Dag elf vervolg.......
Ons mors baie tyd op die pas met die stadig ry en die verkeer van voor af is nogal besig. Ons kry baie motors en motorfietse op die pad. Dit voel ons ons is die enigste wat van Knysna na Uniondale ry, almal ry die ander rigting. Ons stop vining by Angies G Spot voor ons die laaste gedeelte aanpak Uniondale toe. Ons kom laterig in Uniondale en sien ons gaan nie betyds in Steyterville kom om nog vleis te kan koop nie.
So met die stop kom ek agter my GoPro is weg, die bracket is gebreek en die toutjie wat ek daaraan gehad het hang nog aan die flikkerlig. Ek het al soveel keer gelees van GoPro's wat verloor en het myne met een van daardie memery sticks se toutjies vas gemaak sodat dit aan die flikkerlig sal hang as die bracket breek. EK kan duidelik sien die bracket het gebreek en dit het seker 'n hele tydjie aan die toutjie gehang totdat die ook uit getrek het. Om alles te kroon se Willem hy is seker hy het gesien daar le iets soos 'n GoPro se bracket in die pad, maar hy het nie gestop nie. Dit is nogal 'n gatslag want daar was heelwat foto's op die GoPro en ek het nogal sentimentele waarde aan die GoPro. My vrou het dit vir my gekoop op ons vorige bike trip in 2013, dit was saam met ons Hong Kong, New York, Haiti, Jamaica en Mexico toe en nou is dit weg

Wel ons koop toe maar vleis en hoop ons sal iets te drinke by die gasteplaas kan koop. Daie vervelige pad tot op Willowmore gaan gou, waar ons gou die fietse volmaak en die sement pad Steyterville toe. Dit is al redeik laat toe ons daar stop en die dame se sy skakel ons al geruime tyd om te hoor of ons nog kom. Sy se ook ons is die enigste gaste en het die hele huis vir onself. Dit is 'n massiewe ou groot huis met baie ou meubels in. Die dame vertel ons ook dat hulle nie op die plaas bly nie, maar in die dorp en dat hulle die vorige dag Gauteng mense daar gehad het wat nie 'n oog toegemaak het nie, hulle het die honde hoor blaf toe dit donker word en was bang omdat hulle alleen op die plaas was. Hulle het blykbaar die hele nag wag gehou en deur skrefies deur die vensters geloer.
Hulle het niks te koop om te drink en sy stel voor ons prober die hotel in die dorp. Willem ry terug dorp toe, maar die hotel wil niks weet nie. Een van die mense hoor hy soek bier en vat hom toe na 'n shebeen waar hy sulke regte groot bottels township biere en ciders koop. Daarna vang ons 'n lekker vervrissende swem voor ons die aand lekker braai.
Ek pos die aand laat 'n boodskap op die forum met die vae hoop dat een van die motor fietse wat ons op die pas gekry het miskien my GoPro op getel het (wat is die kans, maar mens probeer maar) Ek is so gegooi deur die verlies dat ek sommer dit die King Alfred pas noem
1 tot 6. Nog foto's van die Prince Alfred pas , hier heen sal ek terugkom eendag
7.Angies G Spot
8&9. Noorspoort Gasteplaas
10. Ons shebeen biere