690 Harder Egine Na Diens.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Regis Laconi

Race Dog
Joined
Jun 9, 2015
Messages
547
Reaction score
0
Location
Paarl
Bike
KTM 990 Adventure
Goeie dag manne.

Ek het in die week my 690 n goeie diens gegee.  Olie, Filters, Screens ens.  Ek het na die diens n draai met die bike gan ry en ek weet nie of ek myself verbeel nie, maar dit klink vir my of die valves harder is.  Die motor het so n halwe rasper gelyd aan hom.

Al wat ek anders gedoen het op die diens, was dat ek n anders olie gebruik het.  Ek bly baie ver van KTM af en ek sukkel om Motorex of Motul aan die hande te kry.  N engineering maatskappy naby my verkoop Elf motorfiets produkte.  Ek het my huiswerk gedoen en dis n bitter goeie olie.

Ek het Elf Moto 4 Race 10W 60 gebruik wat volgens hulle website die regte olie is vir die 690.

Miskien verbeel ek my of kan dit die olie wees.

Enige raad of hulp sal baie wardeer word...Lekker naweek vir almal.
 
Top