Vlakvark stamp. Nie vir sensitiewe kykers nie!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

AJF

Puppy
Joined
Nov 15, 2015
Messages
21
Reaction score
0
Location
Vrystaat
Bike
KTM 1190 Adventure
Naand almal

Ek het nou die dag besluit om bietjie van die grondpaaie in my omgewing te leer ken. So vat ek die S1001. Dis n gronpad wat om Hoopstad loop en so 10 km voor Bloemhofdam uitkom. Met dieselfde grondpad terug laat loop ek bietjie want die grondpad is regtig baie mooi en ek meen ek het hom mos nou net gery. Soos ouder gewoonte het ek die ABS en MTC afgesit op die grondpad.  So 5 km in die grondpad n ent om n draai sien ek ewe skielik n vlakvark wat van links af kom. Hy is klaar deur die draad!  Al wat deur my gedagtes gaan is dat ek nie die wiele mag "lock" nie en ook mag ek hom nie van voor slaan nie. Net toe ek die vet wil toemaak sien ek ek gaan hom met die voorwiel tref en maak dadelik weer oop. Ook gelukkig so want toe slaan ek hom op die linker voorvurk! Hy swaai toe om en my "gearlever" druk toe binne hom en buig om sodat hy onder my "footpeg" is. Op die foto sal julle sien hoe die bike se gat uitgeswaai het op die grondpad. Toe ek wil af "gear" voel ek nie die "gearlever" nie ek stop toe en kry toe die bike met die hande in eerste rat. Ek draai toe om om te gaan kyk na die vark. Daar kom toe n boer aangery en het toe gelukkig n stuk pyp op sy bakkie en toe kon ek die "gearlever" reguit buig. Ons sien toe dat die vlakvark nie dood is nie en hy gaan haal gou sy geweer. Toe verlos ek die vlakvark van sy leiding. My beskerm Engel moes defnitief ingegryp het, want ek het nie geval nie.
 

Attachments

  • image.jpeg
    image.jpeg
    123.6 KB · Views: 542
Top