Dankie vir die terugvoer sover... I.t.v die suspensie, kan die suspensie van die trophy steeds hoer gestel word vir meer tegniese terrein of as daar passasiers vervoer word?
Ek dink ek gaan maar more gou by ons handelaar draai... 
As mens die prysverskil tussen die Trophy en die full spec LC in ag neem moet mens wonder of die klokkies en fluitjies dit werd is. Ja, die elektronika is lekker, maar dit is moerrrrr duur. Ek pillion op die oomblik gereëld so my ESA werk amper elke dag en dis handig, maar nie die alfa en omega nie. Die riding modes is lekker, maar ook nie die alfa en omega nie. Die LED lig is koel, maar is dit die geld werd? Derduisende rande. Die cruise control is vir my goud werd.
Die trophy se suspension stel met die hand soos enige ander fiets sonder ESA. Groot swart knop waarmee jy sy agterent op en af stel.
Ek dink die Trophy is 'n uitstekende koop teen die prys. As mens die ekstra bokke het vir al die klokkies en fluitjies en die goed is belangrik, is die LC die bike vir jou. Ding is, die Trophy gee jou dieselfde rygerief, kwaliteit, plesier, etc. teen 'n heelwat laer prys. Braam van Bavarian BMW (eks-Verkoopsbestuurder, nou Brand Amabassador) toer die land plat met 'n Trophy wat Bavarian vir hom leen. Hy kon ook 'n vol spec LC leen .....