Scotts steering stabilizer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

AJF

Puppy
Joined
Nov 15, 2015
Messages
21
Reaction score
0
Location
Vrystaat
Bike
KTM 1190 Adventure
Middag almal

Ek is reltief nuut op die groep en het al baie geleer van al die manne se komentaar af en so, maar wil vandag bietjie my ondervinding meedeel met die "Scott steering stabilizer" My agtergrond van motorfietse kom maar meer van die "offroad" tipes en het lank met n Yamaha WR 450 rally gery. Ek het laasjaar Oktober vir my n KTM 1190 Adventure R gekoop. Ek en my skoonpa is toe om Lesotho en het so +/- 1000 km se grondpad gery. Op die +/- 1000km se grondpad was daar net een plek wat baie los sand gehad het en ons altwee het amper geval. Hy ry n BMW 1200GS. Ek het toe gedog dat ek maar nog net bietjie onervare op die bike was, maar die bike het maar nogsteeds sy kop geskud en rond en bont gehardloop in los sand tot nou toe. Ek het toe die "Scotts steering stabilizer" bestel met die BPR "bracket" (dis die een wat plastiek buste het om die vibrasies weg te vat op die "handlebars")  en het hom Saterdag opgesit en het toe 300 km grondpad om Bloemhofdam gaan ry waarvan lang ente net los waaisand was en al wat ek kan sê is WOW!!!! Ek voel nou soos n Chtis Birch op my KTM LOL!!! So almal van julle wat baie grondpad met sand ry of wat n trip reel waar baie sand is kan enige tyd belê in n "Scotts steering stabilizer"

Lekker dag vir julle almal.
 
Top