Eerste kort solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

husky28

Pack Dog
Joined
Sep 21, 2015
Messages
157
Reaction score
0
Location
Lephalale
Bike
Kawasaki KLR 650
Alles begn by n beplande wegbreek naweek. Die manne wil sommer net gaan rus en bespreek n plekkie. Vrouens kom saam.
Toe ek nou hoor waar dit is begin die planne kom om dalk maar die kar by die huis te los.

So ek reel dat vroulif met n geleentheid ka gaan en ek vat die fiets.

Maar om by die begin te begin. So deur die week sweis (of eerder grind) ek rakke om die sakke van die uitlaat pype af te hou. Dinsdag oggend maak ons n gelud van motorfietse om vir 0012 te begelei uit die dorp uit, en daar is nog net n linker paneel sak houer vas aan die Springkaan. Teen donderdag is albei vas en dit hou darm die 15km werk toe en terug.

Ek loer so na die roete uitleg op google en sien ek kan darm so n bietjie meer grondpad inwerk. So die plan is om die pad te vat van Lephalale na Vaalwater(die ou pad) dan regs te draai na Steenbokpan.

So donderdag pak ek, n spaar binne-band vir agter(al wat ek het) n hele bos gereedskap en n kompressor met n lang pyp,(die een wat ek vir die bakkie gebruik). Dan prop ek n swembroek en so paar ander dingetjies langs dit in. Gereed. Vroulief bring die kos en ander dinge.

[1] - Klaar gepak, geolie en gereed.
[2] - Eerste grondpad, na so 45km van teer.
[3] - Die pad wat voorlê
[4] - Langs die pad
[5] - Bruggie oor n revier
[6] - Brug oor die treinspoort wat kool vervoer tussen Grootgeluk en Thabazimbi.
 

Attachments

  • 1 (1).jpg
    1 (1).jpg
    66.7 KB · Views: 448
  • 1 (2).jpg
    1 (2).jpg
    84.1 KB · Views: 439
  • 1 (3).jpg
    1 (3).jpg
    48.3 KB · Views: 453
  • 1 (4).jpg
    1 (4).jpg
    74.6 KB · Views: 452
  • 1 (5).jpg
    1 (5).jpg
    67.1 KB · Views: 450
  • 1 (6).jpg
    1 (6).jpg
    60.3 KB · Views: 435
Top