Pasop vir hondsdolheid…..(Sonder vergunning van, maar met erkenning aan, Leonard Cohen en Valiant Swart. )
Terwyl ons in Manny's sit en wag vir ons hoofgereg vertel ek vir Lea die storie van die ‘Mientjie. Selfs terwyl ek dit vertel vang ek myself lag want dit bly vir my een van my snaakste ervarings van die reis.
Ashford.Ek sukkel om my eetgoed vir die aand behoorlik vagepak te kry. Die salami en kaas pas maklik in my panniers, maar om ‘n 4.5L plastiekhouer met volroommelk vas te gordel, is nogal ‘n uitdaging. Ek het genoeg “rock straps”, “cable ties” en “duct tape” om selfs ‘n dooie ystervark op die fiets se tenk vas te gordel. (Pootjies in die lug natuurlik!) Maar ek sien al in my geestesoog die gemors as hierdie plastiekhouer se prop in die ry afskiet….
Deur my gevroetel raak ek bewus van iemand wat in die verte aangestap kom. Die helder pienk mini rokkie vang eerste my oog. Kom ons wees meer spesifiek: Die baie kort en helder pink mini rokkie vang die oog. Die iemand met die pink-mini-rokkie loop en sing. Die iemand het hoëhak skoene aan. Die iemand is ‘n vrou.
Sy stap ongemaklik en oneweridig en haar enkels swik elke nou en dan. Ek is nie seker of dit is as gevolg van:
-die ongelyk teerpad;
-of dalk is sy nie gewoond aan “highpolfaais“ nie;
-of dit maar net sy is wat onstabiel is nie;
-of miskien is daar ‘n derdemag ter sprake… Dalk alkohol. Of self ‘n metamfeta
mientjie.
Of dalk “al die bogenoemde”….
‘Mientjie se beweging is oneweredig maar tog ritmies. Haar kop, arms, bene en heupe ossileer almal teen veskillende frekwensies en amplitudes. Ek is seker mens sal haar lyfbeweging as een of ander sinusvormige wiskundige vergelyking kan uitdruk. Wat natuurlik gesuperponeer is op die golwing van die teerpad…
(Ek hoor die melankoliese bêkfluitjie iewers in die agtergrond speel....)
Ek staan gebukkend oor die fiets en vroetel aan my karba met melk. ‘Mientjie kom nader en so vyftien meter van my af hou sy op met sing. ‘n Paar tree later kom haar tik-tak-tik-tak stappie ook tot ‘n einde. Ek loer onderdeur my regterarm na haar. Sy het ‘n swart handsakkie onder haar linkerarm.
“Met’n cute klein sakkie om haar secrets in te hou….
Sy kon skiet, sy kon spin…”
Ek kan sien hoe sy na my kyk. Sy draai haar kop skuins. (Amper soor ‘n neushoringvoël wat die appelstronk bekyk…...) Dit vat haar ‘n tydjie om te fokus. Soos ‘n goedkoop zoom lens wat eers verby die fokuspunt beweeg en dan met die “terugkomslag” vang sy my…. Ek kan sien hoe haar gesigsuidrukking verander soos ek in fokus kom. Sy trek haar kop effens terug en dan weer vorentoe. Dan “lock” sy haar fokus….
“Sy dra te veel eyeshadow
Sy’s ‘n leoparskin tiger,
………,
sy wikkel haar wimpers”
Haar vel is melkwit. (Ou Jas wat saam met my in die koshuis was sou gesê het: “Sy is so wit soos ‘n Wolwedrol”.) Dit is juis haar wit vel wat die wat die tattoeermerke so prominent laat uistaan.
“Sys so commin soos ‘n royal flush….haar chappies is nommerpas,”
Dan praat’Mientjie…
"That’s a mighty nice bike” sê sy vir my. Haar tong sleep effens.
"Thanks….. " mompel ek en hou aan met vroetel terwyl ek haar van onder na bo bestudeer….
Behalwe vir die tatoeermerke op haar enkels kan sien dat sy n paar bloukolle op haar bo-bene het. Haar lyf is "50 shades of blue…" Daar kruip ‘n tatoeermerk teen haar nek op tot onder haar ken. Dit lyk asof die gotiese letters iemand se naam spel.
“Sys ‘n Rock and Roll spider…..
sys die straight and narrow byster….”
Sy beweeg nader aan die fiets…
“What kind of bike is this....?” vra sy.
Ek antwoord nie en sy gaan voort; “It doesn’t look like a Harley….”.
“No it is not a Harley” grinnik ek.
Sy wikkel een van haar skoene los en hou dit in hand. Nou beweeg sy op en af maar as sy stilstaan is sy heelwat meer stabiel. (Die wiskundige beskrywing van haar beweging raak nou nog meer kompleks….)
Sy staan nou amper teenaan my. Sy ruik na sweet. Sy het of ver gestap of lanklaas gebad. Ek vermoed laasgenoemde.
Sy hang haar skoen aan die vingers van haar handsakkie-arm en steek haar hand uit en vryf met haar vingers oor die kenteken van die fiets. Amper asof sy dit in brail wil lees. Ek kyk na haar hande. Eens op ‘n tyd was dit mooi hande. Nou is daar littekens op en die naelpolitoer is afgedop. Dan trek sy haar asem in en sê opgewonde: "Oh, it’s a bee-em- dabbil-yooo”. Daar is n tikkie bewondering in haar stem. Sy kyk in my rigting en met ‘n plooi op haar voorkop vorm vra sy; “But isn't a BMW a car?”
“They also make motorbikes” antwoord ek.
“Wow it is a mighty nice motorbike” herhaal sy.
‘Mientjie beweeg op-en-af, op-en-af op haar een hoëhakskoen om die agterkant van die fiets en gaan staan oorkant my. Sy buk vooroor en streel met haar hand oor die saal. Tussen haar duim en wysvinger is daar ‘n kleurvolle skoenlapper tatoo. Soos sy haar vingers beweeg lyk dit kompleet of die ding lewe kry. Ek volg haar die tatoeer merk van haar nek ek kan amper tot op haar naeltjie sien. Die mini rokkie laat nie baie aan die verbeelding oor nie. Onderklere is ook duidelik nie haar forte nie. (Soos my neef sou se^: Sy glo aan die frase; "it pays to advertise". )
Sy verloor haar balans effens en hik toe sy regop kom. Haar handsakkie steeds onder haar blad en haar een (spyker)skoen swaai aan die vingers…... Haar oë steeds op die fiets. Dan lyk dit of sy ‘n blink plan kry. Sy kyk in my rigting: zoom-in-zoom-uit en kry my dan in fokus. Dan openbaar sy haar blink plan aan my.
"Why don’t you give me a ride?” Sê-vra sy. Haar stem verklap ‘n mate van opgewondenheid maar haar gesigsuitdrukking is sonder emosie.
Sy sê: “ Dit lyk vir my jy kyk vir my. Miskien kan ek en jy in my bakkie gaan ry”
Ek grinnik en antwoord: “No”
Daar is ‘n ongemaklike stilte.
Dan vra sy weer; “Why don’t you give me a ride?”
Sy sê: ”Kom dans met my, vat ‘n kans met my.
Maybe kan jy my vir altyd kry”
Ek prober aan ‘n sinvolle ‘n antwoord dink maar die beste wat ek kan uitkry is; “You do not have a helmet.”
"But I don't NEED a helmet" antwoord sy vinnig. Ek is nie juis verbaas oor haar antwoord nie. Veiligheid is duidelik nie hoog op haar agenda nie.
“There is no space on the bike”. Probeer ek maar en kyk in die rigting van die fiets se saal. Die passasiersitplek word totaal en al deur my bagasiesak opgeneem.
“Sy dra te veel eyeshadow
,....
Sy is n leopardskin tiger.
Sy vra my vir n lighter,
sy wikkel haar wimpers
….”
Sy volg my oë. Vat weer 'n tydjie om op die saal te fokus en antwoord dan non chalant; "I will fit in there, I've got a pretty small ass". Haar skerpsinnige antwoord vang my nogal onkant. Wat eers vir my niksseggende gesprek was verander nou in iets anders. Ek is nog nie seker wat nie maar definitief iets anders......
Sy se^: “Spyt kom altyd te laat in roulette as jy click jy’t vergeet om die barrel te draai”
My verbeelding gaan op hol met my. Ek sien klaar hoe ry ons twee hier in die straat af. Sy wat arms in die lug uitbundig sing-skree, daai pienk rokkie wat wapper in die wind... En dis net hier waar die angs my beetpak. As hierdie ‘Mientjie nou op hierdie fiets klim dink ek by myself, hoe de hel gaan ek haar weer afkry? Nommmer een: ek wil nie eers met 'n tang aan haar vat nie en nommer 2, as ek aan haar vat is ek seker sy gaan 'n helse kabaal opskop! Mense wat dit gaan aanskou gaan dink dat hierdie ‘Mientjie iewers opgetel het en dat ons twee nou stry gekry het oor die "betaling vir haar dienste"
" and just when you mean to tell her that you have no love to give her. Then she gets on her wavelength .... "
Ek is nog nie heeltemal gelukkig met die plasing van die melkkan nie maar my fokus is nou eers op haar en om te verhoed dat sy haar been oor my ysterperd se saal gooi. (Dit sal natuurlik 'n gesig op sy eie wees). Ek verander strategie. Waar ek voorheen probeer het om die fiets tusssen my en haar te plaas, probeer ek nou om myself tussen haar en die fiets te plaas. Gelukkig is die GS redelik hoog en sy staan aan die "verkeerde kant" vir opklim. Maar hierdie poppie het in haar lewe verseker al 'n paar wilde perde geklim, so ek is maar versigtig. Ek voel hoe die sweet onder my dik rybaadjie begin vorm en die straaltjie sweet teen my rug begin afloop. My emosies pendelum tussen angs en die humor van die situasie. Wie sou nou kon dink dat ek sal bang wees dat ‘n "girl" op my motorfiets klim?
Ek vermy steeds oogkontak met haar (daar is egter min ander plekke waar ek kan kyk sonder dat dit voel of ek staar nie.....). Sy vra weer; "Why dont you give me a ride?" Daar is n kermtoon in haar stem, haar gesig steeds sonder emosie. Deur haar mini sien ek dat sy is baie opgewonde is oor die moontlikheid van 'n "free ride".
Dan merk ek die seerplek op haar bolip op. Net onder haar linkerneusvleuel is die stukkende plek wat deur 'n groterige roof bedek word. Ek kyk na haar en antwoord "No I cannot give you a ride" en voeg by "where are you heading to?" "Wherever you are going" antwoord sy vinnnig. Ek ignoreer dit en kyk na haar lip. Sy kom dit agter en begin ongemaklik op haar een hoë hak te beweeg. Weereens veskyn die "blinkplan" uitdrukking op haar gesig. Sy beweeg haar hand na haar mond en vryf met haar benerige wysvinger stadig oor die roof. Dan kyk sy vir my en sê met 'n hartseer gesig "A dog bit me". Ek stik in my lag. "A dog bit you??!!" Sy antwoord nie maar beweeg haar kop op en af, lippies styf teen mekaar. "It must have been quite a big dog" terg ek haar. Sy ignorer my sarkasme sê weer; "Yes, a dog bit me".
sy’s ‘n panelvan dubbelcluch….
Sys ‘n tranetrekkerjunkie….
Ek sit my helmet vinnig op.... "Why don't you give me a ride" sê sy half desperaat. Ek swaai my been oor die saal, druk die rooi “happy”-knoppie en trek weg….
In die wegry met die wind wat deur my baadjie trek is ek bewus van hoeveel sweet onder my baadjie gevorm het en nou koue strepies laat soos dit verdamp. Ek probeer ek sin maak van wat pas gebeur het.
Dan kom kom die blink gedagte by my op" miskien het sy hondsdolheid....." Jip dis al hoe ek dit kan verklaar. ‘Mientjie het hondsdolheid!
NS: Bokkie, ek moet nou maar bieg…. As dit Candice Swanepoel in ‘n pink mini rokkie was wat agter om my fiets wou klim… Ag jy weet mos ek help graag my medemens….