7400Km Deur SA, kyk hoe lekker mors ons die kinders se erfgeld.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Man from Nam

Race Dog
Joined
May 7, 2013
Messages
769
Reaction score
1
Location
Windhoek
Bike
Yamaha Super Tenere
Inleiding:
Ek en vroulief het 'n klein dorpie toer deur SA gedoen saam met vriende in 2013. Alhoewel dit baie lekker was het ons nie genoeg tyd gehad om alles te doen wat ons wou nie en ons het toe al besluit ons sal weer so iets doen , maar hierdie keer sal ons 'n kleiner groep wees en korter afstande ry sodat ons meer tyd het om die dorpies te verken. Aangesien ons verlof die vorige Desember kort geknip was deur skielike siekte en afsterwe van skoonpa het ons besluit om weer saam met ons beste vriende, WIllem en Suzette hierdie Desember iets te doen. Een aand oor 'n braai is planne gemaak en begin so klein dorpie toer weer gedaante kry. Ons en hulle het baie vriende en familie in SA, maar ons het vooraf besluit ons gaan nie by vriende en familie bly nie, ons gaan meer braai en minder uit eet.
Willem en Suzette het vir hulle 'n nuwe vakansie huis laat bou in Swakop en die huis is in begin Desember klaar. Die tiende Desember is vakansie dag in Namibia en ons aanvanklike beplanning was om dan te ry. Omdat hulle graag in hulle nuwe huis wil bly voor ons ry neem hulle paar dae voor die tiende reeds verlof om darem net te voel hoe hulle nuwe huis bly. Dit gee my ook tyd om meer voer en lek plaas toe te ry in die tydjie voor ons ry.
Ons vertrek Saterdag die 12de vroeg die oggend en het vooraf besluit om nie verder as 500km per dag te doen nie, so vandag is net tot op Keetmanshoop. Ons het plek in 'n La Rochelle, self sorg gastehuis geboek. Ons vertrek net na sesuur die oggend, dit is gelukkig nie te warm nie. Ons stop gou by die Steenbokskeerkring buite Rehoboth vir foto. Daarna weer in Mariental vir koffie en ontbyt voor ons die lang reguit en vervelige stuk pad Keetmanshoop toe aanpak.
Ons is relatief vroeg in Keetmans, boek in by die gastehuis en gaan koop vleis en iets om te drink en ontspan die res van die middag by die gastehuis se swembad. Die aand braai ons heerlik, suide skaap tjops en slaai is op die menu. Die gastehuis se twee honde kuier heeldag saam met ons en verskaf heelwat vermaak.
1.Voorlopige roete plan.
2 & 3.Gereed en opgewonde om te vertrek.
4&5.Almal stop hier so ons doen dit toe ook maar. (al honderde kere by die skeerkring verby op verskeie plekke in Namibia)
6.Stop langs die pad om bene te rek.
7&8. Gastehuis honde, die Jack Russel het selfs saam geswem



 

Attachments

  • IMG_1074.jpg
    IMG_1074.jpg
    75.1 KB · Views: 1,181
  • 185.jpg
    185.jpg
    132.8 KB · Views: 1,229
  • 192.jpg
    192.jpg
    141.9 KB · Views: 1,175
  • 20151212_071352.jpg
    20151212_071352.jpg
    79.5 KB · Views: 1,170
  • 20151212_110115.jpg
    20151212_110115.jpg
    115.3 KB · Views: 1,140
  • IMG_1087.jpg
    IMG_1087.jpg
    104.1 KB · Views: 1,121
  • 20151212_133856.jpg
    20151212_133856.jpg
    71 KB · Views: 1,124
  • IMG_1076.jpg
    IMG_1076.jpg
    85.9 KB · Views: 1,116
  • 20151211_184145.jpg
    20151211_184145.jpg
    100.3 KB · Views: 1,206
Top