Riding in Dust - WTF

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

BlomC

Race Dog
Joined
May 24, 2011
Messages
862
Reaction score
2
Location
Nelspruit
Bike
KTM 990 Adventure
Ek is besig om mal te word.

Wat de moer is die idee om saam 'n klomp mense te gaan ry en al wat jy regkry is om vir kilometers in 20 ander mense se stof te ry...

Hoekom doen mense dit?...om saam met die ander mense te kuier, voor tydens en na die rit? Ok...dit verstaan ek heeltemal...ek verstaan ook heeltemal dat jy NOGSTEEDS saam met die mense kan kuier as jy net 'n paar 100m of so terug hou om net NIE in iemand se stof te ry nie. Hoekom moet jy 20m agter die persoon voor jou ry?

Dan kan ek nie help om te wonder, hoekom gaan mens op off-road breakfast runs....om 50km/h te average saam 40 ander mense en die donners heeltyd in iemand se stof te ry?

Ek dink sommige mense gaan net saam om hulle image te gaan wys...ander wil saddle time kry...fine, elkeen het sy rede.

Kyk, ek is nie bang vir vuil word nie en ek gooi nou 'n tantrum hier, maar donner...hoekom ry jy jou adventure bike? Om die natuur en roete wat jy ry te bewonder of om heeldag on iemand se stof te ry? Val net 'n bietjie terug...'n paar 100m terug sodat die stof tyd kry om te settle of weg te waai, ek is seker jy sal niks mis nie, jou buddies sal almal vir jou wag.

En dan moet jou bike heeltyd daai stof vreet. Etter. Ja, ek weet dit het 'n lugfilter, maar etter ek voel dis onnodige moeilikheid soek. Dalk voel ek net so omdat ek self bietjie onderhoud doen en aan die bikes en voertuie werk, dan voel ek dalk ek moet dit so goed as moontlik oppas.

Anyway, ek is oor dit. As ek nie heel voor kan ry nie of langsaan/offset van my riding buddy/partner nie (dan kan die mense wat nie omgee nie in my stof ry) of VÊR genoeg mag terugval nie "Mnr/Mev breakfast run organizer"...dan ry ek net eenvoudig nie saam nie. My probleem, ek weet, dankie.

Wat is julle mense se gevoel hieroor?

Disclaimer: I respect the way every person rides, really, I do...even if I don't always agree. If you don't believe me, lets go ride together  :thumleft: This is just my personal opinion and feeling.
 
Top