Weskus Sand

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooi Wolf

Pack Dog
Joined
May 23, 2013
Messages
485
Reaction score
69
Location
Nieuwoudtville
Bike
KTM 690 Enduro
Ja nee, mens moet maar oppas waarvoor jy wens, dit kom dalk net jou kant toe.

Vir lank het ons probeer om die trip te maak gebeur, maar die lewe gaan sy gang en die trip het ons almal vir lank ontwyk. Totdat 2016 sy kop uitgesteek het en die besluit geneem is dat dit eenvoudig net moet gebeur. Gouer eerder as later..

Makkers is gewerf, locals is geraadpleeg en 'n tyd is vasgemaak. Nuwe knoblies is opgesit en clutches en vurke is gediens in voorbereiding op die sand.

Die plan was om in Nieuwoudtville bymekaar te kom en 'n sirkel roete te doen, anti kloks gewys, Kamieskroon, Hondeklipbaai, kus langs Suid tot by Koekenaap en dan terug tot in Nieuwoudtville. So rondom 800km round trip. Hit and run styl, pak net nodige tools, slaapsak en genoeg water.

p5bGsaE5j


Lohan, Willem en Wikus het hule fietse op die sleepwa gelaai in die Kaap, en opgesleep tot hier.

p77eCwkCj


Toe hulle die aand hier aankom was die opwinding hoog. Ons het kaarte bestudeer, bier gedrink en bikes gepak tot laat. More oggend soos die sonnetjie sy kop uitsteek, val ons in die pad.

hlB4KFBlj

 
Top