
« Reply #36 on: January 22, 2016, 11:08:18 am »
Terwyl Albert storie geskryf het, was daar n video gemaak...

<a href="https://www.youtube.com/v/OQp3_CYMyKE" target="_blank" class="new_win">https://www.youtube.com/v/OQp3_CYMyKE</a>
Fear is temporary, Regret is forever.

DR650SE, DRZ400E
 

Offline Dwerg

Re: Weskus Sand
« Reply #37 on: January 22, 2016, 11:51:06 am »
Lekker video. Ek wil ook nou daar gaan ry. Kan myself skop oor ek desember nie my bike saam gevat het nie  :xxbah:
Previous: KTM 690R, 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline whitedelight

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,522
  • Thanked: 7 times
Re: Weskus Sand
« Reply #38 on: January 22, 2016, 03:21:52 pm »
Very cool vid and vibes  :thumleft:
Rather live one day like a lion than 100 days like a sheep
 

Offline Rooi Wolf

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Northern Cape
  • Posts: 378
  • Thanked: 8 times
  • Op die Hantam hoogtes..
Re: Weskus Sand
« Reply #39 on: January 24, 2016, 06:57:27 pm »
Rooiwolf wat dink jy van die MC23 tire op die 690?

Die MC23 is moer lekker. Ek dink dit is juis op jou aanbeveling wat ek een opgesit het.  :thumleft:

Die ou het ernstige grip op los grys paadjies en klipperige terrein. Op die sand self was hy ook indrukwekkend.

Ek wens net ek kon hom so ry soos die Amageza manne: nuwe Tyre elke dag..! >:D