Maandag oggend die 15de het ons eers ‘n ontbyt deurgewerk, gepak en toe in die pad geval uit Villiersdorp uit. Franschhoek oor. Altyd lieflik om daardie pad op ‘n motorfiets te ry. Eerste stop was Paarl Mall. Wou vir my ‘n hemp of 2 koop. Loop by Markham in en daar kry ek die hemp wat ek al van November af soek!
Myns insiens is daar 3 goed wat ‘n conversation starter is.
1. ‘n man met ‘n baba in sy arms
2. ‘n man met ‘n klein cute hondjie
3. En ‘n motorfiets helmet
Die vrou agter die toonbank het begin uitvra, na my neckbrace, wat ek ry, waarheen ons oppad is, waar ons ry en ek het so bietjie vertel van waar ons al was en wat voorle vir die jaar. Die volgende vraag het my nogal onkant: Wanneer werk jy dan as jy so oral toer?? Die vraag het my nogal aan baas Piet laat dink. Hy vra dit gewoonlik.
Sulke vrae laat my altyd dink? Wat is jou ideale werk?? Geniet jy wat jy doen? Of doen jy dit net om die rekeninge te betaal? Ek hou daarvan om goed te reel en biketrips te organiseer. Neukery is ek doen dit omdat ek lief is vir die buitelug en mense. Heel moontlik ‘n swak besigheidsman maar ek wil he mense moet die mooi in die natuur raaksien en slag stilraak en die pas van die lewe daar buite bietjie afdraai. Sal ek dit voltyds wil doen?? Moontlik ver in die toekoms ja. Kan dit ‘n lonende besigheid wees? Ja. Maar vir nou, gaan ek dit doen uit liefde, nie vir geldelike gewin nie.Maybe someday.
Due South deur nog ‘n hemp en toe deur Wellington toe. Gou petrol ingegooi en vandaar deur Hermon, Riebeeck Kasteel en toe Riebeeck Wes.
Ek het vir die eerste keer actually deurRiebeeck Kasteel gery en mens mis eintlik die hele dorp as jy net regdeur ry. Verseker ‘n plek om na terug te gaan vir ‘n Sondag Breakfast run. Van hier is ons Moorreesburg toe. Danye se altyd hulle verkoop sulke lekker steak. By die slaghuis gestop en sommer gou ‘n koeldrankie gedrink. Chantelle het haar oorbel verloor met die helmet se afhaal maar ek het hom darem weer opgespoor. Na die koeldrank het ons gou steak gekoop en lekker biltong. Dorp uit en verder op die N7 tot by Piketberg. Van hier sou ek vir die eerste keer bietjie nuwe paaie ry. Deur die dorp na Het Kruis. By Het Kruis stasie het ons gestop sodat Chantelle haar been kan ruskans gee en toe kom die sakkie biltong uit.


Na baie verder nie het die pad grond geraak. Die pad het aansienlik versleg en later. Ons is verby ‘n plantasie van sonpanele (for lack of a better word).
Baie goeie plek vir sonpanele aangesien ek dink die intensiteit van die son is hier vrek hoog. Ons het maar so bietjie aangestoot want hoe vinniger jy ‘n slegte grondpad ry hoe sagter loop ‘n ryding. Van Sandberg af het die wind van voor begin waai en sommer ordentlik gewaai. Dis darem geteer en ek het die spoed maar so op 120km/h gehou(ons het aansienlik vinniger met die teerpad langs gekom tot by Het Kruis). Die laaste stukkie Lambertsbaai toe is grondpad en daar is ‘n keuse van 2 roetes. Seelangs of so fraksie meer binneland langs soos die spoor loop.
Ons het seelangs gehou, eintlik die meer sanderige pad. Soos met sand speel die wiele maar so bietjie in die sand en ek het ‘n paar keer klappe van agter gekry. Ek het nie lekker geweet waar ons moet wees nie en kon net Steenbokfontein onthou. Het by die eerste bord ingedraai wat se Steenbokfontein en so tussendeur die sand ryery besef ons is nog nie op die regte plek nie. Weer terug uit op die sand pad en die volgende bordjie wys Weskushokkie. Ons het skuins na 15:00 hier ingedraai en so aan die bokant van die Steenboksfontein plaaswerf verbygery.
Op met die pad en toe kon ek ons verblyf so skuins regs begin uitken van die fotos. Bo by die huis gestop het die huishulp ons vriendelik ontvang en na die Weskushokkie gewys. Ons het bo gestop en WOW!!! Wat ‘n uitsig!









Lig is effe swak maar die stort is in die rots.

