Een HELse lekker naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse almal

Met die Maart skoolvakansie wat die 18de sou aanbreek wou ons weer 'n bietjie wegbreek.

My aanvanklike plan was om weer die kampgoed af te stof, die CRV in te span en paar Sanparke soos Karoo, Camdeboo & Bergkwagga te gaan besoek. Dit sou nou ons oog lekker inkry vir Kruger Wildtuin in Julie, maar ek moes ook my verlof dophou, want hierdie jaar is nog lank. Die naweek wat die skole sou sluit sou dus perfek uitwerk vir 'n vinnige, veel korter, wegbreek.

Een aand pitch ek die idees vir Anmar en sy kom op met 'n voorstel wat ek nie sommer van die hand kon wys nie.

"kom ons ry weer met die bike...dan gaan wys jy my Die Hel"

Ek was in 2009 laas daarheen, op my heel eerste adventure bike trip. Sedertien is ons al 'n paar keer oor Swartbergpas met die CRV, maar ons het weens tydbeperkings maar altyd verbygehou by die Gamkaskloof bordjie.

Nader aan die tyd begin ek verblyf te soek en die aanvanklike plan was om onder in Gamkaskloof te slaap. Dit was seker so drie weke voor die vakansie sou aanbreek, maar die huisies, karavane & tente in die kloof is uitgeboek vir daardie naweek.

Net daar besluit ek om eerder in Prince Albert te gaan oorbly, maar selfs dit het nogals moeite gekos. Daardie dorpie is beslis die Franschoek van die Karoo. Twee weke voor die tyd gaan ek op die Lekkeslaap webwerf en uit 44 gelyste gastehuise kry ons verblyf bly slegs 3. Ek is bly dit het sou uitgewerk, want om uit die Kaap uit tot onder in Die Hel te moes ry vir 'n dag sou maar net 'n gejaag afgee. 

So val die trip inmekaar in...

Skole sluit die vrydag, na die besige kwartaal kan my vroutjie lekker uitrus en ons vertrek Saterdagoggend vroeg na Prince Albert.

Sondagoggend ry ons vanaf Prince Albert oor Swartbergpas, af en uit Gamkaskloof en ons gaan bly oor op Diaz Beach by vriende in hul woonstel.

Maandagoggend toer ons weer huistoe.

At dawn we ride  ;)







 
Top