Saam met JONA en sy MA Hel toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,230
Reaction score
2,054
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Verlede jaar se EC Bash het ek met my ou 1984 Honda XL 600 gedoen.  Wat 'n fees was dit nie.  Lekker droog en lekker gery vir 2 weke.

Hierdie jaar het 'n sekere man sy datums verkeerd gekry en ons in die ergste reenweer laat Bash.  :peepwall:  En alles wat hier volg is SY SKULD.  :imaposer:

Hierdie jaar se EC-Bash het ons besluit om weer as 'n familie te gaan.  Maar ongelukkig het my dogter en haar verloofde weens werk omstandighede dit nie kon maak nie.

Sweisie se vars nuwe vroutjie het ook Dinsdag met 'n nuwe werk begin en kon dit ook nie maak nie.

Gerrie Chinaconnection het ook werks verpligtinge gehad en kon ook nie saam nie.

Dus was dit maar net ek, die OU vrou en Sweisie wat dit trippie kon maak.

Omdat my seun se verlof ook maar skraps is kon ons ook nie volle 2 weke neem nie en het ons besluit om maar die Donderdag teerpad te slaan met die olietenkers to naby Patensie......want 'n mens MOET mos Baviaans ry van daai kant af.  :peepwall: :pot: :imaposer:

Woensdag aand het ons gepak en gepak... Ons is mos nie bang om die fietsies te laai nie want 'n Yamaha kan dit mos vat.
Ons beplanning is die naweek by die Bash in die Baviaans.
Sondag rustig Oudshoorn toe.
Maandag af in die Hel en daar oorslaap.
Dinsdag uit die Hel na Williston.
Woensdag. Williston na Orania... het al voorheen daar oorgebly en dit baie geniet.
Donderdag sal ons opsplit.  Sweisie moet Vrydag werk dus gaan hy huistoe.
Ek en die ou vrou gaan vir my sussie en swaar op die plaas naby Vryburg kuier.
Saterdag sal ons huistoe kom.

Wel dit was die beplanning, maar soos julle sal sien het die HEL vir ons 'n Helse trippie geword met 'n ouvrou wat se knie 'n paar ligemente gerek het toe ons Swarberg pas van naderby bekyk het... die 5de val vir die trip. :dousing:

Donderdag oggend 04h00 gaan die wekker af.  Staan op, trek aan en ry Alberton toe om Sweisie op te tel.
04h45 slaan ons die pad.

Maar dit is WINTER en die Vrystaad is KOUD.

Die bike wys 5 grade, maar ek sweer dit voel soos -40 grade.

Kroonstad is ons eerste stop.  Sommer maar volmaak en 'n koffie om die koue te probeer verdryf.

Daarna tot in Bloemfontein en dan is ons ook sommer optyd vir 'n Wimpy ontbyt.

 

Attachments

  • 002 BFN.jpg
    002 BFN.jpg
    111.2 KB · Views: 537
  • 001 Kroonstad -5 grade.jpg
    001 Kroonstad -5 grade.jpg
    89.2 KB · Views: 540
Top