Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.  (Read 20430 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Mev Vis Arend

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #20 on: January 26, 2016, 07:24:35 am »
Jis, dis goed om julle weer te sien, al is dit net op 'n foto.   :biggrin:

Ek gaan ook saam ry. 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #21 on: January 26, 2016, 09:17:03 am »
Dag Vier vervolg......
Na ons blyplek gekry en betaal het vir die volgende twee dae gaan verken ons die area. Ons besoek die hawe, Port Owen en gaan besoek sommer ons goeie ou vriende wat al jare in Veldrif bly. Daarna is ons Spar toe om iets te koop om te braai die aand.
Terug by die chalet kom dieselfde man wat ons vroeer met die Harley gesien het en se hy moet darem eers die Suidwesters kom ontmoet. Dit blyk toe hy is die eienaar/bestuurder van die hotel, ons gesels te lekker. Hy wil weet wat doen ons vanaand en toe hy hoor ons gaan braai wil hy dadelik weet of ons hout het, ons het kole gekoop en Kiewiet se nee mens het hout nodig, hy bring vir ons twee sakkies hout en pak vuur aanstekers wat ons ook het, maar hy se ons sal nog baie daarvan gebruik so hou die pak ook. So uur later klop hy weer aan die deur met gebakte stukkies vis, broodjies en 'n bak vol swartmossels in knoffel/room sous wat sy vrou vir ons voor berei het as voor gereg. Gelukkig het ons nog bietjie biltong en rookvleis wat al die pad van die huis saam gekom het en kon ons darem vir hom ook iets gee. Hy voel so sleg oor die slegte ondervinding wat ons by die vorige blyplek gehad het dat hy se ons kan een aand gratis bly. Gelukkig het ons reeds betaal en dit is mos darem  nie sy skuld nie. Na so slegte ondervinding kry mens altyd weer mense soos Kiewiet en sy vroutjie wat wat mens se vertroue in die mensdom herstel, wat 'n plesier was dit nie om hulle te ontmoet nie.
Die volgende dag spandeer ons om al die klein dorpies te besoek. Ons was in Paternoster, Vredenburg, Saldanha, Jacobsbaai, Shelley point. Laaste ry ons deur Darling toe om Evita se Perron te besoek en eet sommer ook daar later die middag. Ons kom laat die middag weer terug in Veldrif.
Weskusklong (Stan) hier op die forum het gevra ek moet hom kontak as ons hier is vir 'n koffie afspraak, maar omdat ons so laat eers terug was skakel ek hom eers die volgende oggend voor ons ry. Ons ry toe darem by hom verby en was baie bly om hom te kon ontmoet. Hy het so passie vir die weskus en omgewing. Omdat ons nie koffie gaan drink het nie gee Stan vir my 'n pakkie van die nuwe koffie filter sakkies wat mens so oor beker se rant hang en dan net kookwater byvoeg vir 'n heerlike koppie filter koffie. Dankie Stan dit het baie handig te pas gekom verder op ons reis. Dit was regtig lekker om jou te te ontmoet.
1.Nou gaan ons braai
2.uitsig van ons chalet se stoep oor die Berg rivier
3. Die voor gereg wat Kiewiet gebring het
4.Ons bly maar steak mense
5 tot 10. Paternoster

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #22 on: January 26, 2016, 09:29:29 am »
Nog fotos van dag vier.....
1.Uitsig van Steve Hofmeyer se restaurant in Jacobsbaai
2.Iets vir JMOL
3.Jacobsbaai
4.Tannie Evita haarself
5.Met stortkop en al
6.Winnie
7.Driebeen kat
8.Regte boerekos
9.Port Owen
10.Veldrif
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #23 on: January 26, 2016, 09:41:58 am »
Die laast paar foto's....
1&2.Veldrif is prentjie mooi
3.Port Owen
4.Gravy Train
5.Tutu
6.Darling stasie
7.Hier het ons lekker gebly en gekuier
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Lem

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #24 on: January 26, 2016, 10:52:09 am »
Oulike huisie waarin julle gaan bly het  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #25 on: January 26, 2016, 12:28:19 pm »
Dankie almal
Ja Mev Visarend dit was jamme ons het julle weer mis gery, nou sal julle maar hier moet kom draai :thumleft:
Dankie Lem, ons het omtrend lekker daar gebly en die mense is regtig ons kerk se mense. As jy ooit in daardie geweste wil oorbly bespreek gerus by die Riviera hotel
Life is great LIVE IT!!
 

Online VaalBaas

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,641
  • Thanked: 230 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #26 on: January 26, 2016, 01:34:57 pm »
Bietjie laat op dag 4 opgeklim, maar ry ook nou saam :thumleft:
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #27 on: January 26, 2016, 01:47:42 pm »
Dag ses:
Vandag is ons bestemming Robertson, ons aanvanklike plan was om van Veldrif oor  Piketberg en Porterville na Ceres te ry. Ek en vroulief het die naweek voor ons vertrek het af gevlieg Kaapstad toe en met 'n huur motor Porterville toe gewees vir 'n troue. Ons het toe by Paarden eiland vir haar bike boots gekoop en ook by Chris en sy span by Flying Brick ingeloer. Suzette het Salome se boots gesien en wou nou ook sulke boots he. Ons besluit toe ons sal dan maar met die weskus pad ry, ontbyt eet by Blue Peter in Blouberg, die bike winkels in Paarden Eiland besoek en dan deur die Hugenote tonnel Worcester  en dan Robertson toe.
Ons besuit om sommer die fietse se dors by die Engen by Langebaan se afdraai te les. Toe ons daar indraai word ons mee gedeel hier is geen brandstof nie, die fietse is redelik leeg en ons ry toe maar stadig deur tot by Yzerfontein. Daar kry ons petrol, maar daar is geen openbare toilette nie. Ons hoor by die sentrum of ons nie hulle toilette mag gebruik nie, maar hulle weier ook, seker oor ons bikers is. Gelukkig kom vra die garage eienaar of alles reg is en toe hy hoor die dames het 'n toilet nodig bied hy aan dat hulle sy toilet mag gebruik.
By Blue Peter is net ons en een ander groepie wat ontbyt eet. Ons sit ons helmets en baadjies op die tafel langs ons neer. Die kelner het groot probleem daarmee en se daar sal ander mense wil kom sit. Ons sal natuurlik nie ons goed op 'n tafel los as daar mense wil sit nie, maar hy het sommer net 'n regte stink houding. Om 'n lang storie kort te maak, hy bedien ons toe soos hy wil, party kry kos, maar nie brood nie, ander kry nie skyfies saam met hulle kos nie ens. Soveel so dat Willem sy moer heeltemal oordraad draai en 'n groot lawaai by die bestuurder opskop. Jammer dat sommige mense mens se goeie gemoed so in die rooi moet druk.
Na ons by TracMac vir Suzette bootse gekry het loer ons weer in by Flying Brick (mal oor Chris se winkel en goeie diens) en koop paar goedjies daar, Daarna is ons met die N1 deur die tonnel Worcester toe. Willem se Tenere het 'n Scorch pyp op en julle moet dit hoor in die tonnel, pure Harley :drif: Ek kry nuwe respek vir iemand wat eke dag daardie mal verkeer met 'n motorfiets moet trotseer. In Worcester stop ons by die nuwe 1 stop net buite die dorp vir iets koud voor ons die laaste ent Roberson toe ry.
Hier volg 'n paar foto's
1. Blouberg
2.Willem hulle is Stadler en kry julle straat in Blouberg
3.Tafelberg
4.Ons wag nog vir ons kos
5. Blue Peter
6.Die Kaap bly maar mooi
7.Oppad tonnel toe
8.Hugenote tonnel
9.Lekker lang draaie na die tonnel

Life is great LIVE IT!!
 

Offline Buffel B

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 964
  • Thanked: 20 times
  • BMW R1200 GSA LC
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #28 on: January 26, 2016, 02:29:38 pm »
Great. Dankie
Volg die Renoster-metode : "Kop-af en beur-vorentoe"
 

Offline weskus

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,390
  • Thanked: 23 times
  • Vrek gewerk!!
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #29 on: January 26, 2016, 03:53:20 pm »
Bliksem julle speel nie, lyk sommer lekker..
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, KTM 1290 Superduke (stukkend geval) tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides,Honda Z50 Monkeybike(projek), Honda ST70 Dax, Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #30 on: January 26, 2016, 04:42:38 pm »
Dag ses vervolg.....
Ons verblyf in Robertson is by Paul Kruger 63 en wat 'n verrassing was dit nie. Die plek is sooo mooi, ons het elkeen 'n chalet bespreek, maar toe ons daar stop se die eienaar die ou huis is oop vir die aand en as ons nioe omgee nie kan ons dit vir dieselfde prys kry. Die huis is in 1890 rond gebou, elke kamer het sy eie badkamer en die plek is so mooi binne en buite. Ons laai bagasie af en ry gou Spar toe om iets te kry om te braai en drink. Hoender en slaai is die aand op die spyskaart, ons kry ook paar botteltjies Jaegermeister en vir die vrouens wyn en Amarula.
Ons braai heerlik die aand, die plek is so rustig en mooi. Die volgende oggend gaan stap ek vroeg deur die dorp et al sy mooi ou geboue en mooi tuine. Dit is so skoon en netjies en al die ou geboue is so mooi gerestoreer. Roberson is dadelik op my lys van gunsteling dorpe in Suid Afrika. Heokom kan alle dorpies nie so mooi wees nie
1&2.Ons blyplek
3.Ingang
4&5.Vanaand op die spyskaart
6.Die Jaegermeister het slegte uitwerking, hulle dink dit is Kleine Keiler :lol8:
7.en mens kry so strak uitdrukking
8.Die kerk is so mooi
9.Munisipale kantore
10. Al die geboue en tuine is so mooi en skoon
Life is great LIVE IT!!
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #31 on: January 26, 2016, 04:58:28 pm »
 Hoender en slaai is die aand op die spyskaart

Jou nou nie eintlik opgesom as n pluimvee ou nie, maar toe ek sien dis n plat hoender verander my opinie!! :drif:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #32 on: January 26, 2016, 05:33:49 pm »
Hoender en slaai is die aand op die spyskaart

Jou nou nie eintlik opgesom as n pluimvee ou nie, maar toe ek sien dis n plat hoender verander my opinie!! :drif:

ja nee by die tyd het jul liggame darem seker al geskree vir slaai by die vleis  :lol8:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #33 on: January 26, 2016, 07:58:19 pm »
 :laughing4: :laughing4:  Ek sien julle het lekker gekuier die aand.   :thumleft:  Maar ai, daai Jagermeisters maak moeiligheid, vernaam as jy nie vroegtydig klop nie.   :eek7:   :biggrin:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #34 on: January 27, 2016, 09:18:26 am »
Ja ek is glad nie 'n pluimvee ou nie ChrisL en ja Len ek sien dit as baie gekonsentreerde popcorn :lol8:
Vis ek het gewonder of dit nie die hoender is wat mens so snaaks laat optree nie  :ricky:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #35 on: January 27, 2016, 11:04:43 am »
Dag sewe:
Na 'n heerlike aand in Roberson word ek die vogende more wakker met die reuk van vars gebakte brood. Reg langs die gastehuis is 'n bakery en daardie reuke is net soos vars gebakte brood kan ruik , hemels. Ons het beplan om in Greyton of Caledon ontbyt te eet oppad Stanford toe. Ons het vannaand bespreek by die Stanford gasteplaas net buite Stanford. Ons ry wat seker een van die mooiste paaie is in SA na Bonnivale. Met mooi bedoel ek nie die pad as sulks nie maar die blomme en bome en ingange na die plase hier wat almal so mooi is. Daana die mooi pad tussen Bonnivale en Stormsvlei wat al so langs die rivier kronkel, ongelooflik mooi. Ons het hierdie pad al paar keer met motor gedoen, maar dit is soveel lekkerder op die fiets.
By Stormsvlei draai on op die N2 na Riviersonderend en daarna Greyton toe, weer een van my gunsteling dorpies in SA. In Greyton ry ons draai deur die dorp en stop by die "give that man a Bells" kroegie. Hulle is nog toe, maar laat ons toe om foto's te neem alhoewel ons nie 'n Bells mag kry nie. Na iets koud by een van die mooi plekkies ry ons reguit met die teerpad Caledon toe.
In Caledon is 'n restaurant reg langs die N2 waar ons al in die verlede baie lekker geeet het, ek dink dit was die Venster restaurant. Ons stop daar want ek weet hulle het afval en regte boerekos bedien en dit is nou boonop al te laat vir ontbyt. Die plek is nog daar, maar toe en mens kan sien die vandale het al die gebou geplunder. Toe is daar maar weer Wimpy toe.
By Stanford aangekom is ons weer aangenaam verras hoe mooi die plek is. Daar is loweryke groen grasperke met die mooiste chalets en die eienaar en sy vrou is die gaafste mense. Hulle het 'n baie mooi restaurant wat skynbaar net maand gelede geopen is en ons besluit om daar te eet die aand. Daar is nie 'n swembad nie, maar die eienaar vertel ons daar is 'n mooi dam bo op die berg waar ons kan gaan swem. DIe uitsig van daar bo is asemrowend mooi, dit is 'n groot dam met skoon water, maar die wind waii verwoedelik bo op die berg so ons los maar die swem. Die middag ontspan ons met bottel wyn, biltong kaas en rookvleis onder die groot bome op die grasperk. Wat 'n idiliese plek! Die chalets is fantasties mooi binne, die omgewing is idilies mooi en die kos in die restaurant was fantasties. As iemand jou vrou wil bederf vir naweek, jy sal nie spyt wees nie.
Hier volg 'n paar foto's:
1.tot 4. Pad tussen Robertson en Bonnivale (kwaliteit was maar swak met GoPro aangesien ons son reg van voor gehad het)
5.Greyton
6&7. Give that man a Bells kroegie
8&9. Hier sit ons maar sonder 'n Bells >:(
10.Stanford Gaste Plaas
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #36 on: January 27, 2016, 11:15:54 am »
Dag sewe vervolg:
Nog 'n paar fotos van Stanford, hier kon ons maklik langer gebly het
1 tot 3: Die kos was fantasties en so mooi bedien. Hule se mos mens eet met jou oe eerste.
4&5: ons blyplek
6&7: Die middag het ons heerlik ontspan onder die bome.
8. Die pad na die dam op die berg
9. Die dam
10. Hierheen sal ek weer kom
Life is great LIVE IT!!
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #37 on: January 27, 2016, 11:25:14 am »
MfNam as julle Namibiers hier by ons kom kuier wat is vir julle die mooiste?

Sal nooit vergeet wat n vriend wat naby Witvlei boer my vertel het oor sy eerste keer Kaap toe.
Hy was 17 jaar oud en toe hulle vanaf Piketberg inkom sÍ hy vir sy pa hy dink die boere sal almal vrek van die honger want kyk hoe naby is die plaashuise aan mekaar die plasies moet baie klein wees!!! :imaposer:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #38 on: January 27, 2016, 12:00:19 pm »
ChrisL, ja nee boerdery in dele van SA is baie anders as hier by ons, maar nou ja die drakrag verskil darem ook drasties. Self hier by ons veskil dit maar erg. Hier waar ek boer in die sentrale gebied en na die ooste (Gobabis distrik) kan mens 'n bestaan maak op 3 tot 6 duisend hektaar terwyl die arme ouens in die suide plase van 15 tot 20 dusend hektaar benodig om dieselfde bestaan te kan maak.
Ons ken SA goed en ek het vir jare elke jaar kaap toe gery toe my kinders nog geswot het en ja die kaap was maar altyd mooi gewees. Een van my vriende wat al die jare in Namibia was het onlangs vir hulle so klein plekkie in Napier gekoop. Hy het altyd gese die kapenaars is baie windgat, maar hulle het rede omdat hulle plek so mooi is.
Ons eie land is net so mooi maar dit is 'n ander mooi. Ons het ook al Namibia kruis en dwars deur getoer met die 4x4's en was by baie van die mooiste plekke denkbaar.
Ons het op hierdie toer weer van die mooiste plekke in SA gesien , maar ook van die mees vervalle en vuil plekke wat ek al in my lewe gesien het.
Ek is mal oor die klein dorpies aan die weskus, weskaap, karoo en vrystaat. Dit is net jammer oor die verval van sommige van die plekkies. Ek hou van die klein dorpie kultuur maak nie saak waar nie.
Julle het steeds 'n mooi land :thumleft:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #39 on: January 27, 2016, 12:11:39 pm »
vir hulle so klein plekkie in Napier gekoop.

Ek let Namibiers op wat selfs hier permanent in my omgewing kom nesskop. Ek vind dit snaaks en wil nog die mense vra hoekom die besluit. Onlangse nuwe intrekers WB en S nommerplate.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za