WC Bash - Allegro se weergawe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Allegro

Grey Hound
WD Supporter
Joined
Nov 21, 2011
Messages
6,836
Reaction score
232
Location
Montanapark Pretoria
Bike
KTM 1290 Super Adventure
Don oggend 5h00 dit reen nie dit pis… Ek wonner waarvoor laat ek myself in.
1190 brul maar met ‘n hoes aan hom. Screen blêr “general failure” ek is sommer befork… Stop by BP garage waar BakgatJaco, RunningBull en Hercules wag.
Sit scooter af en wonner wat gaan aan. Jaco sê start hom dan sien ons wat maak hy voorentoe.
Foutloos verder sonner enige drama… wierd  ::)

Dit pis steeds, tot net voor Parys, ons wou daar brekfis, maar als is toe… dis ‘n spookdorp. RunningBul is sopnat, hy het nie gedink dit gaan nodig wees vir ‘n reënjas nie. Hercules chirp “daai GTR het meer gekos as wat jy dink, nou is daar nie meer geld vir ‘n reënjas nie…” RunningBull gluur hom aan  :xxbah:

Oppad in ‘n wolkbreuk na Bothaville ondek ek die 1190 kan spin in 6de  :eek:, innie reën, naarstiglik figure ek uit hoe om hom in “rain mode” te sit (mental note - RTFM)  :deal:
RunningBull is nog natter. Hercules vra waar is jou reënjas?? Farkaff is die antwoord.
Pad tussen Bothaville, Wesselsbron tot by Orania sonder enige drama als loop mooi. Ons "piekniek" sommer langs die pad met paar oestertjies... :snorting:

Ons vat ‘n vinnige draai deur Orania en aaidie gou al die drinkgate. Orania riverside lodge merske nice plek, ek en BakgatJaco deel ‘n dubbelbed maar verder is dit luuks. Ons laai af en vaar die dorp in sonner ATGAT.

Die bier in die brouery is van uitsonderlike gehalte… ons proe mildelik, maar die plek wil toemaak en ons skuif. Ons land toe by Stokkiesdraai pub & restaurant. Hercules sien die diens is maar starrig, en klim self agter die kroeg in om ons te bedien. TOE daag boutjies op, sy sal ons help. Hercules besluit agter die kroeg is waar hy gaan bly. RunningBull kuier ‘n ou (Soutie) raak wat ons vroeer ontmoet het by die lodge, Soutie raak toe snotters, ons probeer onself van hom distansieer want ons is mos oordentlik…..
Ons eet, en skiet terug lodge toe. Hercules sê hy wil nog laaste dop vat by lodge se restaurant.

So ongeveer 12h00 klop iemand aan ons kamer deur, ek maak oop en hier staan Soutie en slinger. Hy vra of hy by ons kan “crash” aangesien hy sy kamer verloor het. Ek sê lê maar daar op die bank, hy trippel egter soos Cinderella daar rond. Net weer terug innie bed toe moor iemand amper die deur oop. Soutie gil benoud “don’t open, they gonna kill me” ek sê faark dit ek gaan nou iemand moor of gemoor word. Maar so hammer jy nie aan ons deur nie.
Soutie (aka Cinderella) vlieg soos ‘n catburglar oorie stoepreeling (ons is op die 2de vlak) en verloor sy een flipflop. Ek maak die deur oop en Orania sekuriteit staan daar. “waas daai ou met lang hare vra hulle, ek sê hy het sopas oorie reeling verdwyn” hulle is weer af teen die trappe en soekende. BakgatJaco vra wats fout, ek sê “sjarap en slaap” Hy lê toe tot amper voor daglig en wonner wat het Hercules nouweer aangevang en hoekom is hy oor die reeling, dis frigging hoog. Meanwhile lê Hercules laaankal en slaap met sy Hannibal Lechter masker (man ly aan slaap aknee) sien hom toe eers heelwat later. Die fyner detail van die aand is basically “What happens in Orania stays in Orania!”
Na brekfis vlieg ons weg na de Aar se rigting, ons word toe vreeslik dors en soek ‘n intieme kroegie op. Die bargirl belet Hercules agter die kroeg en sê “die tannie is baie kwaai” BakgatJaco chat die “tannie” so op dat ons amper daar wil bly.

Ons eindig op in Loxton en eet ‘n sappige tjop en rib bord daar vir middagete met die lekkerste Loxon Brewery Honey infused bier. Dem dit was lekker. :drif:

Ons grondpad gedeelte begin toe daar. Hercules vlieg weg teen 170 en jaag anner man met ook ‘n 1190R wat ons raakloop oor lunch. Res van ons karring toe maar voort teen 100-120. Ons koop gou “egte Karoo tjops” en proviant op Fraserburg, en vang die 2de gedeelte stofpad na Sutherland toe. So 20km later voel ek die 1190 se gat is BAIE los op die pad. TPS het laankal opgehou iets wys so toe stop ek maar. BakgatJaco kort op my hakke. Hercules en RunningBull is missing voortuit.
Jip agterwiel het druk verloor, dink maar hy lek om bead aangesien bar baie laag is. Twees gasboms later en ons is weer oppad.
Toe ons weer by die teer aankom wag Hercules en RunningBul in skaduwee van plaasmuur. Hulle vra waarefrok was julle? Ons verduidelik die agterwiel. Trek met ‘n gejuig daar weg, maar twee kilos verder werk TPS weer en hy wys daar is boggerol air oor in daai tyre. Ons stop en vat ietsie terwy ons wonner wat gaan ons doen. BakgatJaco krap in sy vele sakkies en kry pomp en solution, ek het snotstokkies. Nog voor ek iets kan doen plug RunningBull die gat. Die goed werk soos dit presies moes.
Ons stop in Sutherland, als lyk maar half toe, dit is seker net voor hul doedoe tyd. Ons laatwaai weer oppad Schurweberg toe. Halfskemer kom ons daar aan en slaan naarstiglig tente op. BakgatJaco se tent lyk of ‘n moerse oranje seekat hom aanval. Kry uiteindelik die ding aanmekaar na klomp werkwoorde. Die fight met die ATG stretcher gebeur toe voor bike se ligte, maar loop OK af.
Ons begin toe maar weer ietsie vat… Later braai BakgatJaco een lot van ons tjops. So met elke draai sout hy hulle. Blondie (Morne950 se beter helfte) vra mooi “gaan jou daai tjops nog ‘n keer sout as jy hulle draai?” Die wit kors sout op die tjops word duly met Cappies skoongewas om dit eetbaar te kry. Ek neem toe maar oor met die volgende batch se braaiery….
Ons verdwyn so een vir een en gaan lalies, kry ook maar min slaap tussen die gesnorkery in.
Volgende dag vroegerig op, want sien die koue laat die plumbing vroeg werk. Maak koffie en almal sluip een vir een uit hul tente. Hercules bedel Myprodols. Ek was gou al my pille af met Windoek se beste. Party mense ril, ek sê ek is nou al ‘n pro met pille sluk, vat hulle sommer so handvol vir brekfis. Ons was ons gatte en vlieg weg dorptoe vir proviant. Neem net kiekies & video clips sover ons ry.
Innie dorp loop ons, ons vas in The Jupiter (Hooglander se plek) vat toe maar weer van Windhoek se beste en later oor na Cappies. Ons kuier so lekker verpas amper bottelstoor se toemaaktyd, maar maak dit gelukkig. Hercules ontmoet baie ou, kort en vriendelike boesman. Hercules soek ‘n soentjie virrie kamera, maar Boesman willie soen nie. Doen dit glo net met dames…. Terug Jupiter toe vir mirragete. Nog Windhoek en Cappies word genuttig.
Ons verdaag toe weer terug kamp toe, by Oubergpas se afdraai verlaat BakgatJaco en Hercules ons om dit te gaan besigtig. Ek en RunningBull sny ‘n lyn terug kamp toe. Die lunch wil nou uit!!
Toe begin die gekuiery soos die hone opdaag en dit word joolig. Heimer deel geskenke uit, lyk of hy kort, kort fokus verloor. Later die aand sneuwel daar een van die stomp stoele en ‘n baal lusern. Vermoed die een skaap was daaroor die moerrin want die blêr almal vroeg wakker.
Ons koffie en brefis die lekker wors en brood wat vir ons bedien word. Witjan het gesorg en komplimenteer ons almal oor hoe netjies die plek lyk… vir klomp bikers.
Ons pak toe maar dat ons soos seekatte lyk. Hercules pak sy tent met grond en al.
Terug by teerpad pomp ons wiele, BakgatJaco kan nie gebuk kry om by valve uit te kom nie, toe lê hy maar en leopard crawl nader. Toe ons die teer vang is dit neusgate oop Gariep toe. Later sou ek sien ons gemiddelde spoed is 124km/h!!
By Gariep besoek ons Norvalspond se enigste kroeg, geniet sommer weer Windhoek se beste van voor af. Res maar boring tot by die huis, bly steeds neusgate oop Pretoria stop toe vir oulaas net vinnig by Oppiestoep vir laaste van Windhoek se beste.

Nouja, wat kan mens se, was GREAT fun gewees.
 
Top