Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.  (Read 20405 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Man from Nam

7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« on: January 25, 2016, 08:51:23 am »
Inleiding:
Ek en vroulief het 'n klein dorpie toer deur SA gedoen saam met vriende in 2013. Alhoewel dit baie lekker was het ons nie genoeg tyd gehad om alles te doen wat ons wou nie en ons het toe al besluit ons sal weer so iets doen , maar hierdie keer sal ons 'n kleiner groep wees en korter afstande ry sodat ons meer tyd het om die dorpies te verken. Aangesien ons verlof die vorige Desember kort geknip was deur skielike siekte en afsterwe van skoonpa het ons besluit om weer saam met ons beste vriende, WIllem en Suzette hierdie Desember iets te doen. Een aand oor 'n braai is planne gemaak en begin so klein dorpie toer weer gedaante kry. Ons en hulle het baie vriende en familie in SA, maar ons het vooraf besluit ons gaan nie by vriende en familie bly nie, ons gaan meer braai en minder uit eet.
Willem en Suzette het vir hulle 'n nuwe vakansie huis laat bou in Swakop en die huis is in begin Desember klaar. Die tiende Desember is vakansie dag in Namibia en ons aanvanklike beplanning was om dan te ry. Omdat hulle graag in hulle nuwe huis wil bly voor ons ry neem hulle paar dae voor die tiende reeds verlof om darem net te voel hoe hulle nuwe huis bly. Dit gee my ook tyd om meer voer en lek plaas toe te ry in die tydjie voor ons ry.
Ons vertrek Saterdag die 12de vroeg die oggend en het vooraf besluit om nie verder as 500km per dag te doen nie, so vandag is net tot op Keetmanshoop. Ons het plek in 'n La Rochelle, self sorg gastehuis geboek. Ons vertrek net na sesuur die oggend, dit is gelukkig nie te warm nie. Ons stop gou by die Steenbokskeerkring buite Rehoboth vir foto. Daarna weer in Mariental vir koffie en ontbyt voor ons die lang reguit en vervelige stuk pad Keetmanshoop toe aanpak.
Ons is relatief vroeg in Keetmans, boek in by die gastehuis en gaan koop vleis en iets om te drink en ontspan die res van die middag by die gastehuis se swembad. Die aand braai ons heerlik, suide skaap tjops en slaai is op die menu. Die gastehuis se twee honde kuier heeldag saam met ons en verskaf heelwat vermaak.
1.Voorlopige roete plan.
2 & 3.Gereed en opgewonde om te vertrek.
4&5.Almal stop hier so ons doen dit toe ook maar. (al honderde kere by die skeerkring verby op verskeie plekke in Namibia)
6.Stop langs die pad om bene te rek.
7&8. Gastehuis honde, die Jack Russel het selfs saam geswem



Life is great LIVE IT!!
 

Offline Jakkals

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,342
  • Thanked: 8 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #1 on: January 25, 2016, 09:00:32 am »
Right, ek is reg geskuif en gemaklik in my kantoor stoel,  gooi ek is reg om saam te ry.  :thumleft:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #2 on: January 25, 2016, 09:05:36 am »
Dag 1 vervolg:
Nog foto's van ons lui lekker braai in Keetmanshoop.
1.Lekker om die vakansie so te begin, ons gaan nou braai!
2&3.Ons uitsig oor die vlaktes van die suide vanaf die gastehuis se braaiplek
4.Keetmanshoop se ou klipkerk.
5.Lekker suide skaap tjops
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Dawid S

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 401
  • Thanked: 30 times
  • A Quad
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #3 on: January 25, 2016, 09:29:04 am »
sub
 

Offline Winston

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 976
  • Thanked: 4 times
  • Empangeni
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #4 on: January 25, 2016, 09:43:32 am »
Subskraaibe
 

Offline Johnnie Bok

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,061
  • Thanked: 12 times
  • Caledonner
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #5 on: January 25, 2016, 09:48:42 am »
Lekker!
Hard work always beats talent, unless talent works.
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 3,011
  • Thanked: 131 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #6 on: January 25, 2016, 09:51:43 am »
nee man, daai S10 het veels te min kilos op   :peepwall:


ry ry ry! ek ry saam  :ricky:
->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline corne.l

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #7 on: January 25, 2016, 09:52:37 am »
Lekker!
in vino veritas, in cervesio felicitas

Yamaha XT1200Z (2010) - SOLD
Yamaha XT660Z (2009) - SOLD
BMW F650GS Dakar (2004) - SOLD
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #8 on: January 25, 2016, 09:56:34 am »
Right, ek is reg geskuif en gemaklik in my kantoor stoel,  gooi ek is reg om saam te ry.  :thumleft:

Wag ook al lank en in spanning vir die ene.   :sip: 

Alle oŽ is op julle.   :thumleft:  :thumleft:

 
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #9 on: January 25, 2016, 11:18:12 am »
Dag Twee:
Ons vertrek vroeg die oggend en eet sommer ontbyt by die Wimpy net buite Keetmans toe ons petrol volmaak. Ons wil nie baie tyd mors nie , want ons weet hoe warm kan dit raak deur die suide. Ons stop een keer langs die pad vir foto's en 'n water sessie en weer by Grunau om die fietse se dors ook te les. Daarna is dit volspoed en volstoom Noordoewer toe. Dit was redelik warm by die grens en die grens prosedure gaan gelukkig gou. Ons het by Frontier River Lodge op die Richtersveld pad geboek, DIt is net so paar kilometer op die grond pad buite Vioolsdrif. Daar gekom is ons natuurlik te vroeg, daar is niemand by die lodge nie. Ons kry ook nie die mense op die selfoon in die hande nie. Dit is 'n luukse tent kamp en daar is gelukkig so gesamentlike kombuis braai area, waar ons toe maar uitspan totdat die eienaar daar opdaag. Die tente het elk sy eie badkamer en self lugverkoeling. Daar is ook lekker swembad, maar daar is drie kwaai honde wat die plek oppas en ons is maar versigtig. Later die dag het ons en die honde groot maats geword.
Vioolsdrif het nie eintlik 'n winkel nie, net so klein cuca winkeljie, so ons hoop toe maar dat die lodge wel etes ook bedien. Die eienaar het gelukkig toe darem so klein winkeltjie wat vleis en sekere drank verkoop. Ons kry toe gelukkig club steaks en pork bellies om te braai en vir die vrouens 'n bottel wyn en paar ciders. Ek en Willem het altyd 'n bottel whiskey in ons tooltubes.
Ons spandeer weer die middag langs die swembad en braai vroeg die aand. Die middag was baie warm, maar gelukkig raak dit koeler die aand.
1&2. Stop tussen Keetmans en Grunau
3,4&5. Oppad Frontier River Lodge toe
6&7. DIe lang wag vir die eienaar om op te daag
8. Akkomodasie


Life is great LIVE IT!!
 

Offline DirtRebell

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,363
  • Thanked: 101 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #10 on: January 25, 2016, 11:29:30 am »
Ek ry lekker saam.
Pragtige fotos.
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #11 on: January 25, 2016, 11:36:44 am »
Dag twee vervolg:
Soos ek genome het raak ons en die lodge honde goeie vriende en weereens kom braai hulle saam die aand. Hier volg nog so paar foto's.
1. Na ons vrede gemaak het kuier die honde heeldag by ons
2. 'n Interresante klip kruis op die grondpad naby die lodge
3. Swembad
4. Lodge
5. Lusern land langs die rivier
6,7&8 Lekker man lekker!!
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #12 on: January 25, 2016, 12:52:47 pm »
Dag Drie:
Vandag het ons die vervelige N7 tot by Clanwilliam en dan die kort stukkie tot in Lambertsbaai waar ons verblyf vannaand is.
Ons ry redelik gou tot in Springbok waar ons ontbyt eet. Net buite Springbok word ek gestop vir 'n spoed oortreding, ekweet nie wat dit is met die plek nie, maar ek word elke keer gevang as ek daar deur gaan. Toe my kinders nog studeer het is ek amper elke keer of net buite Springbok of binne in die dorp gevang. DIt is gelukkig later se problem en ek gaan nie dat dit my vakansie bederf nie. Deur die kners vlakte is dit lekker koel en die fiets dui 17 grade aan. Die vrouens kla hulle kry self koud en dit in Desember in Namakwaland waar dit gewoonlik vrek warm is. Ons is weer vroeg in Lambertsbaai en boek in by die White Sands gastehuis. In lambersbaai moet ons  seekos eet en die logiese keuse is natuurlik Muisbos skerm, maar omdat dit 'n heel dag affere is besluit ons om liewer 'n ander plek te soek. Die dame by die gastehuis verwys na na Isabella's by die hawe, ons gaan drink sommer iets daar en bespreek vir die aand. Die middag verken ons bietjie die dorp en omgewing.
1.Oppad terug Vioolsdrif toe
2.Oppad Springbok toe
3. Stop langs pad in knersvlakte
4.Olifantsrivier oppad na Clanwilliam
5.Clanwilliam dam
6.Lambertsbaai
7. White Sands gastehuis
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #13 on: January 25, 2016, 01:05:04 pm »
Dag Drie vervolg:
Nog 'n paar foto's van Lambertsbaai en ons kuiertjie daar.
1. Hierdie seemeeu is nog te jonk om te vlieg en stap ewe kordaat die dorp vol
2&3. Die plek is so mooi en skoon
4&5.Hier kan dit net lekker raak
6. Ons kry ons jaarlikse see kos kwota in

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Oupa Foe-rie

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,847
  • Thanked: 5 times
  • Oom Foe-rie was hacked by a Mod.
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #14 on: January 25, 2016, 01:15:49 pm »
Lekker ............... daai seekos bord maak my nou honger ......... :drif:
Yamaha XT1200Z ........... Take your soul everywhere and back
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,041
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #15 on: January 25, 2016, 01:27:57 pm »
Ai ai hoe lekker tog.  Dankie vir die deel...ek kuier nou saam.   :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #16 on: January 25, 2016, 03:47:32 pm »
Dag Vier:
Ons het vandag net 'n kort afstand tot in Veldrif so die vrouens kan lekker laat slaap, hulle kla lankal oor die elke dag se vroeg opstaan. Ons het twee dae in Veldrif bespreek omdat dit lekker sentraal is om al die klein weskus dorpies in die omgewing te besoek. Ek is absoluut mal oor die weskus se mense en die mooi klein dorpies daar. Oorlede Jan Spies het daardie tyd al gese die kultuur van Suid Afrika begin net so suid van Rehoboth en hou op net so noord van Kaapstad. ;D
Een van die plekkies wat ek al baie net verby gery het is Elandsbaai en vandag gaan ons bietjie tyd daar spandeer. Ek stop net buite Verlorenvlei om foto's te neem, Willem hulle was bietjie agter ons en na ons klaar is km hulle nie aan nie. Ek besluit om om te draai en te gaan kyk wat aangaan. Net toe ons omdraai kom hulle aan, 'n by het blykbaar in sy mou in gevlieg en hom bo teen sy arm gesteek. Blykbaar was dit maar 'n gedoente om die fiets te stop en vining genoeg uit die baadjie te kom.
Elandsbaai is so mooi en rustig en ons spandeer seker 'n uur daar, maar ons het baie tyd.
1&2. Verlorenvlei
3&4 Elandsbaai
5&6 Nog Elandsbaai
7&8 Nog Elandsbaai

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Lem

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #17 on: January 25, 2016, 03:52:38 pm »
Daai bord seekos by Lambertsbaai  :drif:

Gooi nog! Ek lees te lekker en ry lekker saam  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #18 on: January 25, 2016, 04:26:37 pm »
Dag Vier vervolg...
Ons stop vining in Dwarskersbos, maar die plek is so besig met al die vakansiegangers daar dat ons maar verder ry Veldrif toe. Ons het by Kuifkopvisvanger Selfsorg in Veldrif bespreek, toe ek die besprekings gemaak het het ek die adres op Google Maps gesoek, hulle dui die plek aan in Voortrekker straat naby die Berg rivier. Hulle website het ook mooi foto's van groen grasperke wat op die oewer van die rivier is. Toe ek die sms met aanwysings van LekkeSlaap ontvang dui hulle aan dat die plek vier km buite Veldrif op 'n plaas is. Ons kyk weer op Google maps en dit wys definitief dat dit in die dorp is. Dink toe maar miskien het hulle meer as een plek, ons sal maar sien as ons daar kom. Daar gekom stop ons eers by die hotel vir ietsie nat vir die keel. Daar kry ons 'n man en vrou met 'n Harley, die vrou begin sommer dadelik met ons gesels en ons lei af dat sy by die hotel werk want sy se hulle het nou net hier gestop van Kaapstad af en sy is so van die fiets in die voorskoot. Ons vra na die Kuifkopvisvanger plek en sy se hulle is definitief nie in die dorp nie. Ons ry toe maar uit na die plaas op die Hopefield pad en kry die afdraai na die plaas. Die pad is baie sinkplaat in die begin en toe word dit redelik sanderig, Willem slaan amper neer, maar maak dit gelukkig. Ons slf sukkel ons boeglam om deur die sand te kom sonder om te val met die swaar fiets en pillion.
So met die inkom by die postal kry ons al klaar so slegte gevoel oor die plek, die ingang is ou vervalle geboue en die hele plek le vol ou plaas implement en skroot. Ek vra die dame oor die aanduiding op Google Maps in die dorp en sy se dit is iemand wat hulle 'n streep wou trek wat dit daar op gesit het en nou kry hulle dit nie af nie. Haar man vat ons na die chalets toe, nog so 800m van die huis af, verby 'n baie deurmekaar kamp plek en verby sy werkers se hutte. Daar gekom is die plekkie ver van die rivier af, inteendeel mens kan nie eers die rivier daarvandaan sien nie. Daar is nie 'n groen grassie of boom in sig nie en die plek lyk maar af geleef. Ons besuit daar en dan ons gaan die bagasie daar los en terug ry en kyk of ons nie ander akkomodasie kan kry nie. Hierdie plek sal nie werk vir die volgende twee dae nie. Ons moes 70% deposito betaal by bespreking, maar ek sal dit later met LekkaSlaap uit sorteer.
Lang storie in Veldrif kry ons die mooiste chalet by die hotel op die oewer van die rivier teen baie beter tarief as wat ons reeds betaal het. Ons los die vrouens daar en gaan haal die bagasie, daar kan ons nie bly nie.
1.Dwarskersbos
2&3. Kuifkopvisvanger en uitsig na die rivier :eek7:
4&5 Riviera Hotel
6 Brug oor die Berg rivier

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,305
  • Thanked: 134 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #19 on: January 25, 2016, 04:33:34 pm »
Lekker RR en op mooi bikes ook!

 8)
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.