Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.  (Read 20431 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #60 on: January 28, 2016, 09:47:04 pm »
Hi Schalk daar is baie mooi plekke in die wereld, maar ek dink ons harte le maar hier in die suidelike deel van afrika, daarom sal dit altyd vir ons die mooiste plek in die wereld wees

Lem ons het dit by die winkel gekoop en gebraai, dit is die weermag dixies wat ons saam gevat het. Die gatehuis in Sutherland het nie 'n braai skooteltjie gehad nie so ons het maar ons dixies gebruik.
Daardie karro lam bly maar net 'n wenner
Life is great LIVE IT!!
 

Online VaalBaas

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,641
  • Thanked: 230 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #61 on: January 28, 2016, 09:55:12 pm »
Voel nou so deel van die trip, voel sover na die lekkerste een wat ek al gehad het.

Julle skryf regtig lekker en saam met die fotos voel dit of ons by was :thumleft:

Bly ons kan julle kinders se geld saam met julle mors :ricky:
« Last Edit: January 28, 2016, 09:56:32 pm by VaalBaas »
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #62 on: January 29, 2016, 09:09:17 am »
Dankie VaalBaas daar is nog baie wat volg
Groete
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #63 on: January 29, 2016, 09:28:01 am »
Dag elf vervolg....
Ons braai heerlik die aand en na die braai skuif ons binne toe. Daar is sulke lang groot swaar hout tafels in die eet kamer wat meer soos 'n saal lyk. Daar kan letterlik 12 mense by 'n tafel sit so ons vier voel maar so bietjie eensaam om die groot tafels. Ons bedien ons braaivleis onder die silwer 'domes' soos regte royalty wat sorg vir heelwat pret. Die hele huis is vol aandenkings van die Craven en Hayward families. Soos ek verstaan was Dok Craven se eks vrou 'n nooi Hayward en na hul skeiding is die plaas na die Haywards toe. Ek gaan stap die volgende oggend bietjie rond op die plaas, daar is interresant plekkies soos "Dok se Hok" wat ek aaneem 'n kuierplek was asook die Italian Room, maar alles is gesluit. Ons pak later en ry so kort afstand terug Steyterville toe om die vlae af te neem voor ons draai vir Jansenville en Graaf Reinet.
Nog paar foto's:
1&2. Cheers !!
3&4 Ons bedien ons braai soos royalty
5&6 Dok se Hok
7.Lyk soos Dok se eks vrou se graf
8.Almal stop hier vir foto's so ons maak toe ook maar so
9.Gepak en gereed om te ry
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #64 on: January 29, 2016, 12:24:57 pm »
Dag twaalf:
Ons vat die grondpad van Steyterville na Jansenville soos aanbeveel deur Visarend. DIt is 'n baie mooi kort stukkie grondpad, regte karoo wereld. Ons stop vining vir foto's by so ou kerkie naby die treinspoor cruising. Van Jansenville is dit so wit teerpad reguit Graaff Reinet toe. Dit was maar baie warm so ons stop glad nie weer nie. In Graaff Reinet dors ons eers die fietse se dors, neem die gebruiklike foto van die indrukwekende kerk en gaan eet daarna iets by so lekker klein koffie winkeltjie. Visarend het ook aanbeveel ons besoek die Vallei van Verlatenheid en wow dit was so mooi. Die uitsig van daar oor die vlaktes en berge is asemrowend mooi. Die lug is so blou en die kleur skakerings met die berge in die agtergrond is ongelooflik. As mens tyd het kan mens die ongelooflikste panorama foto's hier neem. Daarna is ons reguit Nieu Bethesda toe met die grondpad. Ons het bespreek by Nagenoeg gastehuis.
Hier volg 'n 'n klomp foto's van die Vallei van Verlateinheid, ek kon myself nie help nie dit is net die die ongelooflikste kleure, ek wonder heo dit in die goue uur in die oggend en met skemer in die laat middag sal lyk.
1.Ou kerkie oppad Jansenville toe
2. Oppad Jansenville toe
3.Graaff Reinet se statige ou kerk
4 tot 10 Vallei van Verlatenheid
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #65 on: January 29, 2016, 02:53:56 pm »
Dag twaalf vervolg......
In Nieu Bethesda kry ons die sleutels vir ons plekkie, dit is toe weer 'n hele groot huis vir ons self. Die huis het alles in selfs 'n wasmajien wat die vrouens erg opgewonde maak, want ons fiets ry klere is nou al so vuil. Die grond paaie die afgelope paar dae het by gedra dat ons regtig nie meer vars lyk of ruik nie. Dadelik word alles eers gewas, ek en Willem gaan drink solank iets by die restaurant terwyl ons sommer plek bespreek vir die aand. Daar werk dit so, daar is net twee disse op die spyskaat, mens moet kies watter een jy verkies en ook sommer vir hoe laat jy daar gaan wees. Vannaand is dit 'n keuse van hoender potjie of skaap potjie. Ons mans gaan natuurlik vir die skaap en bespreek die hoender vir die vrouens. Toe ons reken hulle behoort nou amper klaar te wees met die wasgoed gaan ons huis toe en ry ons brouery toe. Daar probeer ons een van elke van die biere (daar is net drie soorte). Ons ry ook so draai deur die dorp om vir Willem hulle die plekkie te wys. Dit is so mooi rustige en skoon dorpie en mens voel so ver verwyderd van die alle daagse gehaas na geld. Ek is mal oor die kultuur van die plekkie. Dit is baie droeer as toe ons in 2013 hier was.
1.Na Genoeg Gastehuis
2.Die brouery
3.Die drie veskillende biere wat daar gebrou word
4.'n Ou waterwiel
5.Hier is die Bacon ook baie vars
6&7. Cheers
8. Murg bene
9. Skaap Potjie
10 Hoender Potjie
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #66 on: January 29, 2016, 03:01:26 pm »
Lekker... ek het gisteraand murgbene gehad.... Bargain.. R10.00 'n kilo  :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #67 on: January 29, 2016, 04:01:31 pm »
Daardie skoon cholesterol bly maar net BAIE lekker, dit was die voorgereg voor die potjiekos. Gelukkig is my vrou baie gesondheids bewus so ek kan twee eet.
Ek saag my bees bene in die lengte met die twee knoppe op die einde, dan staan le dit lekker op 'n rooster, dan braai ons dit so op die kole :drif:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #68 on: January 30, 2016, 08:35:35 am »
 :drif:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #69 on: January 31, 2016, 02:42:01 pm »
"Daar probeer ons een van elke van die biere (daar is net drie soorte)."

Keer jy darem nou kwaai vining oor die hoeveelheid.......... :imaposer:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 

Online VaalBaas

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,641
  • Thanked: 230 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #70 on: January 31, 2016, 02:43:30 pm »
"Daar probeer ons een van elke van die biere (daar is net drie soorte)."

Keer jy darem nou kwaai vining oor die hoeveelheid.......... :imaposer:

Hy sÍ nie dat hulle moes triple seker maak watter een die beste is nie :imaposer:
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Single Cylinder

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 546
  • Thanked: 1 times
  • Kickstart the beast or push the button
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #71 on: January 31, 2016, 03:48:12 pm »
Lekker trippie, mooi fotos, dankie v :ricky:
I am not lazy, I am energy efficient.
Honda CB750 sold
Honda Elsinore 250 stolen
Honda XR500 sold, Kawasaki Ninja 750 sold
TDM 850
 

Offline Tom van Brits

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #72 on: January 31, 2016, 07:20:56 pm »
Lekker man, geniet ek now die RR. Beste een in n wyle;D

Sent from my SM-J110F using Tapatalk
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #73 on: February 01, 2016, 08:32:27 am »
Dankie almal.
Die biere by die brouery in Nieu Bethesda is niks besonders nie, daar is goed soos heuning bier wat regtig nie baie lekker is nie  :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Jakkals

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,343
  • Thanked: 8 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #74 on: February 01, 2016, 08:35:26 am »
Dankie almal.
Die biere by die brouery in Nieu Bethesda is niks besonders nie, daar is goed soos heuning bier wat regtig nie baie lekker is nie  :)

Bly om te sien dat ek nie die enigste is wat ook so dink nie.
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #75 on: February 01, 2016, 09:49:40 am »
Dag dertien:
Dit is vandag ou kersdag en ons het vir die volgende drie dae by Gariep Dam bespreek. Ons vertek vroeg die oggend om die ergste hitte te probeer mis. Ons ry met die vervelige N9 reguit Middelburg toe. Die plan was om daar ontbyt te eet, maar toe ons die dorp nader verloor on sommer ons hele eetlus. So vuil plek het ek lanklaas in my lewe gesien. dit is net papiere en plastiek sake waar mens kyk. Oral loop mense met kruiwaens vol kaste drank en dit lyk of Kersfees vir hulle vroeg gekom het, want die helfde is reeds ver heen. DIt is darem 'n tragedie dat die plekke so moet verval en dat mense die doel van Kersfees so misbruik as 'n drinkfees. Ons arme volkie is besig om regtig in die gutters te verval, ek voel so jammer vir mense wat in die omstandighede  moet bly. Dit lyk of die enigste sake wat goed doen die drank industrie is.
Hier begin mens ook die omvang van die erge droogte meer intens ervaar, dit is so asof dit drooer word hoe nader ons na die vrystaat kom. Ons ry deur Noupoort en besluit ons sal by Colesberg stop vir ontbyt. Minstens kan ons daar die dorp vermy en sommer by die One Stop petrol ook kry. Voor Colesberg ervaar ons regtig die droogte en daar le werklik dooie diere op die veld. Dit is verwoedelik warm en die tyd van die oggend alreeds. In Colesberg eet ons toe maar by die Wimpy voor ons met die besige N1 reguit Gariep toe is, min wetende wat vir ons voorle.
Ons stop eerste by ons gastehuis waar ons bespreek het, Poplar Self Catering, skakel die nommer wat LekkaSlaap vir ons gestuur het, maar die nommer lui net. Die plek is toegesluit en die tuin heeltemal verdorre, maar ons skryf dit maar toe aan die droogte. Dit is nou eers elf uur en ons mag eers twee uur inboek, maar ons het gehoop ons kan vrooer inboek omdat ons nog kos moet koop vir die groot dae. Ons skakel elke halfuur, maar na die derde keer hoor ons die telefoon is afgeskakel. Ons besluit later ons sal seker maar erens moet wag tot twee uur. Ons kry die De Stijl hotel bo op die koppie met 'n baie mooi uitsig op die dam en sit maar daar rond om tyd om te kry. Ons sakel steed elke halfuur, maar die nommer bly af. So half twee besluit ons ons sal maar na die winkel toe ry en solank ons goedtjies koop, hulle vra of ons dit daar kan los, gaan inboek en dan die goed kom haal, want ons fietse is vol en ons het geen pakplek nie. Ons vra uit na die gastehuis eienaar of iemand nie weet waar hy bly nie. Die mense het almal so snaakse glimlag as ons sy naam noem, soveel so dat ek later vra of ons moet bekommerd wees. Hulle vertel ons ook hy bly nie in Gariep nie , maar in Bleomfontein en hulle het hom nie onlangs gesien nie. Wel twee uur het gekom en gegaan en steeds bel ons elke halfuur, dit is bitterlik warm en ons begin nou voel ons is ingeloop. Ons het deur LekkaSlaap bepreek en 100% vooruit betaal vir die drie dae. Ek skakel toe maar vir LekkaSlaap en verduidelik ons kry die man nie in die hande nie en dit is al drie uur, hulle se hulle sla ook probeer en ons terug skakel. Na nog twee oproepe na hulle is dit nie meer snaaks nie en ons gedult is nou min, ons eis hulle moet vir ons alternatiewe akkomodasie soek. Na nog 'n halfuur waarna ek hulle weer moet skakel se hulle hulle kry geen akkomodasie in Gariep nie, maar kan ons help in Springfontein, maar ons sal self moet betaal. Nou kyk teen hierdie tyd kook my bloed letterlik en figuurlik, die winkel maak oor 'n halfuur toe en is die volgende dag toe, dit is ou Kersdag en ons het nie blyplek nie en dit nadat ons bespreek en 100% vooruit betaal het. Ons ry toe maar terug winkel toe om te hoor of hulle nie die kos terug sa vat nie en dan moet ons maar deurry Bethulie of Oviston toe en hoop ons kry blyplek daar, want in Gariep het ons oral gebel en alles is vol.
Terwyl ons nog by die winkel is daar daar man op en se hy het gehoor van ons dilemma en kan ons miskien help. Ons hoor by die winkel hy is die eienaar van die winkel kompleks en besit heelwat eiendomme in Gariep, onder andere 'n lodge ook. Hy stel himself voor as Willie en so op oog af lyk hy nie of hy die helfde van Gariep besit nie. Hy vat ons eers na sy lodge, Fish Eagle Lodge bo op die koppie met 'n fantastiese uitsig oor die dam. Hy se ons kan al die fasiliteite by die lodge gebruik, maar ons moet by een van sy huise in 'n twee slaapkamer woonstel bly, hy kan ons vir twee dae help , maar ons sal die derde dag moet skuif, hy sal sien of hy 'n plen kan maak. Hy gaan haal selfs ons goed wat ons gekoop het en kom lewer dit by die woonstel af. Die woonstel is baie mooi met selfs lugversonging. Die middag na ons by die lodge gaan swem het stap ons terug woonstel toe en sien daar loop water in die pad af, Willie kom se ons toe ook daar het 'n pyp gebars, maar die woonstel het gelukkig 'n watertenk en pomp, maar ons moet assebleif baie spaarsamig met die water werk , want die pyp sal eers oor drie dae reg gamaak kan word.
Ons braai die aand heerlike T-been en dinge lyk sommer weer beter, alhoewel ons steeds nie kan glo dat daar sulke skelm mense op die aarde kan wees nie.
1.Vroeg oggend oppad N9 toe vanaf Nieu Bethesda, hierdie omgewing is prentjie mooi.
2.Wag ons tyd uit by luukse De Stijl Hotel met 'n fantastiese uitsig op die dam.
3.Gariep dam
4.Moedeloos en gatvol gewag en steeds geen antwoord van gastehuis eienaar.
5.Fish Eagle Lodge
6, Ons braai heerlike T Bones en slaai
7. Na seker een van die slegste dae kan ons weer smile
8. Vroeg Kers oggend moet ons die pomp herstel om water te kan he om te stort
9. Mens kan duidelik sien hoe lag die dam vlak is
10. Uitlaat uit die dam


Life is great LIVE IT!!
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #76 on: February 01, 2016, 12:12:15 pm »
Dag dertien vervolg.....
Ons skakel Kersoggend weer die gastehuis, maar steeds is die foon af, lyk my hy het ons sien kom. Ons Kersdag begin nie baie goed nie , want skieik wil die pomp ook nie meer werk nie. Ek en Willem begin die fout soek en vind uit die drukklep laat geen krag deur nie. Ons bedraad die pomp direk op die krag en daar werk dit weer, nou moet ons elke keer die pomp aansit as ons water benodig, maar gelukkig het ons water. Ons gaan ry bietjie rond en neem paar foto's. Ons het die vorige middag by die hotel bespreek vir die kers buffet ete en is twaalf uur daarheen. Die res van die dag vat ons rustig by die woonstel. Later die middag daag die mense vna die dorpsraad op om die gebarste pyp oop te grawe. Ons gesels met die dame in beheer van die dorpsraad en vertel haar van ons slegte ondervinding met die gastehuis. Sy lag en se die eienaar is bekend as een van die grootste skelms in die dorp, almal ken hom. Sy deel ons ook mee dat die water na die gastehuis al geruime tyd afgesny is weens wanbetaling.
Wel gelukkig is daar nog goeie mense soos Willie op die aarde en na so slegte ondervinding is daar altyd iets goed wat met mens gebeur.
Ons besluit om nie nog 'n dag in Gariep te bly nie en stap die middag oor om Willie te betaal en te bedank vir hulle gasvryheid. Daar by sy lodge het hy 'n kampie met so klompie hans lammers. EK vra hom uit na die en hy vertel ons dit is mense wat die lammers langs die pad kry waarvan die ooie gevrek het weens die droogte en dan bring hulle die lammers by die winkel aan. Hy maak hule dan maar met bottel groot. Ons sal more sommer erens langs die pad akkomodasie soek, want ons is eers oor twee dae in Fouriesburg bespreek.
1.Op die damwal
2.Die woonstel wat Willie so goedgunstigluk aan ons gegee het
3&4.Kers ete
5&6 Gelaai en gereed om te vertrek
Life is great LIVE IT!!
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #77 on: February 01, 2016, 12:54:49 pm »
Skaam kry ek nou dat julle twee akkommodasie bloutjies loop in onse land!! :eek7: :-[
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Man from Nam

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #78 on: February 01, 2016, 01:26:14 pm »
Ja ChrisL en juis omdat ons bang was vie so iets het ons waar moontik alles deur LekkeSlaap bespreek en betaal, hulle adverteer dat hulle akkomodasie ge verifieer is. Ek het dit met hulle op geneem toe ons terug was en hulle het ons dadelik terug betaal vir Gariep. Hulle het ook sy gastehuis van hulle webwerf verwyder. Ons wag nog om te hoor oor die akkomodasie by Kuifkopvisvanger in Veldrif.
Maar op 'n positiewe not was daar elke keer iemand soos Kiewiet by die Riviera Hotel in Veldrif en Willie by Fish Eagle Lodge in Gariep wat die dag kom red het.
Ek wonder party keer of mense nie 'n gewete het nie, want die ou in Gariep was blatant net skelm. So iets kan nogal mense se heerlike vakansie bederf.
Gelukkig soos ek se uit elke slegte ondervinding kom daar 'n goeie ondervinding oor mens se pad. :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline sandrot

Re: 7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.
« Reply #79 on: February 01, 2016, 01:30:16 pm »
Geniet ek darm nou hierdie saamry.

Eendag as ek groot is gaan ek ook so gatskuur.

Moet nou eers iets gaan kry om te eet, al die kos fotos maak n man honger
KTM 950 Adventure S