Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.  (Read 20425 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #100 on: February 04, 2016, 01:16:49 pm »
Hi NewB
My vriend het 'n skaapvel op sy sitplek wat hy by Dischem gekoop het. Ek het Airhawk kussings op wat mens met jou mond opblaas. DIt het 'n klomp lug pockets wat mens opblaas totdat dit gemaklik voel. Wat lekker is van die Airhawk is die feit dat as mens skuif, verplaas dit die lug in die lug pockets ook so mens sit altyd redelik gemaklik.
Ek is nie seker wie dit verkoop in SA nie, maar is seker Chris by Flying Brick sal jou kan help. PM hom hy is Flying Brick hier op die forum. Hy is ook gelys op die vendor thread.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #101 on: February 04, 2016, 01:51:04 pm »
Dag agtien:
Na 'n baie warm nag word ons die oggend vroeg vry gelaat. As ek nou al ooit in my lewe oorweeg het om nie daardie spoed kaartjie wat ek in Springbok gekry het te betaal nie, sal ek dit liewer doen, want as dit so is om vrywillig op gesluit te word wil ek nie weet hoe dit voel om verpligtend toe gesluit te word nie. :imaposer:
Dit reen liggies toe ons die hoof bewaarder en sy vrou groet en ons vat die pad Trompsburg toe. Omdat ons die vorig dag so verkeerd gery het besuit ons om oor Trompsburg Jagersfontein toe te ry. Daar is blykbaar 'n gat net so groot soos Kimberley s'n. Daarna oor Fauresmith en Koffiefontein, Luckhoff toe, waar ons reeds gister was. In Jagersfontein soek ons die groot gat , maar dit is toe gemaak odat die gebied skynbaar onveilig is. Ons wou ook sommer daar ontbyt eet, maar Jagersfontein is seker een van die vuilste en mees vervalle dorpies in SA. Elke tweede winkel is 'n drank winkel, dit lyk my dit is die enigste besighede wat hier geld maak. DIe geboue is so verwaardeloos en vuil dat ons besluit om maar aan te hou tot in Fauresmith. Ek kan nie nie glo die twee dorpies is so na aan mekaar en die een is so vervalle en vuil terwyl Fauresmith so mooi skoon en versorg is nie. Ons stop by die lokomotief in die middel van die dorp, die treinspoor loop reg in die middel van die hoofstraat deur. Reg oorkant die lokomotief is 'n klein tuis nywerheid waar ons ontbyt eet. DIt was die lekkerste ontbyt op die hele trip en ek dink ook die goedkoopste. Steeds val die reen saggies wat dit lekker koel maak om te ry.
Ons wou by Van Der Kloof dam ook stop, maar teen die tyd reen dit bietjie harder en ons hou maar aan tot in Orania. Ons het bespreek by Aan De Oewer en weet glad nie wat om te verwag nie. Ek het altygd gedink Orania is hierdie klomp fanatiese Afrikaners wat weier om vernadering te aanvaar, maar wil myself vergewis met hoe dit daar lyk.
Toe ons so indraai Orania toe kan ek nie glo hoe mooi skoon dit is nie. Ons ry onder tot by die Aan De Oewer vakansie oord en hier is ons aangenaam verras oor hoe mooi dit daar is. Die mense is so gaaf en die hele omgewing is so mooi en skoon. Die chalets is pragtig en skoon en die tuine is so mooi versorg. Ons het vir drie dae hier bespreek en sien uit na die ruskansie voor ons die langpad huis toe aanpak.
1. Ons is by om hierdie deur agter ons toe te trek die oggend toe ons vry gelaat is
2.Fauresmith
3. Toe ons in Orania stop is ons bikes ordentik vuil van die afgelope paar dae se stof en modder
4.Ons huisie
5.Ons gaan nou ontspan en lekker kuier
6.Vark ribbetjie en skaapjops is vannaand op die menu
7.Einde van 'n lekker dag
8.Ons huisie
9.Aan De Oewer Kampeer plekke
10 Aan de Oewer
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #102 on: February 04, 2016, 02:59:39 pm »
Dag negentien en twintig:
Ons spandeer die volgende twee dae om Orania te verken, ons fietse en klere weer skoon te kry en natuurlik lekker te rus voor ons die lang warm gedeeltes aandurf terug huis toe.
Soos ek vrooer genoem het was ek aangenaam verras deur wat hierdie mense vermag het in die afgelope 25 jaar. Na ons deur van die droogse en mees verwaardelose dorpies gery het is hierdie eenvoudig 'n paradys. Hier is groen landerye met lusern en mielies. Daar is plantasies met pecan neut bome en ander landbou wat alles so netjies versorg word. Die dorp self word so mooi onderhou en is so skoon. Alhoewel die meeste mense wat in die dorp bly meestal maar die werkers klas is en redelik arm is, is almal so trots op hulle dorpie. Daar word groen energie op groot skaal benut, oral is verskillende asblikke vir papier, glas, metaal ens. Daar is net een word vir die plek en dit is Afrikaner trots. Hulle het self hul eie geld stelsel, die Ora wat geleikstaande is aan die Rand. Blykbaar help dit baie om kriminele te bekamp aangesien die Ora geen waarde buite Orania het nie dus help dit nie om geld in Orania te steel nie. Die mense is baie kreatief en hulle wys ons huise wat van grasbale gebou is en dan net met sement oor gepleister is, Daar is huise van skeeps houers en ander afval materiaal.
Ons het ou jaars aand gebraai en sien baie ense stap af na die restaurant, ons gaan kyk later en hoor dit is die oujaars dans. Die mense vat piekniek mandjies en braai dromme en almal kuier saam op die groen grasperke voor die restaurant. Middernag word vuurwerke af geskiet oor die rivier. Ons gaan kyk hoe lyk dit daar die volgende oggend nadat daar honderde mense die vorige aand daar gekuier het. Daar le nie 'n papiertjie of 'n bottel rond nie, die plek is skoon. As ek moet dink hoe die stande gelyk net na die nuwejaars partyjies dan laat dit mens wonder.
Buite die kantoor op die stoep is 'n vrieskas met ys, daar is bondels hout, spanspekke en waatlemoene en die pryse is teen die muur op geplak. Daar staan 'n plastiek bakkie met deksel en mens kan vat wat jy wil en net die geld in die bakkie plaas, waar kry mens nog sulke eerlikheid vandag. Hier word eenvoudig nie gesteel nie, dis hemels.
Hier is so paar foto's
1.Restaurant
2.Aan die oewer
3.Die Hotel
4&5.Van die huise by die vakansie oord
6&7 Huise van skeeps houers
8.'n Huis uit grasbale gebou en net gepleister
9.Bekende borsbeelde vna vorige politieke leiers wat die Orania beweging gered het en nou pronk op die koppie in die dorp
10.Die bekende koeksister monument
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,042
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #103 on: February 04, 2016, 03:17:55 pm »
Kyk ek en vroulief het ook nou die ander dag daar oorgebly.
Niks word in jou keel afgedwing nie. Geen AWB tipe vlae wat wapper nie. Geen boekies of aansoek vorms word uitgedeel nie.
Net lekker mense van ons dam se eende.
Sal weer daar gaan oorslaap.  :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #104 on: February 04, 2016, 03:43:08 pm »
Dit is so waar Woody1. Ek was regtig bekommerd en het gedink ons sal maar ry as dit nie is wat ons gedink het nie. Dit is soos jy se niks word af gedwing nie. Dit is net mense wat trots is oor wat hulle self behaal het en soos die ou wat ons die toer deur die dorp gegee het, gese het, Ons pla niemand nie, ons doen net ons eie ding volgens ons oortuigings en waardes. Ek sal ook weer daarna toe gaan as ek daar in die omgewing is.
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #105 on: February 04, 2016, 04:01:00 pm »
Ons besoek ook die Verwoerd museum en ander besiens waardighede in die dorp. Oujaars aand braai ons heerlik, na die braai gaan ons biejie af na die partyjie by die restaurant. Wag daarna die nuwe jaar in. Die volgende dag vat ons dit baie rustig. Ons gaan eet die aand in die restaurant omdat ons die volgende oggend vroeg wil ry.
Hier is nog 'n paar foto's
1. Verwoerd museum
2. Selfs die klere waarhin hy vermoor is, is in die museum
3. Hierdie is ons lkaaste braai vir 2015.
4. T Been en sosaties is op die spyskaart
5&6. Almal pose hier vir 'n foto so ons doen dieselfde
7. By die restaurant staan ons bikes se ouer boetie
8.Goeie vriende (die kelner het die foto geneem en dit is maar redelik uit focus)
9&10.Ons kos

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #106 on: February 05, 2016, 08:08:38 am »
Dag een en twintig:
Ons vertrek die oggend vroeg uit Orania om die ergste hitte te probeer vermy. Ons slaap die aand in Upington by familie van Willem. Ons het van die begin af besluit ons gaan nie by familie en vriende oorbly nie, maar hulle het ons omtrend gedreig as ons nie daar oorslaap nie. Ons ry oor Hopetown reguit Prieska toe. Daar stop ons gou by die slaghuis vir bietjie biltong, ons is nou a uit gehonger vir biltong. DIe slaghuis in Prieska is ook familie s'n en dit geen ons sommer die geleentheid om vining te groet. Daarna is on oor Groblershoop reguit Upington toe. Dit is verwoedeik warm en ons is maar bly om by die mense oor te bly . want daar is sentrale lugverkoeling. Ons kuier heerlik en braai die aand weer reuse T Bones.
1.Ons koop gou biltong by Ben by Prieska slaghuis
2.Groet sommer gou die familie
3.Braai meester
4.En toe word daar Jagerbombs bedien
5.En natuurlik die effek van die Jagermeisters
6.Heerlike T bones
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #107 on: February 05, 2016, 09:07:12 am »
Dag twee en twintig:
Ons vetrek die oggend net na vyfuur weereens om die hitte te probeer vermy. DIe plan is om in Keetmanshoop te slaap en dan die laaste skof huis toe aan te durf. Toe ons wegtrek net na vyfuur is dit alreeds 28 grade so ons sien hierdie gaan 'n baie warm dag raak. Ons is nou haastig huis toe en ry natuurlik nie onder die wet nie , maar onder die genade. Ons is gou deur die grens en dors sommer die fietse se dors op Ariamsvlei, want teen hierdie spoed is die fietse redelik dors. Toe is ons weereens haastig tot in Grunau  waar ons weer moet volmaak. Nekbreek spoed Keetmanshoop toe, waar ons sommer gou iets lig eet. DIt is nog so vroeg en ons besluit om deur te ry tot in Mariental en sien hoe voel ons as ons daar kom. Ons stop een keer tussen Keetmans en Mariental om onsself nat te gooi met al die water wat ons nog by ons het, dit is nou seker 45 grade buite, die hitte maak ons klaar. Toe ons Mariental inry besluit ons om leiwer maar te stop vir die dag, want ons is regtig moeg van die hitte. DIt is nou net na 1 uur, maar ons besluit dit is net veiliger om nou te rus. Ons boek in by die River chalets en na 'n vervrissende stort rus ons lekker in die lugverkoelde kamers.
Die middag laat gaan drink ons iets by die hotel en eet ook sommer daar. Dit is 'n vroee aand ,want more oggend wil ons vroeg ry.
1&2 Ons geniet 'n yskoue bier by die hotel in Mariental
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #108 on: February 05, 2016, 09:20:17 am »
Dag drie en twintig:
ALmal is nou haastig om by die huis te kom, so ons is lank voor die son opkom reeds aan die gang. Ons ry rustig tot die son opkom en toe laat ons die fietse dereun huis toe. Hoe nader ons aan Windhoek kom hoe groener raak dit, Mens kan die effek van die reen tussen Kersfees en nuwejaar sien. More ry ek plaas toe en hoop dit yk daar ook al beter. Ons stop so half agt veilig by die huis. DIe honed is baie opgewonde om ons te sien.
Hierdie was 'n onvergeetlike trip saam met ons beste vriende, dankie Willem en Suzette, julle vriendskap is vir ons baie werd. Dankie ook aan my vroulief en gunsteling reis genoot dat sy saam met my die motorfiets trips doen.
Ons wil alle eer aan ons Hemelse Vader gee dat hy ons die geleendheid en gesondheid gee om die werke van sy hande te kan geniet en dat Hy ons beskerm het en veilig terug gebring het.
1. Vroeg die oggend in Mariental, gereed om die laaste 250Km aan te pak
2.Hoe nader ons aan Windheok kom hoe groener raak dit, veld lelies naby Windhoek
3.Stop veilig by die huis
4. Die brakkies is baie opgewonde om ons te sien
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,042
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #109 on: February 05, 2016, 10:48:56 am »
Dankie dankie.  Het lekker saamgery. :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #110 on: February 05, 2016, 11:14:32 am »
Ter afsluiting:
Ek is die volgende dag plaas toe om te gaan kyk dat alles daar nog reg is. Willem hulle is vroeg die volgende oggend Swakop toe, hierdie keer met die motor. Ons het almal nog 'n paar dae verlof oor, so ons is ook die dag daarna see toe om die vakansie op 'n ordentlike manier af te sluit.

Ek moet ook noem dat LekkeSlaap ons reeds vergoed het vir Gariep se bespreking en besig is met 'n ondersoek na Veldrif.

Hier volg 'n paar syfers oor die trippie:
Ons het 7413 Km met die motorfietse gery
Ons totale brandstof verbruik was R4915 per fiets
Ons totale verblyf kostes was R24 154
Ons totale kos en drank rekening (insluitende uiteet) was R18 952
Ons totale kostes was R52 936 of R576 per person per dag

Weereens dankie aan WIllem en Suzette, julle is ware vriende.
Dankie aan Johan en Laurinda wat so ver gery het om die aand in Fouriesburg saam met ons te kuier
Dankie aan Kiewiet en sy vrou vir die akkomodasie in Veldrif na ons slegte ondervinding
Dankie aan Willie in Gariep wat tot ons redding gekom het na ons daar ook 'n akkomodasie bloutjie geloop het
'n Spesiale dankie aan Andyman wat my GoPro opgetel en vir my by vriende gaan aflewer het wat dit vir my terug gebring het.
Dan groot dankie aan my dierbare vroulief
Ons getroue Teneres wat nie 'n beat gemis het nie.
Dan laastens aan ons kinders dat ons julle erfgeld so lekker kan mors.

Alle eer aan ons Here wat ons beskerm het en veilig terug gebring het.


1.Ons braai die aand by ons plekkie op Swakop
2. Swakop, man dit is lekker by die see
3.Vannaand is dit bees riblets en T Bones
4.Lekker om ons eie T Bones te eet vir 'n slag
5&6.Watter lekker manier om die vakansie af te sluit as 'n lekker strand braai

Dankie aan almal wat saam gery het op die forum
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Lem

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #111 on: February 05, 2016, 11:49:11 am »
Ek kry so 'n spesmaas dat julle ook redelik baie hou van T-bone snit steaks  :drif:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #112 on: February 05, 2016, 12:07:38 pm »
Ek is 'n naweek bees boer juis om steaks te kan eet. Ons moet ons industrie ondersteun.
Jy mos gesien ons is so opgewonde dat die bus in Matjiesfontein BEEFEATER op het, dis nou ons. :thumleft:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Dustbiter

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #113 on: February 05, 2016, 12:20:06 pm »
Tolle tour  :wav: Man from Nam!

Lekker Fotos - hauptsächlich die Steaks  :laughing4:
Bikeless at present
Previously: 1973 Honda SS50 - Port Elizabeth
                  1979 BMW R65 - East London
                   1996 BMW R1100GS - Grahamstown
 

Online windswept

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #114 on: February 05, 2016, 03:32:55 pm »
Thanks for a lekker trip, Man from Nam. :thumleft:
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,305
  • Thanked: 134 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #115 on: February 05, 2016, 04:12:12 pm »
Welgedaan, dankie vir die deel.

 8)
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline chicco

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Other
  • Posts: 5,609
  • Thanked: 281 times
  • Never give up.
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #116 on: February 05, 2016, 04:25:02 pm »
 :biggrin:

thanks for sharing...lyk na n lekker manier om inderdaad die kinders se erfgeld te mors....ek sidder net om te dink wat julle manne se cholestrol is na die trippie.... :patch:
KLR650, KTM 950, KTM 950S, KTM 990, KTM 990S, KTM 990R
 

Offline Dawid S

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 401
  • Thanked: 30 times
  • A Quad
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #117 on: February 05, 2016, 04:29:19 pm »
Nou wat gaan ons nou lees :thumleft:
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #118 on: February 06, 2016, 07:13:27 am »
 :blob1: :blob10: :blob3: :blob5: :blob6: :blob7:   

Dankie vir 'n moerse nice rr.  Dis was lekker om ons land deur julle oe te kon ervaar.   Wat 'n bonus om so mooi en lang trip veilig te kan voltooi.   En dan die cherrie op die koek, daai Nam T bene en see kiekies, nou verlang ek darem maar kwaai.     :deal:

Mooi loop en groete vir Salome en die kinders.      :headbang: :headbang:


ps.  Money well spent.   :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 

Offline DirtRebell

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,363
  • Thanked: 101 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #119 on: February 06, 2016, 12:52:35 pm »
Lekker man.
Wens ons kan meer sulke rr's sien.